Elohim se Doop Inleiding Die Doop is een van die
belangrikste gebeure in ‘n kind van Elohim (God) se lewe. Daar heers egter groot
onkunde en verwarring oor watter doop die ware Doop is. Die onkunde en
verwarring bestaan hoofsaaklik omdat daar so baie valse leraars en
Baälprofete is wat dwaalleer verkondig. Maar is dit werklik nodig dat daar
soveel onkunde en verwarring oor die Doop hoef te bestaan? Is die Bybel dan
onduidelik oor hierdie belangrike saak? Elohim sal mos nie Sy kinders in die
duister hou oor hierdie belangrike saak nie? Ons glo tog dat die Bybel baie
duidelik is oor die Doop en dat niemand in onsekerheid hoef te verkeer nie. Die probleem is nie, dat die
Bybel nie duidelik genoeg is nie, maar dat baie mense nie wil luister wat
Elohim in Sy Woord beveel nie. Hulle luister eerder na die valse leraars en
Baälprofete en glo hulle in plaas daarvan om na Elohim te luister en Hom te
glo. Ander is weer so vasgevang in tradisie en vooropgestelde menings dat
hulle moeilik daarvan kan loskom. Hulle glo so vas dat hulle die ware doop
bely, dat hulle nie moeite doen om vas te stel wat Elohim beveel nie. Sodra
iemand bereid is om tradisie sy eie opinie en vooropgestelde menings opsy te
skuif en seker te maak wat Elohim deur Sy Woord oor die Doop beveel, dan
verdwyn al hierdie probleme, onsekerhede en wanpersepsies. Elohim skenk ons
al die inligting in Sy Woord wat ons nodig het om Hom opreg en suiwer mee te
dien. Dit wat ons moet weet, is duidelik, selfs vir eenvoudige mense. Elohim
leer ons deur Sy Heilige Gees wat die waarheid is, maar dan moet ons bereid
wees om na Elohim se Woord te luister. “Ek wil jou onderrig en jou
leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou
wees. Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat
'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou
nie” (Ps 32:8-9). Elohim is getrou aan sy beloftes en wil jou leer wat sy
bevele is. Hy doen dit deur sy Woord en Gees, ook wat die Doop betref. Ons moet egter bereid wees om onderrig te word. Ons moet
bereid wees om Elohim se bevele onvoorwaardelik te aanvaar en sonder
voorbehoud te gehoorsaam. Die heilige Doop is ‘n bevel van Jehushua. Jehushua beveel dat Elohim se kinders
dissipels gemaak moet word en gedoop moet word. Die hele waarheid en antwoord
oor die Doop lê opgesluit in die opdragte van Jehushua aan sy dissipels en
die bewyse hoe hulle dit gehoorsaam uitgevoer het. Maak seker dat jy die
betekenis van die woord “doop” verstaan en daarby hou. Ons mag niks by Elohim
se Woord byvoeg of weglaat nie (Deut 4:2; Spr 30:5, 6; Op 22:18, 19). Ons mag
nie regs of links van Elohim se bevele afwyk nie (Deut 5:32; 17:20; Jos 1:7).
Elohim eis gehoorsaamheid van Sy kinders. Ons moet net met oorgawe vra: “Meester, wat
wil U hê moet ek doen?” (Hand 9:6) Woordomskrywings: Die betekenis
van die woord “doop” – Die
woord “doop” beskryf presies wat dit beteken. Dit beteken om iemand of iets heeltemal in vloeistof te plaas, te
onderdompel of met vloeistof te bedek. Kyk ook na die woord ‘doop’ in Grieks
“baptizō ” G907 βαπτίζω baptizō Thayer Definition: 1) to dip repeatedly, to immerse, to
submerge (of vessels sunk) 2) to cleanse by dipping or submerging, to
wash, to make clean with water, to wash one’s self, bathe 3) to
overwhelm Part of Speech: verb A Related Word by
Thayer’s/Strong’s Number: from a derivative of G911 G911 βάπτω baptō Thayer Definition: 1) to dip, dip in, immerse 2) to
dip into dye, to dye, colour Part of Speech: verb A Related Word by
Thayer’s/Strong’s Number: a primary word Die stam van die woord ‘baptizo’ is ’bapto’. Hier volg 4 teksverse waarin die woord “bapto” voorkom en wat die betekenis
van die woord “doop” bevestig. 1. Mat 26:23 Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai. 2. Luk 16:24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. 3. Joh 13:26 Jehushua antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon. 4. Op 19:13 En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van Elohim. Ons sê tog: “Ek doop die beskuit in die tee, of doop die koeksisters in die stroop.” Jy sal nooit sê dat jy die beskuit met tee doop of koeksisters met stroop doop nie. Aan die einde van hierdie artikel is ‘n
lys van 30 woordeboeke met hulle verklaring van die woord “baptizo”. Dit beteken nie in een geval ‘besprinkel’
nie. Dit is baie belangrik dat jy die begrip “doop” sal verstaan, sodat jy
Jehushua se bevele ook kan verstaan en glo. Die
Doop is ‘n opdrag van Jehushua Jehushua gee sy dissipels opdrag om Elohim se kinders te doop. Die opdrag is dus "doop" en
dit moet ons gehoorsaam en uitvoer. Die woord "doop"
sê self hoe ons dit moet uitvoer. Ons mag nie ons eie interpretasie aan die
woord ‘doop’ heg nie of die Doop uitvoer volgens menslike besluite en
gewoontes nie. Die woord “doop’
beteken nie “besprinkel” nie. Jehushua se opdrag is nie “besprinkel hulle”
nie, maar “doop hulle”.
Jehushua beveel: “Gaan
dan heen, maak dissipels
van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek
julle beveel het” (Mat 28:19). Hy beveel
verder: “Hy wat glo en hom laat doop, sal
gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word” (Mark
16:16). Jehushua se dissipels het hierdie bevele getrou uitgevoer in al die
gevalle waar hulle mense gedoop het.
(Sien ook Hand 2:38) Johannes
die doper het in
water gedoop: Mat 3:6 En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes. Mat 3:6 And2532
were baptized907 of5259 him846
in1722
Jordan,2446 confessing1843 their848
sins.266 Mar 1:3-5 The voice5456 of one crying994 in1722 the3588
wilderness,2048 Prepare2090 ye the3588
way3598 of the Lord,2962 make4160
his846 paths5147 straight.2117 (4) John2491
did1096 baptize907 in1722 the3588 wilderness,2048 and2532
preach2784 the baptism908 of repentance3341 for1519
the remission859 of sins.266 (5) And2532 there went out1607 unto4314
him846 all3956 the3588
land5561 of Judea,2449 and2532
they of Jerusalem,2415 and2532 were all3956
baptized907 of5259 him846
in1722
the3588 river4215 of Jordan,2446
confessing1843 their848 sins.266 Griekse woord: G1722 - ἐν en en Thayer Definition: 1) in, by, with etc. Part of Speech: preposition A Related Word by Thayer’s/Strong’s Number: a primary preposition denoting (fixed) position (in place, time or state), and (by implication) instrumentality (medially or constructively), i.e. a relation of rest (intermediate between G1519 and G1537) Hierbo
en op baie ander plekke in die Nuwe testament, word die Griekse woord: G1722 - ἐν ‘en’
as “in” vertaal, maar hieronder,
waar daar in die water ingegaan is,
word dieselfde woord (G1722) as “met” vertaal. Mat 3:11 Ek doop
julle wel met water tot bekering;
maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om
aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Mat 3:11 I1473
indeed3303 baptize907 you5209
with1722 water5204
unto1519 repentance:3341 but1161
he Mar 1:8 I1473 indeed3303
have baptized907 you5209 with1722 water:5204
but1161 he846 shall baptize907 you5209
with1722 the Holy40 Ghost.4151
Strong’s:
G1722 ἐν en en A primary preposition denoting (fixed) position (in place,
time or state), and (by implication) instrumentality (medially or
constructively), that is, a relation of rest (intermediate between G1519 and G1537); “in”, at, (up-) on,
by, etc.: - about, after, against, + almost, X altogether, among, X
as, at, before, between, (here-) by (+ all means), for (. . . sake of), +
give self wholly to, (here-) in (-to, -wardly), X mightily, (because) of,
(up-) on, [open-] ly, X outwardly, one, X quickly, X shortly, [speedi-] ly, X
that, X there (-in, -on), through (-out), (un-) to(-ward), under, when, where
(-with), while, with (-in). Often used in compounds, with substantially the
same import; rarely with verbs of motion, and then not to indicate direction,
except (elliptically) by a separate (and different) prep. Daar is nog baie meer sulke voorbeelde waar die betrokke woord met “in” vertaal is. Ons weet nou wat die woord ‘doop’ beteken.
