Die Tweede Gebod: Ons mag nie God, Jesus, die
Heilige Gees of die engele uitbeeld nie! Eksodus 20:4-6 “Jy mag vir jou geen
gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat
onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse
God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en
aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My
gebooie onderhou.” In
Eksodus 20:4-6 staan dat ons geen beeld of afbeelding van God, Jesus of
engele mag maak “van wat in die hemel daarbo, of op die aarde hieronder of in
die water onder die aarde is nie”. Word hierdie gebod van God onderhou? Die
antwoord is Nee! God die Vader, Jesus en die engele wat ook hemelwesens is, word
almal afgebeeld in rolprente, videos, beelde, foto’s, prente, sketse, ens.
God kan nie deur ‘n dooie voorwerp (soos hout of klip of ‘n tekening)
voorgestel word nie, want Hy is die LEWENDE GOD. Hy is uniek en soewerein en
mag dus nie met iemand of iets vergelyk word nie (Jesaja 40:25). Hy het alles
geskape daarom kan Hy nie met sy eie skepsels afgebeeld of uitgebeeld word
nie. Hy is Heilig en daarom mag ‘n onheilige mens byvoorbeeld nie die rol van
Jesus vertolk nie. Hoe kan ‘n onheilige, sondige, tydelike mens die ewige,
almagtige en heilige Koning voorstel? Wie dit probeer, spot eintlik met
Jesus. Die oomblik wanneer ek God sigbaar probeer voorstel doen ek Hom ‘n
groot oneer aan. Indien
ons die tweede gebod in aanmerking neem, mag God die Vader en Jesus nooit
afgebeeld word nie. Ons mag ook nie engele afbeeld nie. Ons mag ook die
Drie-Enige God op geen ander manier vereer of dien as wat Hy in sy Woord
beveel het nie. God eis onverdeelde trou aan Hom. Ons mag niemand of niks met
God vergelyk of gelykstel nie. Ons moet nie slimmer
as God probeer wees nie. Hy wil nie
Christene deur stom beelde of prente nie, maar deur die lewende
verkondiging van Sy Woord laat onderrig. Indien ons ander metodes gebruik
om die evangelie te verkondig as wat Hy in sy Woord voorgeskryf het, is ons
besig met eiesinnige godsdiens. God is ook 'n jaloerse God wat die misdaad
van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag
van die wat Hom haat. Jesus
het nie die Wet tot niet gemaak nie, maar kom vervul (Rom 3:19-20,31; Gal
3:1-29; Mat. 5:17-19; Mat. 22:37-40; Luk. 16:17,29,31; 1 Joh. 2:3,4; Hand.
13:15; 15:21). Ons moet dus uit dankbaarheid vir God se verlossende genade,
die Wet van God navolg. Indien ons afwyk van die gebod van God, dan is ons
besig met eiesinnige en mensgemaakte godsdiens. God haat eiewillige godsdiens
soos blyk uit die volgende gedeeltes uit die Bybel (Levitikus 10:1,2; 1
Samuel 15:22,23; 2 Samuel 6:3-7; Romeine 2:6-8; Kolossense 2:22, 23;
Kolossense 3:17, 22). Hierdie vormgodsdiens en eiewillige godsdiens kom
daarop neer dat Jesus weer deur hierdie mense gekruisig word (Heb. 6:4-6).
Hulle maak dus ‘n bespotting van Jesus se kruisdood. Hulle maak die
Christengodsdiens goedkoop! “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van
die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die
teëstanders sal verteer. As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming
op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van
God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is,
onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? Want ons ken Hom wat gesê
het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die
Here sal sy volk oordeel. Vreeslik
is dit om te val in die hande van die lewende God” (Heb. 10:26-31). Die Satan is die groot leuenaar, bedrieër en verleier sedert die sondeval van Adam en Eva. Satan probeer nog steeds om die mense te verlei te opsigte van God se gebod en voorskrifte. Kyk wat sê die Bybel verder oor hierdie gebod: 1. Vraag: Wat eis God in die tweede gebod? Antwoord: Ons mag God
of Jesus op geen enkele manier afbeeld of met enigeen vergelyk nie (a) en Hom
op geen ander manier vereer of dien as wat Hy in sy Woord beveel het nie (b).
(God is ‘n Drie-Enige God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees) Afdeling (a): Ons mag God of Jesus op geen enkele
manier afbeeld of met enigeen vergelyk nie Jesaja 40:18, 19, 21-25 18.
By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?
19. Die ambagsman giet 'n beeld,
en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings. 21. Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie? 22. Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos 'n dun doek en sprei dit uit soos 'n tent om in te woon. 23. Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid; 24. skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos 'n stoppel. 25. By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige. Deuteronomium 4:15-19 15.
Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele -- want julle het
géén verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met
julle gespreek het nie -- 16. sodat julle nie verderflik handel deurdat julle
vir julle 'n gesnede beeld, 'n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: 'n afbeelding
van man of vrou, 17. 'n afbeelding van enige dier wat
op die aarde is, 'n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug
vlieg, 18. 'n afbeelding van
enigiets wat op die aarde kruip, 'n afbeelding van enige vis wat in die water
onder die aarde is; 19. dat jy ook
jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die
sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig
en hulle dien nie -- dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die
hele hemel uitgedeel het. Deuteronomium 27:15
Vervloek is die man
wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die HERE, werk van 'n
ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet
antwoord en sê: Amen. Romeine 1:20-23 20. Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en Goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21. omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 22. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23. en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Handelinge
17:29. As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die Godheid aan goud of silwer of steen, die
beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. Ons mag God
nie dien of vereer deur middel van beelde, prente, voorwerpe, simbole of
enige embleme nie. Ons mag God nie gelykstel aan menslike kuns of uitvinding
nie. Ons moet God slegs vereer en dien soos Hy ons in sy Woord beveel. Afdeling (b): God mag op geen ander manier vereer of
gedien word as wat Hy in sy Woord beveel het nie (eiesinnige godsdiens) Eiesinnige
godsdiens vind plaas wanneer jy God vereer of dien soos jy wil of deur middel
van beelde, afbeeldinge, prente, voorwerpe, simbole of embleme. Ons is ook
besig met eiesinnige godsdiens as ons die evangelie op ‘n ander wyse
verkondig as wat God voorskryf. 1 Samuel 15:22-23 22. Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. 23. Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp. Romeine 2:6-8 6. wat elkeen sal vergeld na sy werke: 7. aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe; 8. maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn; Deuteronomium 12:30 neem
jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou
uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het
hierdie nasies hulle gode gedien? -- dat ek ook so kan doen. (Hier sê God dat dit ‘n heidense gebruik is om hulle
gode deur afbeeldinge te dien. Hy waarsku Sy volk om nie verstrik te raak
deur hierdie gebruik nie.) Mattheus 15:8-9 8.
Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die
lippe, maar hulle hart is ver van My af. 9.
Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van
mense is. Sien ook: (Levitikus
10:1,2; 2 Samuel 6:3-7; Kolossense 2:22, 23; Kolossense 3:17, 22). 2. Vraag: Mag ons dan
glad nie beelde of afbeeldings maak nie? Antwoord: God of Jesus Christus kan en mag op geen enkele manier afgebeeld word nie. Die engele mag ook nie afgebeeld word nie (a). Die mense of diere mag wel afgebeeld word, maar God verbied dat ons van hulle afbeeldings maak en besit om die afbeeldings te vereer of Hom daardeur te dien (b). Afdeling
(a): God of Jesus
Christus mag op geen enkele manier afgebeeld word nie. Jesaja 40:18 en 25. 18. By
wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel? 25. By wie sal julle My dan
vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige. 2 Petrus 2:10-12 10. en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid
agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle
nie om die heerlike wesens te belaster nie, 11. terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen
lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie. 12. Maar
hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere
wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle
verdorwenheid te gronde gaan… Judas 1:8-10 8. Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens. 9. Maar toe Migael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou! 10. Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde. Afdeling
(b): God verbied dat ons afbeeldings maak en
besit om die afbeeldings te vereer of Hom daardeur te dien. Eksodus 34:17 Jy mag vir jou geen
gegote gode maak nie. Eksodus 23:24 Jy
mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie
doen na hulle werke nie; maar jy moet hulle heeltemal afbreek en hulle
klippilare kort en klein slaan. Eksodus 34:13-14 13.
Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare
verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. 14. Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die
HERE se Naam is Jaloers -- 'n jaloerse God is Hy. Numeri 33:51-52. 51. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan in die land Kanaän intrek, 52. moet julle al die bewoners van die land voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel; ook moet julle al hulle gegote beelde verniel en al hulle hoogtes verwoes. 3.
Vraag: Mag ons beelde of prente
van God of Jesus as "boeke van die leke" toelaat of gebruik om die
evangelie te verkondig? Antwoord: Nee, want ons moet nie wyser as God wil wees nie. Hy wil sy Christene nie deur stom beelde of prente nie (a), maar deur die lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig (b). Afdeling (a): Ons moet nie wyser as God wil wees nie. Jeremia 10:6-8 6. Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag. 7. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie. 8. Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode -- dit is hout. Habakuk 2:18-20 18. Wat baat 'n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, 'n gegote beeld, wat 'n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak? 19. Wee hom wat vir 'n stuk hout sê: Word wakker! vir 'n dooie klip: Ontwaak! Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie! 20. Maar die HERE is in sy heilige tempel -- swyg voor Hom, o ganse aarde! Psalm 78:58-59 58.
En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede
beelde sy jaloersheid gewek. 59. God
het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp. Afdeling (b):
Christene moet nie deur stom beelde, prente of simbole nie, maar deur die
lewende verkondiging van God se Woord onderrig word. Die verkondiging van die woord van
God is die belangrikste aspek in die uitbreiding van die koninkryk van God.
