Die Uitnemender Weg Daar
is seker geen gelowige (veral vroue) wat die lied oor die liefde in 1 Korinthiërs 13 nie baie goed ken
nie. Tog let baie min mense op die konteks waarin dit staan, naamlik in die
sentrum van die drie hoofstukke oor God se genadegawes (Hoofsukke 12-14). Die
“uitnemender weg” is die hoofsaak van die briewe aan die Korinthiërs en is daarom in die middel van die drie hoofstukke
geplaas. Dit is dus die fokuspunt van hoofstukke 12-14: LIEFDE (Grieks: agapê
= liefde ten spyte van) is die hart, die belangrikste, die vorstin onder al
die ander gawes van die Gees aan gelowiges. Trouens, al die ander genadegawes
is sonder die liefde sinloos, leeg en lawaaierig (verse 1-3) want liefde is
nie selfsugtig, selfvoldaan, grootpraterig
en jaloers nie (verse 4-7). Daar
is nog twee redes waarom liefde die ander genadegawes oortref: Agapê is
onverganklik, terwyl die ander genadegawes uitgedien raak (verse 8-10) en
agapê is die teken van geloofsvolwassenheid, terwyl die ander maklik kinderagtigheid
verraai (vers 11). Hierdie
"liefde ten spyte van" is seker vir ongelowiges net so moeilik om
te gee as onvoorwaardelike vergiffenis. Trouens, dit is slegs moontlik
wanneer Jesus se onvoorwaardelike liefde en vergiffenis deur die Heilige Gees
in jou geloofsare vloei. Wat
sê die Bybel van die uitnemender weg? Hoe weeg jy op teenoor God se maatstaf
vir 'n ware Christen? Wat is God se maatstaf waarvolgens 'n Christen gemeet
word? In sy les aan die Korinthiërs oor die uitnemender weg, gee Paulus die
maatstaf vir 'n ware Christen. Kom ons kyk nou na 1 Korinthiërs 13:13 --
|
|
|
|
Geloof, hoop en liefde is
dus drie uiters belangrike aspekte in ‘n Christen se lewe. Wat beteken “geloof”, “hoop” en “liefde”?
|
|||||||||||||||
|
|||||||||||||||
In Johannes 13:34 sê Jesus: " ’n Nuwe gebod gee ek julle: dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê." In Romeine 13:10 staan daar: "Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet." Geloof, Hoop en
Liefde is meetbaar!
|
|||||||||||||||
|
|
Geloof is
meetbaar deur middel van werke of dade. Hoop is meetbaar deur middel van
standvastigheid. Liefde is meetbaar
deur middel van arbeidsaamheid en ywer. Kom ons kyk nou of die gemeente van Korinte werklik so gelyk het. Waaroor dank Paulus
God oor die gemeente van Korinthiërs? 1 Korinthiërs 1:4-7 Hulle is ryk in Christus en het elke genadegawe wat nodig is
om hulle as gemeente te laat funksioneer. Maar
het die gemeente van Korinthiërs so opgetree? Paulus gaan voort deur die
volgende in hoofstuk 3 te sê: 1.
"En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike
(“volwasse in die geloof”) mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein
kinders in Christus. Paulus sê dat die gemeente van Korinthiërs nog klein kindertjies in die geloof is en dus kinderagtig. Dit wil sê nog baie swak, soos babatjies. Hulle moes nog met “melk” gevoed word, want hulle kon nog nie vaste kos eet nie. Hulle kon nog nie die ware en volledige Woord van God aanvaar nie. Dit was te erg vir hulle. Hulle kon dit nie verwerk nie. Hulle moes nog met mooi en soetsappige storietjies vermaak word aangesien hulle nog geestelik onvolwasse was. Hulle was nog geestelik onvolwasse omdat hulle nog nie die uitnemender weg gevolg het nie. Het die gemeente van
Korinthiërs geloof, hoop en liefde gehad? Wat het hulle wel gehad? Hoe het
hulle opgetree? Kom ons kyk hoe het
die gemeente van Korinthiërs opgetree: 1 Korinthiërs 1:11 -"Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë
bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder
julle is." 1 Korinthiërs 3:3 - "omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar
onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is
julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?" 1 Korinthiërs 4:18 - "Maar sommige het opgeblase geword, asof ek
nie na julle sou kom nie;" 1 Korinthiërs 5:1 - " 'n Mens hoor waarlik van hoerery
onder julle, en hoerery van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie
bekend is nie." 1 Korinthiërs 6:7 - "Dan is dit al werklik 'n gebrek onder julle, dat
julle regsake (hofsake) met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer
onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?" 1 Korinthiërs 8:9 - "Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie
miskien 'n struikelblok word vir die wat swak is nie." In 1 Korintiërs 12, verduidelik Paulus hoe die geestelike gawes in die gemeente moet funksioneer asook die eenheid in die gemeente. Dan sluit hy hoofstuk 12 af met die volgende: “Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.“ Paulus begin