Die dissipels het ook die Doop so uitgevoer soos Jehushua hulle beveel het,
deur gelowiges te onderdompel en nie te besprinkel nie. (Sien ook Rom 6:2 – 7; Kol 2:12 en 3:1) Voorbeelde
van onderdompeling: Die
hofdienaar van Ethiopië wat terugreis vanaf Jerusalem sou darem seker
drinkwater by hom gehad het vir so ‘n ver reis? Hoekom het Filippus hom nie sommer maar net besprinkel nie? Hand 8:36-39 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? (37) Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. (vereiste)En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jehushua Messias die Seun van Elohim is. (bely) (38) En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. (39) En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van JAHWEH Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Mat 3:6
En hulle is deur hom in die
Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes
(vereiste). Mat 3:16 En nadat Jehushua gedoop was, het Hy
dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele
vir Hom oop, en Hy sien die Gees van Elohim soos 'n duif neerdaal en op Hom
kom. Joh 3:23 En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop. Hand 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl
jy die Naam van JAHWEH aanroep (glo en bely). (Sien ook Rom 10:9 – 11) Rom 6:2 – 7 Nee,
stellig nie! Ons wat die sonde
afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? (3)
Of weet julle nie dat ons almal wat in Messias Jehushua gedoop is,
in sy dood gedoop is nie? (4)
Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop
in die dood, sodat net soos Messiah uit die dode opgewek is deur die
heerlikheid van die Vader, ons ook so
in 'n nuwe lewe kan wandel. (5) Want as ons
met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog
ook wees deur dié aan sy opstanding; (6) aangesien
ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van
die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. (7) Want hy
wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. Rom 6:4 - Therefore we are buried with him by baptism into death,.... The nature and end of baptism are here expressed; the nature of it, it is a "burial"; and when the apostle so calls it, he manifestly refers to the ancient and only way of administering this ordinance, by immersion; when a person is covered, and as it were buried in water, as a corpse is when laid the earth, and covered with it: and it is a burial with Christ; it is a representation of the burial of Christ, and of our burial with him as our head and representative, and that "into death"; meaning either the death of Christ as before, that is, so as to partake of the benefits of his death; or the death of sin, of which baptism is also a token; for believers, whilst under water, are as persons buried, and so dead; which signifies not only their being dead with Christ, and their communion with him in his death, but also their being dead to sin by the grace of Christ, and therefore ought not to live in it: for the apostle is still pursuing his argument, and is showing, from the nature, use, and end of baptism, that believers are dead to sin, and therefore cannot, and ought not, to live in it; as more fully appears from the end of baptism next mentioned; that like as Christ was raised up from the dead by the glory of the Father, even so we also should walk in newness of life; for the end of baptism is not only to represent the death and burial, but also the resurrection of Christ from the dead, which is here said to be "by the glory of the Father", some read the words, "unto the glory of the Father"; meaning either, that the Father might be glorified hereby; or that Christ, being raised from the dead, might enjoy glory with the Father, as he does in human nature; but rather the phrase expresses the means by which, and not the end to which, Christ was raised from the dead: and by the "glory of the Father" is meant, the glorious power of the Father, which was eminently displayed in raising Christ from the dead; and as baptism is designed to represent the resurrection of Christ, which is done by raising the person out of the water, so likewise to represent our resurrection from the death of sin, to a life of grace: whence it must be greatly incumbent on baptized believers, who are raised from the graves of sin by the power of Christ, to "walk in newness of life"; for since they are become new creatures, and have new hearts and new spirits given them, new principles of light, life, grace, and holiness implanted in them, and have entered into a new profession of religion, of which baptism is the badge and symbol, they ought to live a new life and conversation (John Gill’s Exposition of the Bible). [Begrafnis – geboorte – nuwe skepsel. ’n Natuurlike geboorte vind plaas deur water (vrugwater) heen en so ook die geestelike herskepping deur water (die doopbad of bad van die herskepping) heen. Die begrafnis dui ook op die algehele toemaak of bedekking van die afgestorwene wat by die opstanding vir die eerste keer sigbaar word wanneer hy uit die graf te voorskyn kom.] Kol 2:9-13 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; (10) en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; (11) in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Messiah, (12) omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van Elohim wat Hom uit die dode opgewek het. (13) En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, [Wat kan meer duidelik as dit wees? Die liggaam van die sondige vlees word afgelê deur die besnydenis van Messiah, omdat ons saam met Hom begrawe is in die doop.] In 2Konings
5:13-14 sien ons wat Naäman gedoen het nadat hy die opdrag gekry het om
in die Jordaanrivier te gaan was. “Toe kom sy dienaars nader en spreek
met hom en sê: My vader, as die profeet u 'n groot saak beveel het, sou u dit
nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word? Daarop het hy afgeklim en sewe maal
in die Jordaan ondergeduik volgens
die woord van die man van Elohim, en sy vlees het teruggekeer soos
die vlees van 'n jong seun, en hy het rein geword.” [Hierdie handeling van Naäman word in van die
vertalings ook met ‘doop’ (dip) vertaal. Daarom het Johannes die Doper en die
apostels Jehushua se opdrag reg verstaan. Hulle het geweet wat doop beteken.
As Jehushua beveel om te doop, mag
niemand dit na besprinkeling verander nie. Dit is dwaalleer,
ongehoorsaamheid en eiewillige godsdiens. Kom ons kyk weer wat Jehushua
beveel het: Mat
28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die
Seun en die Heilige Gees; en leer
hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Mar
16:15-16 En Hy het vir hulle gesê: Gaan
die hele wêreld in en verkondig die evangelie
aan die ganse mensdom. (16) Hy wat glo en hom laat doop,
sal gered word; maar hy wat
nie glo nie, sal veroordeel word. In die Heidelbergse Kategismus word die Doop die uitwendige waterbad asook die bad van die herskepping en die afwassing van die sondes genoem. Vraag 69:
Hoe word jy in die heilige doop daarop gewys en daarvan verseker dat
die enige offer van Messiah aan die kruis jou ten goede kom? Antwoord: So:
Messiah het die uitwendige
waterbad ingestel (a). Daarby het
Hy beloof (b) dat ek net so seker met sy bloed en Gees van die onreinheid van
my siel, dit is, van al my sondes, gewas
is (c) as wat ek uitwendig met die
water gewas is, wat die vuilheid
van die liggaam wegneem. Vraag 71:
Waar het Messiah ons belowe dat Hy ons net so seker met sy bloed en
Gees wil was as
wat ons met die doopwater gewas
word? Antwoord: Met die instelling van die doop wat soos
volg lui: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader
en die Seun en die Heilige Gees..." (Matt 28:19); en: "Hy
wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal
veroordeel word" (Mark 16:16).
Hierdie belofte word ook herhaal waar die Skrif die doop die bad van die
herskepping en die afwassing
van die sondes noem (Tit 3:5; Hand
22:16). [Hierbo word nog die egte en ware Doop bely.] Vraag 72: Is
die uitwendige, waterbad self dan die afwassing van die
sonde? Antwoord: Nee (a), want alleen die bloed van
Jehushua Messiah en die Heilige Gees reinig ons van alle sondes (b). (a)Matt 3:11; 1 Pet 3:21; Ef
5:26. (b) 1 Joh 1:7; 1 Kor 6:11. Vraag 73:
Waarom noem die Heilige Gees die doop dan die bad van die
herskepping en die afwassing van die sondes? Antwoord: Elohim sê dit nie sonder gewigtige rede
nie. Hy wil ons naamlik daarmee leer
dat die bloed en Gees van Messiah ons sondes so wegneem soos die water die
vuilheid van die liggaam wegneem.
Verder wil Hy ons veral deur hierdie Goddelike waarborg en teken
verseker dat ons net so werklik geestelik van ons sondes gewas is as wat ons
liggaam uitwendig met water gewas word. [Tot hier bely hulle die Doop
volgens die Bybel. Die kerk dwaal egter deur af te wyk van Jehushua se opdrag
deur mense te besprinkel in plaas van te doop. Dit is eiewillige godsdiens en afgodery.] Paulus gebruik beeldspraak
om onderdompeling te beskryf: Rom 6:3-4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Messiah Jehushua
gedoop is, in sy dood gedoop is
nie? (4) Ons is dus saam met Hom
begrawe deur die doop in die dood, sodat
net soos Messiah uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel. Rom 6:5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur
die gelykvormigheid aan sy dood,
sal ons dit tog ook wees deur dié aan
sy opstanding; Kol 2:12
omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop,
waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van
Elohim wat Hom uit die dode opgewek het. Watter aksie
(Onderdompeling, Uitgieting of Besprinkeling) is: §
“begrawe?” §
“deur die doop in die dood?” §
“gelykvormigheid aan sy
dood?” §
“gelykvormigheid aan sy
opstanding?” Net onderdompeling (gevolg deur “uit die
water opkom”) voldoen aan Paulus se beskrywing van die Doop. (Paulus se gebruik van hierdie beeldspraak sou geen sin
maak as ‘doop’ uitgieting of besprinkeling beteken het nie.)