Die woord van God moet altyd eerste gestel word want dit is lewend en kragtig
en skerper as enige tweesnydende swaard. God moet altyd eerste praat, want
die mens is ondergeskik aan God. Lukas 4:4 Maar
Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood
alleen lewe nie, maar van elke woord van God. Hebreërs 4:12-13 Want
die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige
tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van
gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van
die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop
en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. 1 Petrus 1:23 want
julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van
God wat tot in ewigheid bly. Romeine 10:14-17 14.
Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het
nie? En hoe kan hulle in
Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een
wat preek? 15. En hoe kan
hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is
die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die
evangelie van die goeie verkondig! 16.
Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja
het gesê: Here, wie het ons prediking geglo? 17. Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord
van God. 2 Petrus 1:16, 19 16. Want ons het nie kunstig
verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here
Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy
majesteit; 19. En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môre ster opgaan in julle harte; 2 Tim 3:14-17 14. Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15. en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17. sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 2 Tim 4:2-5 2.
verkondig die Woord; hou aan tydig en
ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3. want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde
leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees,
vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4. en die oor sal afkeer van die
waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk
van 'n evangelis; vervul jou bediening. Efesiërs 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees -- dit is die woord van God -- Hosea 4:1,6 1.
Hoor die woord van die HERE,
o kinders van Israel! Want die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die
land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land
is nie. 6.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;
omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die
priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal
Ek ook jou kinders vergeet. Sien ook: (Gen 18:19;
Deut 4:9-10; 6:5-7; 31:9-13; 11:19; Ps 78:3-7;Luk 9:60; 1 Joh 1:2, 3; Ef 6:4;
1 Pet 1:23,25; 1 Pet 2:2; Mat 4:4; Jes 49:2; Ef. 6:17; Op 1:3 en 16) Kolossense 3:1-4 1. As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Die
Bybel stel dit duidelik dat enige vervalsing van Jesus onder die direkte
inwerking van Satan geskied, omdat dit sy doel is om die mens van die ware
Verlosser af weg te hou: "Ek vrees dat, net soos die slang
Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak,
vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ‘n ander
Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang
as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het,
laat julle jul dit goed geval" (2 Kor. 11:3-4). “Want
sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander
in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander
hom in 'n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as
dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke”
(2 Kor. 11:13-15). “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!” (Gal. 1:6-8). Alle karikature en vervalsings van Jesus vorm deel van Satan se eeue oue plan om die wêreld voor die wederkoms van die ware Jesus onder die beheer van ‘n valse Jesus – die Antichris – te plaas. Die “ander Jesusse” waarteen Paulus die Korinthiërs waarsku is dus almal verdraaiings van die ware Jesus waarmee Satan die Christelike kerk binnedring om mense te mislei en hulle uiteindelik aan die Antichris uit te lewer (2 Kor 11:14). Alle
mense skakel, geestelik gesproke, met net een van twee koninkryke in: die
koninkryk van God of die koninkryk van Satan. Vir wêreldlinge is dit egter
baie moeilik om tussen hierdie twee koninkryke te onderskei, omdat Satan
daarin spesialiseer om mense godsdienstig te mislei. Satan weet dat die
meeste mense godsdienstig is, en bied dan aan hulle valse godsdienste aan om
hulle in sy mag te kry. In die Christelike wêreld kom hy met valse
voorstellings van Jesus wat in assosiasie met ‘n dooie vormgodsdiens of ander
vorms van misleiding aan mense gebied word. U
moet die feit duidelik begryp dat daar ‘n valse vorm van Christen-skap is wat
onder Satan se beheer staan, en waardeur hy mense mislei. Hierdie mense, wat
die ander so verlei en mislei, gaan eendag hel toe, al beroem hulle hulself
ook op die naam van "Jesus" (Matt. 7:21-23). Hulle is nie
weergebore nie en dien ‘n “ander
Jesus”. Net
so ook was daar in die tyd van Jesus ‘n meerderheid van die godsdiensleiers
in Israel wat, hoewel hulle die God van Israel met die mond bely het, in
werklikheid kinders van die duiwel was (Joh. 8:41-44). Dit is ‘n onvermydelike feit
dat mens óf ‘n kind van God óf ‘n kind van die duiwel is. Jy aanbid óf die
ware Christus óf jy staan onder die misleiding van die Antichris. Die
Jode wat die ware Jesus verwerp het, is duidelik gekonfronteer met die feit
dat hulle geestelike verblinding daartoe gaan lei dat hulle ‘n verbond met
die valse messias sal sluit: "Ek het gekom in die Naam van
my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een [die valse messias] in sy eie naam kom, hóm sal julle
aanneem" (Joh. 5:43). Dieselfde
beginsel geld ook vir mense in ons tyd wat die ware, Bybelse Jesus, vervals
deur sy openbarings en uitsprake te verwerp, evangeliese dogma as ‘n
hindernis te beskou en lasterlike wanvoorstellings van Hom te maak. Hulle sal
‘n verbond met die “valse Christus” sluit as hulle hul nie bekeer nie. Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het (Joh 20:29). |