hoofstuk dertien met die “uitnemender weg” of die “allerbeste” weg - die liefde! Dis hoe uiters belangrik
die liefde tot God en onderlinge liefde in die gemeente en in jou verhouding
met jou medemens moet wees. Paulus sê dat, al het ons die gawes ontvang om in
tale te spreek, te profeteer en selfs al besit ons al die kennis en geloof om
berge te versit, sal ons niks wees sonder liefde nie. Die mens mag sover gaan
om sy klere uit te deel en sy liggaam te laat verbrand - dit sal hom niks
baat as dit nie vanuit die liefde is nie! Aangesien die gemeente van Korinthiërs ’n groot gebrek aan liefde gehad het, het God by monde van Paulus in 1 Korinthiërs 13 vir hulle ’n volledige les van die liefde gegee. Ons sien hier dat Paulus ’n aantal beskuldigings maak teen die
gemeente in Korinte. (Woorde in hakkies is by gevoeg.) "Al sou ek die tale van mense en engele spreek (soos julle kan Korinthiërs), en ek het nie die liefde nie (soos julle nie het nie Korinthiërs), dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê (soos julle het Korinthiërs), en al die geheimenisse weet en al die kennis (soos julle Korinthiërs), en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie (soos julle nie het nie Korinthiërs), dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie (soos julle nie het nie Korinthiërs), dan sou dit my niks baat nie."
|
Die Klagstaat
|
||
|
Paulus sê liefde... is lankmoedig Die liefde vergaan nooit...
|
|
Die
klagstaat toon terreine aan waar die Korinthiërs misluk het om liefde te
betoon. God kla die Korinthiërs aan op elkeen van hierdie terreine aangesien
hulle op al hierdie gebiede tekortgeskiet het. Wat sê God nou werklik by
monde van Paulus? Korinthiërs… …profesieë
is tydelik, liefde is ewigdurend; …tale
is tydelik, liefde is ewigdurend; …kennis
is tydelik, liefde is ewigdurend. Korinthiërs, julle het julle fokus op die verkeerde dinge ingestel!
|
Hoe behoort ons te lyk en op te tree? 1 Kor.13:4-7 en 13 - Die liefde is lankmoedig [is
ons lankmoedig en geduldig teenoor medebroers en medesusters?] en vriendelik;
[tree ons vriendelik op?] die liefde is nie jaloers nie [beskinder ons nie
mekaar nie?]; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, [is ons
grootpraterig?] 5. handel nie
onwelvoeglik nie [hou ons, ons besig met onkuise dade, woorde, praatjies of
gedagtes?], soek nie sy eie belang nie [soek ons, ons eie belang ten koste
van ander?], word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, [vergewe
ons mekaar onvoorwaardelik?] 6. is
nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7. Dit bedek alles, glo
alles, hoop alles, verdra alles. Die
eienskappe van liefde in die gemeente is om geduldig of lankmoedig te wees -
m.a.w. om lank moed te kan hou; om vriendelik teenoor mekaar te wees en te
bly - Filippense 4:5 sê “Laat
julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.”; om
mekaar te beskerm deur alles te bedek - praat met God oor jou broer of jou
suster se swakhede, nie met ander mense nie; Mattheus 18:15-17 sê “En as jou broeder teen jou sondig,
gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy
jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou
saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En
as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die
gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die
tollenaar. In Lukas 17:3-4 sê
Jesus: “ Pas op vir julleself. En
as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.
En as hy sewe maal op ’n dag teen
jou sondig en sewe maal op ’n dag
na jou terugkom en sê: Ek het berou -- moet jy hom vergewe.” “Maar wees
vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in
Christus julle vergewe het.” (Efesiërs
4:32) Mattheus 18:21-22 sê “Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.” “Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.” (Kolossense 3:13) Om alles te verdra - 2 Timotheus 2:12 sê “As ons verdra, sal ons met Hom regeer”; om te glo en die hoop te behou. Wat is die
liefde nie? Dit handel nie
onwelvoeglik nie; soek nie sy eie belang nie; is nie liggeraak nie; hou nie
boek van die kwaad nie; verbly hom nie oor onreg nie; is nie afgunstig nie;
is nie grootpraterig en verwaand nie. Laastens tref Paulus 'n vergelyking
tussen geloof, hoop en liefde. Sy slotom: “En die grootste hiervan is die liefde.” Die liefde oorwin alles!