Al die teksverse in die Nuwe Testament
waarin Elohim oor die Doop praat Al die teksverse in die Bybel
wat die Griekse kernwoord of stam van die woord vir doop, 'bapto', of verbuigvorme of afgeleide woorde
daarvan het, word hier in chronologiese volgorde, soos dit in die Bybel
voorkom, gelys vir verdere verwysing. Die volledige agtergrond om elke
doopteks moet ook gelees word. Die dooptekste kom uit die 1933/35 Vertaling
van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Dit is belangrik dat ons kyk na wat
Elohim oor die Doop sê en nie ons eie doop formuleer nie. Meet die doop wat
jy bely aan Elohim se Woord. Mat 3:6 – 7 En
hulle is deur hom in die
Jordaan gedoop met belydenis van
hulle sondes. (7) Maar toe hy baie van
die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle:
Addergeslag, wie het julle aangewys om
te vlug vir die toorn wat aan kom is? Mat 3:11 Ek doop julle wel met (in) water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Mat 3:13 – 14 Toe het Jehushua van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. (14) Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Mat 3:16 En nadat Jehushua gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van Elohim soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. Mat 20:22 – 23 Maar Jehushua antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan. (23) En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is. Mat 21:25 Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel--dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie? Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. [In hierdie opdrag van Jehushua lê die hele antwoord oor die Doop opgesluit. Niks hiervan kan van toepassing gemaak word op ‘n ontoerekeningsvatbare persoon nie. Hierdie opdrag moet vandag nog gehoorsaam word.] Mark 1:4 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig. Mark 1:5 En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes. Mark 1:8 – 9 Ek het julle wel met (in) water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees. (9) En in daardie dae het Jehushua van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop. Mark 10:38 – 39 Maar Jehushua sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? (39) En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jehushua sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; Mark 11:30 Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My. Mark 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. [Wat is die belangrikste element in hierdie opdrag en belofte? GELOOF] Luk 3:3 En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig; [Die doop van bekering is ‘n bewustelike besluit wat net op ‘n toerekeningsvatbare mens van toepassing kan wees.] Luk 3:7 Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Luk 3:12 En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen? Luk 3:15, 16 En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Messiah was nie, antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie--Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Luk 3:21 En toe die hele volk gedoop en Jehushua ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; Luk 7:29 – 30 En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle Elohim geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes. (30) Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van Elohim aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie. Luk 12:50 Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! Luk 20:4 die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Joh 1:25 – 26 En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Messiah of Elía of die profeet is nie? (26) Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie-- Joh 1:28 Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop. Joh 1:31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met (in) water gedoop. Joh 1:33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met (in) water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. Joh 3:22 – 23 Hierna het Jehushua en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop. (23) En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop. Joh 3:26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe. Joh 4:1 – 3 Toe die Meester dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jehushua meer dissipels maak en doop as Johannes-- (2) alhoewel Jehushua self nie gedoop het nie, maar Sy dissipels-- (3) het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan. Joh 10:40 En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly. Joh 13:26 Jehushua antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon. Hand 1:5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. Hand 1:22 van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is--van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding. Hand 2:38 – 41 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jehushua Messiah tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. (39) Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat JAHWEH onse Elohim na Hom sal roep. (40) En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. (41) Die wat toe Sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring. Hand 8:12 – 13 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van Elohim en die Naam van Jehushua Messiah verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue. (13) En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur. Hand 8:16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Meester Jehushua. Hand 8:35 – 39 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jehushua aan hom
verkondig. (36) En
terwyl hulle voortreis op die pad, kom
hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water;
wat verhinder my om gedoop te word? (37) Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en
sê: Ek glo dat Jehushua Messiah
die Seun van Elohim is. (38) En hy
het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom
gedoop. (39) En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van JAHWEH Filippus skielik
weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Hand 9:17 – 18 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Meester het my gestuur, naamlik Jehushua wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word. (18) En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop. (sien ook Hand 22:16) Hand 10:1 En daar was in Cesaréa 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling. (2) Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot Elohim. Hand 10:37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het, Hand 10:43 – 48 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. (44) En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. (45) En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. (46) Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en Elohim groot maak. Toe het Petrus begin spreek: (47) Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? (48) En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Meester (Jehshua). Toe het hulle hom gevra om nog 'n paar dae te bly. Hand 11:16 En ek het die woord van die Meester onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met (in) water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. (Sien Hand 11:11 – 18) Hand 13:23 – 24 Uit die nageslag van hierdie man het Elohim vir Israel, volgens die belofte, Jehushua as Verlosser verwek, nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het. Hand 16:14, 15 En 'n vrou met die naam van Lídia, 'n purperverkoopster van die stad Thiatíre, 'n godsdienstige vrou, het geluister; die Meester het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is. (15) En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Meester glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing. (NB. Sien ook
vers 40) Hand 16:40 En nadat hulle die gevangenis verlaat het, het hulle na die huis van Lídia gegaan; en hulle het die broeders gesien, hulle bemoedig en weggegaan. Hand 16:30 – 34 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? (31) Toe sê hulle: Glo in die Meester Jehushua Messiah en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. (32) En hulle het aan hom die woord van JAHWEH verkondig en aan almal wat in sy huis was. (33) En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense. (34) Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in Elohim gekom het. [Hand
16:31-33: “Glo in die Meester
Jehushua Messiah en jy sal gered word, jy en jou huisgesin... en hulle
het aan hom die Woord van JAHWEH verkondig en aan almal wat in sy huis
was... en hy is onmiddelik gedoop, hy en al sy mense. “Jy en
jou huisgesin” in vers 31 beteken nie dat sy geloof ook sy huisgesin sal red
nie, hier beteken dit bloot: “dieselfde
geld vir jou huisgesin” (m.a.w. hulle
moet ook glo, dan sal hulle gered word).] Hand 18:8 En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Meester geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop. Hand 18:25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Meester; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Meester noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het. Hand 19:3 – 5 En
hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. (4) Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die
volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Messiah Jehushua. (5) En toe hulle dit hoor, is
hulle gedoop in die Naam van die Meester Jehushua. [Net ‘n
verstandige mens kan gehoorsaam, bekeer en glo. Rom 10:17 Die
geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van Elohim Ef2:8 Want uit genade
is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die
gawe van Elohim; Mat 21:31 ……….Wie van die twee het die wil van
die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jehushua sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars
en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van Elohim. (32) Want
Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en
die hoere het hom geglo. En julle
het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie. Sien ook Gal 3:2 – 27
…..ALLES NET GELOOF] Hand 22:16 En nou, waarom
versuim jy?
Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas,
terwyl jy die Naam van JAHWEH aanroep. [Dit is net ‘n verstandelik volwasse gelowige, wat hier
handel] Rom 6:2 – 7 Nee,
stellig nie! Ons wat die sonde
afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? (3)
Of weet julle nie dat ons almal wat in Messiah Jehushua gedoop is,
in sy dood gedoop is nie? (4)
Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop
in die dood, sodat net soos Messiah uit die dode opgewek is deur die
heerlikheid van die Vader, ons ook so
in 'n nuwe lewe kan wandel. (5) Want as
ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit
tog ook wees deur dié aan sy opstanding; (6) aangesien
ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van
die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. (7) Want hy
wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 1 Kor 1:13 – 17 Is Messiah verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop? (14) Ek dank Elohim dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus, (15) sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie. (16) Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie. (17) Want Messiah het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Messiah nie verydel mag word nie. 1 Kor 16:15-16 En ek versoek julle, broeders--julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het-- (16) dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei. 1 Kor 10:1 – 4 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, (2) en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, (3) en almal dieselfde geestelike spys geëet het, (4) en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Messiah. 1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. 1 Kor 15:29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop? Gal 3:27 want julle almal wat in Messiah gedoop is, het julle met Messiah beklee. Ef 4:4 – 6 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; (5) een Meester, een geloof een doop, (6) een Elohim en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is. [Die een kan nie sonder die ander nie, die doop van die gelowige is die enigste doop waarvan die Woord praat. Dit dui op ‘n persoonlike gehoorsaamheid en verbintenis met Elohim die Vader, waar niemand vir iemand anders kan instaan nie, maar elkeen sal sy eie pak sal dra (Gal 6:4, 5).] (Profeties: Jer 31: 29-33 en Eseg. 14:14-20; 18: 2-20; Rom 14:12) Kol 2:12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van Elohim wat Hom uit die dode opgewek het. [Net van
toepassing op die gelowige (Simboliek:
begrafnis van die oue mens, herskepping (nuwe geboorte) deur geloof en lewendmaking van die nuwe skepsel in Messiah)] Heb 6:1 – 2 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Messiah nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in Elohim, (2) van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. [Wat kan ‘n
baba of klein kind hiervan verstaan? Geloof is ‘n vereiste vir die Doop en ‘n
bevel van Jehushua.] 1 Pet 3:18 – 22 Want Messiah het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot Elohim te bring--Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; (19) in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, (20) wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van Elohim een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; (21) waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot Elohim om 'n goeie gewete--deur die opstanding van Jehushua Messiah (22) wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van Elohim is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is. Op 19:13 En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van Elohim. Daar is net
één doop Die Woord beskryf net één Doop, nl. die Doop van die gelowige, m.a.w. iemand wat tot die geloof gebring is. (Ef 4:5) Deur die kinderdoop en besprinkeling in te stel en tot vandag toe, toe te pas, het die kerk die Doop kragteloos, betekenisloos en in stryd met die Woord gemaak. Elke leer wat nie van Elohim kom nie, is van die duiwel.
Mark 16:16 “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” Net gelowiges mag gedoop word (lees ook Hand 2:38; 8:36-39; 10:43-48; 19:3-5; en 22:16). Daar is nêrens in die Bybel een geval waar ‘n ongelowige gedoop is nie. Geloof, bekering en herskepping loop saam. Net die wat van Bo gebore (uit Elohim gebore) kan die koninkryk binne gaan. “Jehushua antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie van Bo gebore word nie, kan hy die koninkryk van Elohim nie sien nie” (Joh 3:3). Hoe kan iemand glo as hy nie die Woord gehoor het nie? “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?” (Rom 10:14). Jehushua se opdrag wat saam met die doopopdrag gaan, is: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies,
en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en
leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mat
28:19). “En
Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. (16) Hy wat glo en hom laat
doop, sal gered word; maar hy
wat nie glo nie, sal veroordeel word” (Mar
16:15-16). Elohim se Woord moet eers verkondig word voor geloof,
bekering, herskepping en doop kan plaasvind. “Die geloof is dus uit die gehoor, en die
gehoor is deur die woord van Elohim“
(Rom 10:17). Sonder geloof is alles
nutteloos (Joh 20:31; Heb 11:6; 1 Thes 2:13). Die apostels het net mense
gedoop wat geglo het (Mark
16:16; Hand 8:12, 13, 35-38; Hand 10:43 – 48;
16:14, 15, 30 – 34; 18:8; 19:3 – 5). Van Bo gebore “Jehushua antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek
sê vir jou, as iemand nie van Bo
gebore word nie, kan hy die koninkryk van Elohim nie sien nie“ (Joh 3:3). “Jehushua antwoord:
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water
en Gees nie, kan hy in die koninkryk
van Elohim nie ingaan nie. Wat uit
die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees” (Joh
3:5 – 6). “Maar toe die goedertierenheid van Elohim, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het-- nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die herskepping en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jehushua Messiah, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe” (Tit 3:4-7). (Lees ook Joh.3:3-18; Matt.19:28; Rom 12:1, 2; 2 Kor 5:17; 1 Pet.1:3-5, 23; Op.2:11.) Die herskepping vind plaas deur water heen, nl. Die "bad van die herskepping", die water waarin gedoop word. Daar is getuies wat van hierdie nuwe geboorte kan getuig. Terselfdertyd is dit 'n openbare belydenis dat die dopeling gebreek het met die sondige wêreld en nou aan Jehushua Messiah behoort. Dit simboliseer verder 'n begrafnis en 'n opstanding. Die ou mens het afgesterwe, is begrawe in die Doop (saam met Messiah gekruisig) en kom weer as 'n nuwe skepsel uit die watergraf te voorskyn. (Joh 3:5; Rom. 6:3 - 4; Gal. 3:27; Ef 5:25 – 27; Tit 3:5 – 7; Kol. 2:12; 1 Joh 5:5 – 13) As 'n mens doodgaan word jy
begrawe. Elohim het dit goedgevind om die water as ‘graf’ te laat gebruik vir
die sondige mens wat sterf as hy in die doopwater ingaan/begrawe word,
en dan as nuwe skepsel weer uit die water her-gebore word. 'n Werklike graf
vir iemand wat nie fisies dood is nie, is tog ondenkbaar. “Want in Messiah Jehushua het nòg die besnydenis nòg die
onbesnedenheid enige krag, maar 'n
nuwe skepsel. En mag daar vrede en
barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die
Israel van Elohim! “ (Gal 6:15-16). Elohim het die waterdoop so belangrik beskou dat Sy Seun in Sy sondelose menslike liggaam eers gedoop moes word (om vir ons die voorbeeld daar te stel) voordat die Heilige Gees op Hom gekom het. Eers daarna het Hy met wonderwerke begin. Die volle simboliek van die water kan ons moeilik verstaan, maar dat dit vir Elohim belangrik is, is duidelik (sien ook Joh 3:5; 1 Joh. 5:8). Volgens
Mark.16:16 en ook Joh. 3, kan die doop nie herskepping voorafgaan nie. Die
doop is nie die enigste vereiste om die Koninkryk van Elohim te beërwe nie.
Die Woord sê alleenlik die wat die naam van Jehushua aanroep, sal die
Koninkryk van Elohim beërwe (Rom. 5:8, Joh 3:16, Rom 3:23, Rom 3:10, Rom.
6:23, Joh. 1:12, 1Kor. 15: 3-4, Open. 3:20, Rom. 10:13Rom. 10: 9-10, Joh.
5:24, 1 Joh. 5:13, Joh. 20:31). Die doop is 'n stap van gehoorsaamheid wat op
herskepping volg. Elohim
se genade is so groot dat hy nie sal toelaat dat die siel van enige baba wat,
voordat hy tot verstand en tot geloof kom en sterf, hel toe sal laat gaan
nie. As
ons dink dat ons, as gevolg van ons ouers se geloof en godsdienstigheid, die
ewige lewe sonder herskepping kan verwerf, is ons veral arrogant. Die Jode
het ook gedink dat hulle godsdienstig genoeg was om die lof van Elohim te
verdien, maar as gevolg van hul arrogansie, was hulle hardnekkig en het hulle
nie besef dat die Messias tussen hulle beweeg het nie en het Jehushua verkies
om eerder die geselskap van sondaars op te soek, want hy het nie gekom vir
die sogenaamde gelowiges nie, maar vir verlorenes en sondaars. (Joh 1: 9-12)
Die tyd het aangebreek dat ons aan die Woord van Elohim gehoorsaam sal wees.
Wie is die woord van Elohim? (Joh 1:1– 5). Bekering
en Doop Die
Doop word altyd saam met die bekering en nuwe geboorte geassosieer. Mark 16:16 sê: “Hy wat glo en hom laat doop sal gered
word.” In die Grieks is die modus van die werkwoord pisteusaj pisteusaj
'n aoristos participium. 'n Aoristos participium druk 'n ondergeskikte
handeling (m.b.t. die sinsbou) uit wat die hoofhandeling voorafgaan, en word
gewoonlik vertaal met “nadat” (Kyk Van Rensburg 1953:110). Dit kan vertaal
word met: “Hy wat, nadat hy geglo het, gedoop is, sal gered word.” Dus eers glo en dan Doop. Hieruit kan die volgende afgelei word: 1.
Geloof is noodsaaklik by die Doop. 2.
Geloof gaan die Doop vooraf. 3.
Die Doop het heilsbetekenis
- dit is ‘n integrale deel van die geloof en verlossing. Hoewel baie van die doop-tekste
semanties sterk ooreenkom, word volledigheidshalwe na elke teks afsonderlik
gekyk: Kol 2:11, 12: “... in wie julle
ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam in die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Messiah,
omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam
opgewek is deur die geloof in die werking van Elohim wat
hom uit die dode opgewek het.” Hier word gepraat van die besnydenis van Messiah,
die besnydenis van die hart, die bekering, die herskepping. Dit is slegs
moontlik deur die geloof. Die Doop en die opstaan in die nuwe lewe val saam.
Die Doop sonder dat die een wat gedoop word, glo, is onmoontlik en onbybels. Rom 6:4: “Ons is dus saam met
Hom begrawe in die doop, sodat net soos Messiah uit die dode opgewek is deur
die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.” Die doop en die wandeling saam
met Elohim in die nuwe lewe is een, want die doop is ‘n integrale deel van
die verhouding tussen Elohim en mens. Die gelowige identifiseer met
Messiah in sy dood. 1 Pet 3:21 verwys daarna dat
die doop ons red net soos Noag gered is van die vloedwaters. Hier is
die doop weereens een met die redding. Hier word ook gepraat van
'n bede tot 'n skoon gewete, 'n bede dat Elohim jou daaraan herinner
dat Hy al jou sonde afgewas het, en dat jou ou mens saam met Messiah gesterf
het. Dit impliseer herskepping en bekering. In Joh 3:5 word gesê dat die
herskepping uit water (dit wil sê die Doop) en Gees is (sy oortuiging
en hartsveranderende werking). Die Doop word saam met die herskepping en die
daarmeegepaardgaande werking van die Heilige Gees geassosieer. Tit 3:5: “... nie op grond van
werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het
Hy ons gered, deur die bad van die
herskepping (dit is die Doop) en die vernuwing van die Heilige
Gees.” Hier is die Doop die plek waar herskepping plaasvind! Die Heilige Gees
is hier ook aktief werksaam by die een wat gedoop word. Die Doop kan nooit
plaasvind sonder dat die vernuwingswerk van die Heilige Gees reeds sigbaar
teenwoordig is in die gelowige se lewe nie. 1 Joh 5:5, 6: “Dit is Hy wat
deur die water (doop) en bloed gekom het, Jehushua Messiah; nie deur die
water alleen nie, maar deur die water en bloed; en dit is die Gees wat
getuig, want die Gees is die waarheid.” Die doop en die versoening deur die
bloed gaan saam. In Handelinge blyk dit ook
telkens dat die doop nie losgemaak kan word van die herskepping en die geloof
nie. Toe die mense in Hand 8:12 vir
Filippus geglo het, is hulle gedoop. In Hand 8:35-39 het Filippus
die evangelie van Jehushua aan die Ethiopiër verkondig. Die hofdienaar het
die Woord gehoor en die
evangelie geglo soos
duidelik blyk uit die konteks. Op die vraag: “Wat verhinder my om gedoop te
word?” (vers 36), antwoord Filippus: “As
u glo met u hele hart, is dit geoorloof.” Hier is geloof 'n duidelike voorwaarde vir die Doop. Hand 10:47 Mense wat die Heilige Gees (deur geloof) ontvang het, is gedoop. Hand 19:5 “En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in
die Naam van die Meester Jehushua.” (Dit is ook 'n sprekende voorbeeld
hiervan.) Hand 16:31-33: “Glo in die Meester Jehushua
Messiah en jy sal gered word, jy
en jou huisgesin... en hulle het aan hom die Woord van JAHWEH verkondig en aan almal wat in sy huis was...