Het jy al toegelaat dat God se liefde deur jou vloei na jou medemens? Dit mag
die begin van jou en ander se oorwinning wees - die uitnemender weg! Hoe
lyk ek en jy? Is ons nog babatjies in die geloof, wat nog nie vaste kos kan
eet nie? (Dit wil sê, ons kan nog nie die ware Woord van God tenvolle aanvaar
nie.) Moet jy nog in die kerk en in die geloofslewe met allerande
bykomstighede en tierlantyntjies vermaak word, of is die ware, onvervalste
Woord van God voldoende? Stel jy God se Woord eerste in jou lewe? Moet die
erediens en godsdiens "opgejazz" word om jou te vermaak? Is jy dus
net tevrede met lekker, vermaaklike godsdiens? Moet die Woord van God
verander word in feeverhale en mensgerigte of vormgodsdiens? Is jy nog 'n
halfhartige Christen? Glo jy net wat jou pas of net sekere gedeeltes van God
se Woord? Bevraagteken jy God se optrede? Glo jy eerder menslike teorieë en
dinge wat in ander boeke as die Bybel geskrywe is? Onderskat jy die krag van
God se Woord? Onderskat jy die krag van die Heilige Gees? Is jy nog te lief
vir die wêreld se genietinge en aanloklikhede? Gaan jy maar daagliks saam met
die stroom om aanvaar te word deur wêreldse mense? Keur jy verkeerde dinge
goed of versuim jy om dit af te keur? Is jy net vroom voor die mense, maar
gee nie om wat God van jou sien en weet nie? Wie is jou vriende? Romeine 8:5-8 – “Want die wat vleeslik is, bedink
vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die
vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat
wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan
die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan
God nie behaag nie;” Sommige
persone is erg gesteld op menseregte of vroueregte. Dit is alles mensgemaake
reëls en opgestel deur humaniste wat God nie lief het nie. Wat van God se
regte? Moet dit nie eerste gestel word nie? Liefde tot God is tog die
heel belangrikste beginsel. Dit sal veroorsaak dat jy jou medemens ook sal
liefhê. Dit help nie dat ons God ken en ‘n goeie kennis van die Bybel het
nie, maar ons het God nie lief nie. Eers wanneer jy God werklik lief het sal
jy Sy voorskrifte nakom. Dan sal ons die hele Bybel glo en aanvaar as God se
eie Woord. Ons moet nie die krag van God se Woord onderskat nie. Ons moet ook
nie die krag van die Heilige Gees onderskat nie. Ons moet nie meer praat soos
'n kind, dink soos 'n kind, redeneer soos 'n kind of optree soos 'n kind nie,
maar moet die dinge van 'n kind aflê en volwasse word in die liefde en
geloof. Eers wanneer ons volwasse geword het in die geloof, sal ons bereid
wees om God se Woord eerste te stel en dit alleen te aanvaar en te glo net
soos dit is. Dan sal ons lewe, woorde en werke getuig dat ons God se kinders
is. Dan sal ons God nie daagliks verloën nie. Dan sal ons God waarlik liefhê.
Daarom moet ons die uitnemender weg volg deur die liefde na te jaag! God beveel ons aan die
begin van hoofstuk 14 om die uitnemender weg te volg deur die liefde na te
jaag en te agtervolg tot dat ons dit vang. As Paulus vandag 'n brief aan my
of jou sou moes skryf, waaroor sal hy God kan dank ten opsigte van ons
lewens? Gebed: Hemelse Vader, baie dankie vir U liefde! Skenk my
ook die gawe van opregte liefde. Gee asseblief dat ek van nou af die
uitnemender weg mag volg. Laat U liefde van vandag af deur my lewe vloei na
ander wat dit nodig het. Amen. Indien ons na die breër konteks kyk, word ons daarvan bewus hoe die tema van geloof, hoop en liefde deur Paulus se ander briewe loop: Efesiërs 1:15 en 18 Romeine 1:7-8 Galasiërs 5:5-6 Kolossense 1:3-5 1 Tessalonisense 1:2-3 2 Tessalonisense 1:3 1 Timotheus 1:1,2 en 5 Filippense 1: 17,20 en 25 Titus 1:1-3 Filémon 1:4-5
|