en hy is onmiddelik gedoop, hy en al sy mense. “Jy en jou huisgesin” in vers
31 beteken nie dat sy geloof ook sy huisgesin sal red nie, hier beteken dit
bloot: “dieselfde geld vir jou huisgesin” (m.a.w. hulle moet ook glo, dan sal hulle gered word). Weereens is die doop en die geloof tot
bekering een. Die
doop as ‘n skeiding tussen die ou en die nuwe mens Uit bogenoemde Skrifgedeeltes is dit ook duidelik dat die
doop die skeiding tussen die ou en die nuwe mens weerspieël (dit is
veral duidelik in Kol 2:11, 12 en Rom 6:4). Dit dui op die afwassing van
die sonde: Heb 10:22: “... gewas met rein water.” Ef 5:26: “... gereinig met die waterbad deur die Woord.” In 1 Kor 10:1-4 praat Paulus
van die Rooisee-gebeure in terme van hulle “doop” in Moses. Hierdie gebeure
word op hierdie manier geteken as ‘n waterskeiding (letterlik en figuurlik). ‘n Gedoopte is
reeds gered Iemand wat gedoop is, het
die sonde afgesterf (Rom 6:2), “of weet julle nie ons almal
wat in Messiah gedoop is in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met
Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Messiah
uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so
in ‘n nuwe lewe kan wandel.” (Rom 6:3-4). Net soos wat Messiah
gesterf het en weer lewendig geword het, praat die doop daarvan dat ons die
ou mens afgesterf het, en weer lewendig / nuut gemaak is. Dit
lê in die verlede. Ten tye van die doop het dit reeds gerealiseer. Die
manier hoe mens dood raak vir die sonde is deurdat die sondige natuur van die
mens weggesny word deur die hartsbesnydenis – die herskepping (Kol 2:11). Die term “in Messiah” staan ook in noue verband
met die nuwe stand van mense wat gedoop is: Gal 3:27: “want julle almal wat
in Messiah gedoop is, het hulle (self) met Messiah beklee” (vgl. Rom
13:14). Die doop praat van ons verbintenis met Messiah. Dit is slegs moontlik
as ons in Hom glo as ons enigste
Verlosser en Saligmaker. “En as julle aan Messiah behoort (in Messiah is) dan
is julle die nageslag van Abraham...” (vers 29). Iemand wat gedoop is, is dus
in Messiah. Die Revised Standard Version vertaal dit met: “For as many
of you as were baptized into Christ have put on Christ.” Die doop
praat daarvan dat ons Jehushua Messiah met volle oorgawe moet dien en volg en
ons met Hom moet beklee. Dit kan ook beter verstaan word as dit vergelyk word
met Rom 6:4 en Kol 2:11, 12, waar die doop 'n identifikasie met
Messiah in sy dood en opstanding is. Rom 6:3 praat ook van “almal
wat in Messiah gedoop is.” Die mense waarvan Handelinge praat, is
daarom ook in die naam van Jehushua Messiah gedoop (Hand 2:38; 8:16; 10:48;
22:16; 19:5). En nou volg dit logies: 2 Kor 5:17 “Daarom, as iemand in
Messiah is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het
verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” Iemand wat in Messiah is, is dus reeds wedergebore deur geloof, water en Gees. Van iemand wat in
Messiah is, geld ook die volgende: Hy leef nie meer nie; Messiah
leef in hom (Gal 2:20). Sy lewe is verborge in Elohim (Kol 3:3). “en saam
opgewek en laat sit in die hemele in Messiah Jehushua” (Ef 2:6); is reeds 'n
burger van die hemel (Filip 3:20); is gereinig van 'n skuldige gewete (Heb
10:22) ens.
Gevolgtrekking Iemand wat deur die bad
van die herskepping is (Tit 3:5), is
wedergebore. Iemand wat gedoop is, is
reeds gered (1 Pet 3:21). Iemand wat gedoop is, wandel reeds in die nuwe lewe, omdat
hy saam met Messiah opgewek is (Rom 6:4; Kol 2:11). Iemand wat gereinig is
met die waterbad deur die Woord (Ef 5:26), is skoon gewas van sonde. Iemand wat gebore is uit
water en Gees, is immers wedergebore (Joh 3:5). Baie sê die Doop dui op
die herskepping of wys heen na die herskepping en die nuwe lewe. Maar
uit bogenoemde is dit duidelik dat iemand wat gedoop is reeds die herskepping ondervind het. As iemand dus uit die
doopbad opstaan moet hy kan sê: My sondige vlees is afgelê in Messiah. Die ou
lewe is verby, alles het nuut geword. Omdat ek (1) my sonde besef (2) glo ek
die (3) saad van die Woord wat ek gehoor het. Hierdie saad het (4) nuwe
geboorte geskenk. Ek kan (5) getuig van 'n verbintenis tussen Elohim en my,
daarom het ek my (6) uit gehoorsaamheid laat doop. Ek (7) bely dat Jehushua
die Meester van my lewe is (8) deur sy Gees wat in my werk. Ek wil 'n (9)
lewe van bekering lei (10) omdat Messiah my Verlosser en Saligmaker is. Wat is Elohim se vereistes vir die
Doop? Kyk ons na alles wat in die Nuwe Testament oor bekering, doop, herskepping gesê word, is dit duidelik dat daar net een doop is: · Eers Glo en Bekeer (Belydenis van sonde en besnydenis van die hart hierby ingesluit) Glo: (Mark 16:16; Hand 8:12, 13, 35-38; Hand 10:43 – 48; 16:14, 15, 30 – 34; 18:8; 19:3 – 5; Joh 3:36; 11:25, 26; Rom 10:9 – 11) Bekeer:
(Mat 3:2, 11; 4:17; Mark 1:4; Hand 2:38 – 41; 13:23
– 24; 19:3 – 5; Kol 2:11-13) Bely: (Mat 10:32;
Luk 12:8; Hand 8:37; 22:16; Rom 10:9 – 11; 1Joh 4:15) · Dan Doop (Belydenis van Messiah as verlosser en saligmaker en breek met sondige wêreld; Getuienis van herskepping) (Hand 8:37; 22:16; Mat 3:6) · Handoplegging deur die ouderlinge (Hand 8:15-18; 9:12-18; 19:4-6; 1Tim 4:14; 5:22; 2Tim 1:6; 1 Pet 5:1; Heb 6:2) · Na die Heilige Gees ontvang is, volg die vrugte van die gees (Hand 2:38; 9:17; 10:44, 47; Joh 3:5-6; Tit 3:4-7). · Daarna volg die daaglikse proses van heiligmaking (bekering) en geestelike groei tot geestelike volwassenheid. (Sien Heb 6:1, 2) Die belofte van die ontvangs van Heilige Gees, kry ons in Hand. 2:38 - 39. (v 39 verwys na die belofte "sal" in vers 38) Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van
julle gedoop word in die Naam van
Jehushua Messiah tot vergewing van
sondes, en julle sal
die gawe van die Heilige Gees ontvang.
(39) Want die belofte (van die Heilige Gees) kom julle toe en
julle kinders en almal wat daar ver is,
die wat die JAHWEH onse Elohim na Hom sal roep. Waar die kerk ook vandag
fouteer is om nie ag te slaan op die volgorde
wat die Woord ons leer nie en meestal te lank te wag om mense te doop. (Vgl.
Paulus na bekering - "waarom
versuim" (Hand 9:18, 22:16). Die hofdienaar, "wat verhinder my om gedoop te word?”
(Hand. 8:36). “En in dieselfde uur van die nag het
hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al
sy mense” (Hand 16:33). Die handoplegging word ook versuim nadat gedoop is. Wanneer ons ongehoorsaam aan die Woord is, kan ons nie verwag dat Elohim kragtig in en deur ons sal werk nie. Dan is ons sprekend van die Laodicéakerk van Openbaring: "Nie koud of warm nie, maar lou……" "Gedaante van Godsaligheid maar die krag daarvan verloën." Daar is heerlike bevryding in die waarheid, as ons net die waarheid
kan ken.
Ek bid dat die kerk tot besinning sal kom om uit die greep en heerskappy van Satan los te kom. Gehoorsaamheid is beter as offerande. Blote godsdienstigheid kan Elohim nie behaag nie, so ook nie vormgodsdiens en alle mensgemaakte godsdiens nie. Ons mag Elohim net dien met die middele wat Hy ons geskenk het en volgens sy voorskrifte en bevele. Dit is en bly altyd die veiligste om te kyk en te
luister wat Elohim sê. Waarom moet Elohim se kinders hulle laat doop? Omdat Jehushua ons so beveel
het. Hy het gesê: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader
en die Seun en die Heilige Gees; en leer
hulle om alles te onderhou wat Ek
julle beveel het” (Mat 28:19). En in Markus 16:16: “Hy wat glo en
hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” Lees ook: Hand 2:38; 8:36-39; 10:43-48; 19:3-5; en
22:16. Wanneer moet Elohim se kinders hulle laat doop? Na die bekering: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered
word” (Mark 16:16). Dus: Eers glo en dan laat doop. “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die
Naam van Jehushua Messiah tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang” (Hand 2:38). Dus: Eers bekeer en dan laat doop. Lees ook: Hand16:31-33. Moet jy jou dadelik na glo en bekering laat doop, of
eers uitstel? Dadelik: “Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is
gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring” (Hand 2:41). “En in dieselfde uur van die
nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense” (Hand 16:33). “En nou, waarom versuim jy? Staan
op, laat jou doop en jou sondes
afwas, terwyl jy die Naam van die JAHWEH aanroep” (Hand 22:16). “En terwyl hulle voortreis op
die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop
te word? (Hand 8:36) Wat
beteken Romeine 6:3 en 4? “Of weet julle nie dat ons almal wat in Messiah Jehushua gedoop is,
in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die
dood, sodat net soos Messiah uit die dode opgewek is deur die
heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel. Want as ons
met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog
ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is,
sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die
sonde sou dien nie.” Die Doop word hier vergelyk met een wat begrawe word. Elohim se Doop geskied deur onderdompeling. Die dopeling word as’tware in die water vir ‘n oomblik begrawe, om dan weer uit die water te verrys, as beeld van die opstanding van die nuwe mens. Die oue mens is in die water begrawe en van nou af begin die nuwe lewe in Jehushua Messiah. Wat
beteken Romeine 6:5 en 6? “Want
as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons
dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons
oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak
sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.” Deur die geloof het ons één plant met Messiah geword. Hy is die wynstok en ons die lote (Joh 15:5). Daarom het ons deel aan sy sterwe deur die afsterwe van die oue mens, en aan sy opstanding, die lewe as nuwe skepsele. Die Doop versinnebeeld hierdie geestelike feite deur die sigbare teken. Wat
beteken Galásiërs 3:27? “Want julle almal
wat in Messiah gedoop is, het julle met Messiah beklee.” Die Doop is volgens die Bybel
die bekleding met Messiah. Ons eie menslike deugde is volgens die Bybel ‘n
“besoedelde kleed” (Jes 64:6). In hierdie kleed kan
ons Elohim nie behaag nie, maar ons moet daarvan ontslae raak. In plaas
daarvan, moet ons ons beklee met Messiah, die “mantel van geregtigheid”
(Jesaja 61:10). Hierdie geestelike feite word baie duidelik deur die Doop
uitgebeeld. Die Doop en die herskepping is onlosmaaklik deel van mekaar (Sien
ook Rom 13:14) Wie mag gedoop word? Net dié wat waarlik glo in Jehushua Messiah as hul Verlosser en Meester. Elohim se Woord sê: ”Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word“ (Mark 16:16). “As jy met jou hele hart glo, is dit geoorloof” (Hand 8:37). (Sien ook Hand 8:12, 13, 35-38; 10:43 – 48; 9:17, 18; 16:14, 15, 30 – 34; 18:8; 19:3 – 5; Joh 3:36; 11:25, 26; Rom 10:9 – 11) Net dié wat hul waarlik bekeer het: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jehushua Messiah tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang” (Hand 2:38, 41). Net dié wat bely dat Jehushua die enigste Verlosser en Saligmaker is (Mat 10:32; Luk 12:8; Hand 8:37; 22:16; Rom 10:9 – 11; 1Joh 4:15). Dus net dié wie dissipels van Jehushua is (Mat 28:19). Doop van gesinne Daar
word deur die aanhangers van die babadoop en doop d.m.v. besprinkeling beweer
dat daar ook babas moes gewees het onder hierdie gesinne wat gedoop is. Hulle
wil hiermee bababesprinkeling regverdig. Kom ons kyk of daar êrens in Elohim
se Woord enige opdrag is om babas te doop of enige bewys is van babas wat
gedoop is. Kom ons kyk net eers weer
wat Jehushua se opdrag is, want alles draai om hierdie opdrag. Die opdrag is: Die evangelie van Jehushua Messiah moet
dus éérs verkondig word (Mat
24:14; 28:19; Mark 13:10; 16:15; Luk 24:47). Almal wat die evangelie glo en dus dissipels word, moet gedoop
word (Mat 28:19). Jehushua sê in Mark 16:16 hy wat die evangelie glo en hom laat doop, sal gered word.
Jehushua sê dus in Mat 28:19: Maak
éérs dissipels en dié wat dissipels is (die wat glo) moet gedoop word. Hy wat
glo en hom laat doop, sal gered word (Mark 16:16). Let op hoe die
apostels, ook in die geval van die gesinne, Jehushua se opdrag en bevele getrou
uitgevoer het. Hulle het éérs die
evangelie verkondig, dié wat die Woord aangeneem het, het geglo en dus
dissipels geword en daarna is dié wat geglo het, gedoop. Hierdie opdrag van
Jehushua is nooit anders uitgevoer of verontagsaam nie, ook nie by die gesinne
wat gedoop is nie. 1.
Cornelius het JAHWEH gedien, “hy
was vroom en godvresend,” hy en sy hele huis
(huishouding) (Hand 10:2). Hand 10:1 En daar was in Cesaréa 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling. (2) Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot Elohim. Hand 10:43 – 48 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur Sy Naam ontvang. (44) En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. (45) En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. (46) Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en Elohim groot maak. Toe het Petrus begin spreek: (47) Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? (48) En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Meester. Toe het hulle hom gevra om nog 'n paar dae te bly. ·
Cornelius met
sy hele huis
was vroom en godvresend (huishouding) ·
Hulle het baie aalmoese aan die volk gegee · Hulle het altyddeur tot Elohim gebid. · Petrus het éérs die Woord verkondig. ·
Die Heilige
Gees het op almal in die huis geval wat die woord gehoor het. Hulle het dus geglo. · Hulle het in tale gespreek en Elohim groot gemaak · Nadat al hierdie dinge éérs plaasgevind het, is hulle gedoop. Kan babas so optree soos hierbo genoem? Kan suigelinge vroom en godvresend wees, aalmoese aan die volk gee, tot Elohim bid, die Woord hoor en glo en dan in tale spreek en Elohim grootmaak? Hulle het eers die Woord van Elohim gehoor, toe geglo (want die Heilige Gees het op hulle geval) en toe eers is dié wat geglo het, gedoop. Jehushua se opdrag was reg uitgevoer. HIER IS GEEN BABAS GEDOOP NIE. 2. Lídia die
purperverkoopster en haar huis Hand 16:14, 15 En 'n vrou met die naam van Lídia, 'n purperverkoopster van die stad Thiatíre, 'n godsdienstige vrou, het geluister; die Meester het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is. (15) En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Meester glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing. (NB. Sien
ook vers 40 hieronder, wat meer lig gee op wie in haar huis gedoop is.) Hand 16:40 En nadat hulle die gevangenis verlaat het, het hulle na die huis van Lídia gegaan; en hulle het die broeders gesien, hulle bemoedig en weggegaan. 1. Lídia was 'n godsdienstige vrou (het Elohim gedien) 2. Lídia het na die verkondiging van die Woord geluister en geglo (die Meester het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is). 3. Sy praat van haar huis (huishouding). Daar word nie gesê of sy vroeër getroud was en kinders gehad het nie, maar daar was wel broeders in haar huis. Sy het ‘n purperbedryf gehad. 4. In vers 40 sien ons dat Paulus en Silas, nadat hulle die gevangenis verlaat het, na die huis van Lídia gegaan het en hulle het die broeders wat in haar huis gedoop is, gesien, hulle bemoedig en weggegaan. Die broeders was bekeer en daarom is hulle “broeders” genoem. Hulle was volwasse. Hulle het na die Woord geluister en geglo. Al die vereistes vir die doop. Jehushua se opdrag was dus reg uitgevoer. 3. Die
tronkbewaarder van Filippi en sy huisgesin Hand 16:30 – 34 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? (31) Toe sê hulle: Glo in die Meester Jehushua Messiah en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. (32) En hulle het aan hom die woord van die JAHWEH verkondig en aan almal wat in sy huis was. (33) En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense. (34) Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in Elohim gekom het. Act
16:30-34 And2532 brought4254
them846 out,1854 and said,5346
Sirs,2962 what5101 must1163
I3165 do4160 to2443
be saved?4982 (31) And1161
they3588 said,2036 Believe4100 on1909 the3588 Lord2962 Jehushua2424 Christ,5547 and2532
thou4771
shalt be saved,4982 and2532 thy4675 house.3624
(32)
And2532 they spake2980 unto him846
the3588 word3056 of the3588
Lord,2962 and2532 to
all3956 that3588 were in1722
his848 house.3614
(33)
And2532 he took3880 them846
the3588 same1565 hour5610
of the3588 night,3571 and washed3068
their(575)
stripes;4127 and2532 was baptized,907 he846 and2532 all3956 his,846 straightway.3916 (34) And5037 when he had brought321 them846
into1519 his848 house,3624
he set meat before3908, 5132
them, and2532 rejoiced,21 believing4100 in
God2316 with all his house.3832 Act 16:30-34
και2532 CONJ προαγαγων4254 V-2AAP-NSM αυτους846 P-APM εξω1854 ADV εφη5346 V-IXI-3S κυριοι2962 N-VPM τι5101 I-ASN με3165 P-1AS δει1163 V-PQI-3S ποιειν4160 V-PAN ινα2443 CONJ σωθω4982 V-APS-1S (31) οι3588 T-NPM δε1161 CONJ ειπον2036 V-2AAI-3P πιστευσον4100 V-AAM-2S επι1909 PREP τον3588 T-ASM κυριον2962 N-ASM ιησουν2424 N-ASM χριστον5547 N-ASM και2532 CONJ σωθηση4982 V-FPI-2S συ4771 P-2NS και2532 CONJ ο3588 T-NSM οικος3624 N-NSM σου4675 P-2GS (32) και2532 CONJ ελαλησαν2980 V-AAI-3P αυτω846 P-DSM τον3588 T-ASM λογον3056 N-ASM του3588 T-GSM κυριου2962 N-GSM και2532 CONJ πασιν3956 A-DPM τοις3588 T-DPM εν1722 PREP τη3588 T-DSF οικια3614 N-DSF αυτου846 P-GSM (33) και2532 CONJ παραλαβων3880 V-2AAP-NSM αυτους846 P-APM εν1722 PREP εκεινη1565 D-DSF τη3588 T-DSF ωρα5610 N-DSF της3588 T-GSF νυκτος3571 N-GSF ελουσεν3068 V-AAI-3S απο575 PREP των3588 T-GPF πληγων4127 N-GPF και2532 CONJ εβαπτισθη907 V-API-3S αυτος846 P-NSM και2532 CONJ οι3588 T-NPM αυτου846 P-GSM παντες3956 A-NPM παραχρημα3916 ADV (34) αναγαγων321 V-2AAP-NSM τε5037 PRT αυτους846 P-APM εις1519 PREP τον3588 T-ASM οικον3624 N-ASM αυτου846 P-GSM παρεθηκεν3908 V-AAI-3S τραπεζαν5132 N-ASF και2532 CONJ ηγαλλιασατο21 V-ADI-3S πανοικι3832 ADV πεπιστευκως4100 V-RAP-NSM τω3588 T-DSM θεω2316 N-DSM [Hand 16:31-33: “Glo
in die Meester Jehushua Messiah en jy sal gered word, jy
en jou huisgesin... en hulle het aan hom die Woord van die JAHWEH
verkondig en aan almal wat in sy huis was... en hy is onmiddelik
gedoop, hy en al sy mense. “Jy
en jou huisgesin” in vers 31 beteken nie dat sy geloof ook sy huisgesin
sal red nie, hier beteken dit bloot: “dieselfde
geld vir jou huisgesin” (m.a.w. hulle
moet ook glo, dan sal hulle gered word. Weereens is die doop en die geloof tot bekering een. Jehushua se opdrag was dus weer reg
uitgevoer. ) ]
4. Hy het hom saam met sy hele huisgesin verheug. Hier is ook nie sprake van suigelinge wat die Woord gehoor en tot die geloof gekom het nie. Kan ‘n baba die Woord hoor en dan
op grond daarvan tot geloof kom? Al die vereistes vir die Doop is hier ook
teenwoordig nl. Eers glo en dan
gedoop word. Net dié wat geglo het, is gedoop
volgens Jehushua se opdrag. 4. Crispus, die
hoof van die sinagoge en sy huisgesin Hand 18:8 En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Meester geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop. § Crispus en sy hele huisgesin het in die Meester geglo en is daarna gedoop. § Hulle het die evangelie gehoor en gelowig geword § Nét die wat geglo het, is dus gedoop. § Eers glo en dan Doop. Was hier suigelinge of ongelowiges wat gedoop is? Jehushua se opdrag was dus hier ook weer reg uitgevoer. By ander geleenthede
is daar baie meer mense as in die geval van huishoudings gedoop. In ál
hierdie gevalle is Jehushua se
opdragte ook gehoorsaam uitgevoer. In Hand 8:5 – 12 lees ons dat Filippus die evangelie van Messiah in
‘n stad van Samaria verkondig het. Simon die towenaar was in hierdie stad.
Die bevolking, klein en groot, het
hom aangehang en was deur sy towerye verbyster. Dan lees ons in Hand 8:12 : “Maar toe hulle Filippus geglo
het, wat die evangelie aangaande
die koninkryk van Elohim en die Naam van Jehushua Messiah verkondig het,
is hulle gedoop, manne sowel as vroue.”
Jehushua se opdrag is nagekom: Die evangelie
is soos in al die ander gevalle verkondig,
die mense het geglo, die wat geglo het,
is gedoop. Hier word pertinent melding gemaak dat manne sowel as vroue
gedoop is. Die manne en vroue wat geglo het, is gedoop. Net groot mense wat
geglo het, is dus gedoop. Jehushua is
ook as voorbeeld vir ons gedoop as volwassene. Sy dissipels is ook groot
gedoop. Die apostels het tog die beste geweet hoe om Jehushua se opdragte uit
te voer en daarom moet ons, ons ook daarby hou. Geen mens het die reg om
Elohim se voorskrifte te verander of om ander so te leer en te verlei nie. In
al die bogenoemde gevalle was daar geloof
en bekering op die
Woordverkondiging, hulle het geglo
(dissipels geword) en is eers daarna
gedoop. Hulle is dus gedoop nadat hulle éérs geglo het. Vergelyk dit
ook met die gebeure tydens die eerste bekeerdes in Hand 2:37 – 41 nadat die
Heilige Gees uitgestort is. Ons moet Jehushua se
opdragte getrou volg en uitvoer. Ons mag nie die volgorde of enigiets daarvan
verander nie. Net dié wat geglo het, is gedoop. Wat kinders betref, móét hulle gedoop word as hulle aan
al hierdie vereistes voldoen. Jehushua
se opdrag geld vir hulle ook. Eers die evangelie hoor, in Jehushua glo, bekeer dan bely en dan gedoop
word. Mark
16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo
nie, sal veroordeel word. §
Uit Rom 6:4 en Kol 2:11 is
dit duidelik dat die Doop 'n identifikasie
of 'n vereenselwiging is met
Messiah in sy dood, sowel as met sy opstanding. §
Die Doop is ook 'n bewuste
besluit op grond van gehoorsaamheid (vgl. Hand 22:15-16) om net soos
Jehushua opgewek is, ook so in 'n nuwe lewe te wandel. §
Die Doop is 'n bede
tot 'n skoon gewete (1 Pet 3:21;
Luk 3:21) §
Dit is ook 'n bede
om jou denke te laat vernuwe
(Rom 6:4; 12:2; Ef 4:20-24; Tit 3:5).
§
Die Doop is ook 'n geloofsdaad
(Mark 16:16; Kol 2:11; Hand 8:37 ens.).
§
Geloof word bely
(Rom 10:9 – 11) na die hoor van die Woord (Rom 10:17)
(Mat 10:32; Luk 12:8; Hand 8:37; 22:16; 1 Joh 4:15). Dit is 'n belydenis van die reeds bestaande geloof (1 Tim
6:12). §
Dit is die bad
van die herskepping (Tit 3:5). §
Bewys van jou geloof
in Messiah en die bekleding met Messiah (Gal 3:26, 27) §
Die Doop is die antwoord
van gehoorsaamheid wat jy gee op
die reddende genade van Elohim en dit wat Hy reeds in jou lewe gedoen
het. §
Dit is 'n pertinente baken
in jou diens aan Elohim. Dit
spreek van wat reeds in jou lewe gebeur het. §
Die werking van die Heilige
Gees word ook met die Doop geassosieer (Hand 2:38; 1 Joh 5:5, 6; Joh
3:5 ens.). Hierdie fasette dui daarop dat al die elemente van
bekering in die Doop voorkom.
Trouens, die volle heil en alles
wat daarmee saamgaan, kan saamgevat word in die Doop. Volgens Hand 8 het Filippus die evangelie
van Jehushua aan die hofdienaar verkondig (vers 35), en hy het spontaan gevra
om gedoop te word. Die evangelie
sluit die Doop in (sien ook Heb 6:1, 2). Daarom, as iemand in die Handelinge-tydperk
gevra is: “Is jy gedoop?”, was dit net so goed jy vra: “Is jy 'n
Christen?” Daarom het Jehushua ook gesê: “Ek het 'n
doop om mee gedoop te word” (Luk 12:50; Mat 20:22; Mark 10:38). Hiermee het Hy verwys na sy hele lyde en
opstanding, en dus na sy volkome verlossingswerk. Die doop waarmee Hy gedoop word, is die beker wat Hy moes drink
(Mark 10:38). Dit dui op alles wat
deur die profete geskryf is en in Jehushua vervul is (Luk 18:31). Op ‘n meer praktiese vlak sou mens kon sê
dat die doopbad of waterbad die plek is waar jy in die openbaar bely dat jy jou liggaam aan Elohim gee as heilige en
lewende offer (Rom 12:1) en bely dat
jy die ou mens en ou sondige bestaan saam met Jehushua afgesterf het, en nou
in die nuwe lewe wil wandel en diensbaar wil wees in sy koninkryk, sodat Hy
jou kan gebruik net waar en hoe Hy wil (Rom 6:4-6). Dit is soos 'n waterskeiding.
Die Israeliete het deur die see gegaan en nooit weer teruggekyk na die
tyd van slawerny nie, maar het vasgehou aan Elohim se redding en verlossing
(1 Kor 10:1, 2). Dit is nie net 'n
stap van gehoorsaamheid nie, maar 'n verbintenis
(commitment) in jou diens tot
Elohim, waarin jy onderneem om saam met ander verlostes ‘n lewe van oorgawe
aan Elohim te lewe. Daarom is dit ook
‘n getuienis teenoor ander. Die Kerk sê: “Die doop het in die plek van die besnydenis gekom” (Hulle kan dit nêrens in die Bybel wys nie.) Elohim
se Woord sê: “Die besnydenis van die
hart het in die plek van die vleeslike besnydenis gekom.” Kol 2:11, 12
“in wie julle ook besny is met 'n
besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die
sondige vlees af te lê in die besnydenis van Messiah, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin
julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van Elohim
wat Hom uit die dode opgewek het. Want óns verwag deur die Gees uit die
geloof die geregtigheid waarop ons hoop.” Gal 5:6, 7 “Want in Messiah Jehushua het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk. Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? “ Gal 6:15 “Want in Messiah Jehushua het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar 'n nuwe skepsel.“ Die geestelike besnydenis kan net van toepassing wees op iemand wat die Woord kan hoor, dit met blydskap kan aanneem (glo), tot inkeer kom (bekeer), en daarna uit gehoorsaamheid hom/haar laat doop. Dit is alles handelinge wat van ‘n verstandig volwassene verwag word. Satan het die hele doop
sakrament gekaap deur die kerk sover te kry om van die Woord af te wyk. Satan
dring ook daarop aan dat babas so gou as moontlik gedoop moet word om hulle
aan die valse doop te onderwerp en in sy mag te kry. Satan wil daardeur verhoed dat mense
tot bekering sal kom en wedergebore word. Hulle kan nie die nodigheid daarvan
sien nie, want hulle is mos gedoop, gelowiges en kerkmense. So beroof die
duiwel mense van Elohim se doop deur die valse doop. Jehushua se opdrag is “doop” en nie
besprinkel nie. Maak eers dissipels en doop hulle dan. Hy wat glo en hom laat
doop, sal gered word. Net nog 'n paar gedagtes: §
Die bewering dat die Doop in die plek van die
besnydenis gekom het, is ongegrond en dus vals. Kyk na die tekste waarna
verwys word (Kol 2:11-12). Daar word nie na die vleeslike besnydenis verwys
nie, maar wel na die geestelike, dié van die hart. Elohim verkondig nêrens in
sy Woord dat die Doop in die plek van die besnydenis gekom het nie. Indien die Doop wel in die plek van die
besnydenis gekom het, sou die apostels dit gebruik het in hulle argument ter
verdediging waarom die besnydenis nie meer onderhou moet word nie (Hand 15:1
– 34; 21:18 – 29). §
Indien jy na Mat 3:11 en Mark 1:8 kyk hoe dit in
Grieks geskryf is, dan sien ons daar staan "in water" en nie
"met water" nie. §
"Baptizo" beteken ook om volledig nat te
maak; met vloeistof bedek. Dit is wat
doop beteken (Sien ook Joh 3:5; Hand 8:36-39; 1 Kor 6:11; Tit 3:5; Ef
5:26; Mat 3:16). §
Die Doop is ook nie die teken van die nuwe verbond
soos wat daar beweer word nie. Die Nagmaal is die teken van die nuwe verbond
of testament, die beker is die nuwe testament in Jehushua se
bloed (Mark 14:23, 24; Mat 26:27-28; Luk 22:20; 1 Kor 11:25). §
Uit die formulier van die kinderdoop:
"Dit betuig Petrus ook met woorde:
Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat
daar ver is, die wat die Here ons God na Hom sal roep." Hierdie
belofte is die belofte van die Heilige Gees (Hand 2:33, 38, 39). §
Die mens moet eers glo (bekeer) en bely en dan gedoop
word (Mat 3:6; Mark 1:4,5; Mark 16:16; Luk 3:3; 24:46-49; Hand 2:38-43;
8:37,38; 10:47; Joh 3:5). §
In Mat 28:19 is die opdrag van Jehushua: Eers dissipels maak, dan doop en dan leer om alles te onderhou wat Jehushua beveel het. “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word;
maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word” (Mark 16:16). Slot
In Markus 7:7-9 sê Jehushua: “Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van Elohim nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas… Julle verstaan dit goed om die gebod van Elohim opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.” Jehushua sê in Mat 15:6-9: “So het julle dan die gebod van Elohim kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” Hierdie
woorde wat Jehushua met die Fariseërs gespreek kan ewenwel van toepassing
gemaak word op die leer van besprinkeling en om babas te “doop”. Miskien het dit tyd geword dat die ge-ykte
tradisies deurbreek word (vgl. Kol 2:8) en dat daar opnuut gestreef word na
‘n lewe sonder kompromie – ‘n lewe wat ten alle koste na die waarheid soek. Elohim leer ons in sy Woord dat slegs diegene wat die boodskap gehoor en daarop reageer het dat Jehushua Messiah die prys vir hul sonde betaal het, in hul plek gesterf het en Hom bely as Verlosser en Saligmaker, die reg het om gedoop te word. Die Bybel leer dus dat die Doop slegs vir gelowiges bedoel is. Daarom staan die Doop bekend as die Doop van die Gelowiges. In Matthéüs 28:19 is Jehushua se opdrag duidelik: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees." Die volgorde is baie duidelik hier; eers dissipels en dan Doop. Die volgorde mag nie omgeruil word nie. Slegs diegene wat glo kan dissipels wees en dan gedoop word. Ons sien ook hierdie volgorde vanuit ander Bybelse voorbeelde. Johannes 4:1 "Die Fariseërs het gehoor dat Jehushua meer dissipels maak en doop as Johannes." Hier is die volgorde weer eens eers dissipels en dan Doop. So ook in Handelinge 8:12 "Toe hulle geglo het ... is hulle gedoop." Ook in Handelinge 18:8 het hulle eers geglo en is toe daarna gedoop. Die Doop is daarom net vir gelowiges. Jongmense sowel as volwassenes kan gedoop word en die enigste voorwaarde is dat hulle tot inkeer van hul sondes gekom het en wedergebore is deur geloof in Jehushua Messiah, dit wil sê dissipels van Jehushua. Markus 16:16 "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word." Vir eeue argumenteer mense al oor die metode of vorm van die Doop. In die eerste gemeentes in handelinge was net een metode van Doop erken, naamlik onderdompeling. Ons weet mos nou die woord ‘doop’ kom van die Griekse woord ‘baptizo’ wat letterlik ‘onderdompel' of ‘onder water sit', beteken. So ook tydens verskeie geleenthede in die Nuwe Testament, soos byvoorbeeld tydens die Doop van Jehushua lees ons: "En nadat Jehushua gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim" (Mat 3:16). So ook met die Doop van die hofdienaar in Hand. 8:38, 39 "En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. En toe hulle uit die water opklim, …" Johannes het naby Salim gedoop "omdat daar baie water was" (Joh 3:23). Omdat die Doop as simbool van begrawing en opstanding dien veronderstel dit Doop deur onderdompeling. "Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Messiah uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie" (Rom 6:4-6). Ook "omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop" (Kol. 2:12). Vanuit hierdie verse kan ons dus duidelik sien dat die Doop net deur onderdompeling mag geskied. Die Doop vorm deel van Jehushua se Groot Opdrag in Matthéüs 28:19. Hierdie goddelike opdrag is aan Jehushua se dissipels gegee. In die boek Handelinge sien ons hoedat hierdie opdrag in gehoorsaamheid tot uitvoering gebring is. Elke bekeerling was gedoop. Net gelowiges is gedoop. Dit is die wil van Jehushua Messiah dat elkeen wat tot geloof in Hom kom, Hom deur die Doop moet volg. Hulle moet Hom gehoorsaam, nie uit dwang nie, maar gewilliglik. Deur gedoop te word, is die gelowiges gehoorsaam aan die opdrag van Jehushua Messiah. Deur gedoop te word, wys die gelowiges dat hy/sy aan Jehushua Messiah behoort. Die Doop word beskrywe as "‘n uiterlike bewys van wat innerlik gebeur het". Deur die Doop wys die gelowige wat ander, andersins nie sou kon sien nie, naamlik dat sy geloof in Jehushua Messiah is. Hoe gewillig is jy om aan hierdie opdrag van die Meester Jehushua Messiah gehoorsaam te wees? Jehushua het gesê: "As julle My liefhet, bewaar my gebooie" (Joh 14:15). "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel" (Joh 15:14). Gewillige gehoorsaamheid aan
Jehushua sal jou diens aan Hom en geloof in Hom bevorder. Wanneer jy sy wil
ontdek en daaraan gehoorsaam is, sal dit groot vreugde bring in jou diens en
oorgawe aan Hom. "As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle
dit doen" (Joh 13:17). “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees Elohim en hou sy
gebooie; want dit geld vir alle mense. Want Elohim sal elke werk bring in die
gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg” (Spr. 12:13, 14). Hos 4:6 – “My volk gaan te gronde
weens gebrek aan kennis; omdat jy die
kennis verwerp het, sal Ek jou
verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die
wet van jou Elohim vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.” Die Doop: § Is ‘n teken van die vergiffenis en reiniging van ons sonde (Hand 2:38; 22:16). § Is ‘n uitwendige teken van ‘n inwendige vernuwing (Joh 3:3, 5; Rom 6:3, 4; Ef 5:26; Kol 2:12, 13; Tit 3:5 en 1 Kor 6:11). § Belydenis van sonde en bekering noodsaaklik voor die Doop mag plaasvind (Mat 3:6; Mark 1:5; Hand 2:38; Rom 6:2-4). § Die geloof is noodsaaklik voor die Doop (Hand 2:41; 8:12, 37; 18:8; 19:4, 5; Mark 16:16). § Daar is net een Doop (Ef 4:5; 1 Kor 12:13). Waarvoor wag jy? Bely en verkondig van nou af Elohim se Doop! What does the Greek word 'Baptizo'
really mean? The term Baptizo (baptizo) and its other forms are used 125 times in the New Testament.
Not one time are they translated anything like "sprinkle." They are either transliterated
"baptize" or "baptism" or else translated "dip"
as in Luke 16:24, John 13:26 and Revelation 19:13. Occasionally they are
translated "wash" as in Mark 7:4, 8 and Hebrews 9:10. Since they
are speaking about washing cups and pots, etc., this can only be understood in the sense of immersion. Below is a
small sampling of definitions for the word "baptizo" as found in
the Lexicons. 1) Bagster: "to dip; to immerse" 2) Bloomfield: "to immerse; to sink" 3) Bretschneider: "to dip or wash repeatedly: to
immerse into water, or submerge" 4) Bullinger: "to dip or dye; immerse" 5) Constantine: "immerse, submerge" 6) Cremer: "immerse, submerge" 7) Dawson: "to dip or immerse in water" 8) Donnegan: "to immerse repeatedly into a liquid,
to submerge; to sink" 9) Dunbar: "to dip, immerse, submerge, plunge, or
sink" 10) Ewing: "to cover with water or some other
liquid" 11) Green: "to dip, immerse" 12) Greenfield: "immerse; immerge; submerge;
sink" 13) Grimm: "dip repeatedly; immerge; submerge" 14) Groves: "to dip; immerse; cover with water" 15) Hendricks: "to plunge; immerse; cover with
water" 16) Jones: "plunge; dip; bury; overhelm" 17) Leigh: "the native and proper signification of
it is to dip into water, or to plunge under" 18) Liddell and Scott: "to dip in, or underneath
water" 19) Maltby: "immerse; to plunge; to immerse" 20) Norell: "plunge; immerse; cover with water" 21) Parkhurst: "to dip, immerse, or plunge in
water" 22) Pickering: "to dip, immerse, submerge; to
plunge, sink" 23) Robinson: "to immerse, to sink" 24) Robson: "immerse; sink" 25) Scapula: "to dip, or immerse" 26) Schleusner: "properly, to immerse, to dip in, to
dip into water, from Bapto, and corresponds to the Hebrew ‘tabal.’" II
Kings 5:14 27) Schrevelius: "to dip, immerse; wash;
cleanse" 28) Sophocles: "to dip; to immerse; to sink" 29) Stockieus: "generally, and by force of the word,
it has the notion of dipping in and immersing." 30) Thayer: "to dip repeatedly; to immerge; to
submerge" Bibliografie Van
Rensburg, JPJ 1953. ’n Eerste
Griekse Grammatika. Stellenbosch-Grahamstad: Universiteits-uitgewers en
-boekhandelaars (edms) beperk. |