<< Terug na Artikels

 

 

Die Heilige Name van ons Elohim en die Vader se Seun, ons Verlosser

 

Is dit vir ons vandag nog belangrik en noodsaaklik, om die korrekte Naam van die Elohim (God) van Abraham, Isak en Jakob, die Een waarin ons glo, te gebruik? Is dit nie voldoende indien ons Hom in gebed die Almagtige "God" noem nie? Maar amper al die ander op aarde doen dit ook. Ons het tog nie almal dieselfde God nie. Die ander gelowe het almal name vir hul gode. Die Moslems noem hul almagtige, Allah. Die Hindus het baie gode met elkeen sy eie naam, maar roep hul een god aan as "Lord (Here) Hare Krisjna" (my Sweet Lord) en Boeddhiste noem hul god "Lord (Here) Boeddha". Die Sataniste noem hulle god "Lord Satan". Die Allerhoogste Elohim leer ons in Miga 4:5 die volgende: “Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van JaHWeH onse Elohim vir ewig en altoos.” (sien ook 2 Kon 17:25-34)

As iemand jou vra wat jou aardse vader, jou pa, se naam is, sal jy antwoord: "Die meneer", of "meneer"? Nee, jy sal sê wat sy naam is.

Het jou God, wie jy aanbid en dien, ’n naam? Wat is die naam van jou God? Weet jy wat die Naam van die Allerhoogste Elohim is? Hierdie is presies die vraag wat die Allerhoogste Elohim ons vra in Spreuke 30:4 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ‘n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is Sy Naam? En hoe is die Naam van Sy Seun—as jy dit weet?

Dit behoort vir ons 'n duidelike aanduiding te wees dat beide JHWH ons Elohim en die Seun, Name het. Indien hulle wel name het, is dit dan nie belangrik vir ons om te weet wat daardie Name is en daardie Name te gebruik om Hulle te aanbid en te dien nie?  Ons kla bitterlik wanneer mense ons persoonlike name verkeerd uitspreek of spel, maar ‘dink’ JaHWeH ken ons hart en is van mening dat ons Hom maar mag aanroep en dien deur 'n vals titel en vals naam, terwyl Hy in Sy Woord sê hoe belangrik en heilig Sy Naam is.

 

Mense protesteer ook erg wanneer plekname soos ‘Pretoria’ en ‘Potchefstroom’ verander word, maar is tevrede dat die valse leraars ons Hemelse Elohim se Naam uit die Bybel verwyder het. Daar word aangevoer dat die Allerhoogste nie sal omgee dat Hy “die Here” genoem word nie. Of is sy Naam werklik vir Hom só belangrik? Is dit nie voldoende indien ons God net, "Vader" noem, soos sy Seun ons leer in die modelgebed, bekend as die ‘Onse Vader’ nie? Nie volgens Maleagi 1:6‘n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is My eer? En as Ek ‘n Meester is, waar is die vrees vir My?JaHWeH van die leërskare aan julle, o priesters, wat My Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons U Naam verag?

 

Ons almal gebruik Hebreeuse woorde soos Satan, Hallelujah (dit beteken: prys JAH, JaHWeH), Abba (Mar. 14:36); Mammon (Mat 6:24); Rabboni (Joh. 20:16); Hosanna, Getsémané, Golgota en Maranata (beteken: laat ons Regverdige Regter kom), Talíta koemi (Mar. 5:41); Éffata, dit is: Gaan oop! (Mar. 7:34) en nog ander voorbeelde ook.

Ons gebruik hierdie Hebreeuse woorde sonder moeite, maar sommige weier om die Naam (JHWH) JaHWeH te gebruik (JHWH beteken die Ewige) en Elohim (beteken die Almagtige) – “Elohim” is die titel van ons hemelse Elohim. Die woord ‘Vader’ is net soos 'God', 'meneer' of 'god', 'n titel en glad nie 'n naam nie. Satan se naam het nog nooit deur al die eeue verander nie. Waarom is die Allerhoogste Elohim en die Seun ons Messiah, se Name verander?

“Is die Naam van ons Almagtige Elohim “Here?”

Nee, sekerlik nie! Almal wat as predikante of pastoor geskool is, weet dat dit JAHWEH is. Hulle weet ook dat die Vader se Seun Jahshua is. Hoe is dit moontlik dat die Heilige Name uitvertaal is en dat dit selde, indien ooit, gebruik word? Die vraag is: Is ‘n eienaam vertaalbaar? Is u eie name vertaalbaar? Is “Pretoria” en “Johannesburg” vertaalbaar na ‘n totaal ander naam? Hoekom is ons Hemelse Elohim se Heilige Verbondsnaam uitvertaal en vervang? Die vyande van JAHWEH het die Naam 'JAHWEH' 7000 keer uit die Ou Testament van die Bybel verwyder en met die term “Here” vervang. Netso is die Naam van Jahshua uit die Bybel verwyder en met "Jesus" vervang.

 

Baälaanbidding vandag

As die meerderheid kerkgangers gevra word of hy betrokke is by Baälaanbidding, sal hy baie moontlik se: "NEE!" As gevra word watter God hy aanbid sal hy waarskynlik antwoord: Die "Here", "God" of dalk "Jesus". In sy oë en volgens sy oortuiging is hy glad nie betrokke in Baälaanbidding nie, maar hy is bedrieg. Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Messias (2 Korinthiërs 11:3). So 'n persoon sal moontlik se: "Prys die Here" en Sy Naam as "Here" gebruik in gebed sonder enige benul dat dit Baälverering is. Hy is sy hele lewe geleer om dit te doen.  Die bekende vertalings van die Bybel het hom laat verstaan dat dit reg is om "Here"' te sê in plaas van "JAHWEH". Dit word algemeen aanvaar dat die Christelike skrywers van die Nuwe Testament van die Bybel, Elohim se Eienaam en Heilige Naam vervang het met die woord "kurios" (die Here) in die Griekse skrifte. Dus aanvaar mense hierdie tradisie as die waarheid sonder verdere ondersoek. Die predikante het ons dan so geleer.

Op bladsy 58 in die Bybelse Ensiklopedie, word die volgende aangaande die woord, “Baäl”, verduidelik: “Baäl” beteken dan oorspronklik “heer”, nie in die sin van “besitter” nie, maar as ‘n aanspreekvorm wat die vereerder teenoor sy god gebruik het: Veral is hy as verpersoonliking van die son beskou. Een ding staan vas: Baäl was ‘n natuurgod.”

In sy mees verbloemde vorm val Satan die gemeente van Jahshua Messiah aan deur dit met die bemiddeling van valse profete, wat hulleself as gesante van Christus voordoen, binne te dring: “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Messiah. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie” (2 Kor. 11:13-15; vgl. Matt. 7:15 en 1 Joh. 4:1). Hulle saai verwarring en maak mense van Messiah afvallig (2 Kor. 11:2-4).

Die oorgrote meerderheid mense wat die naam "Here" aanroep in plaas van "JaHWeH", doen dit uit onkunde en omdat hulle mislei en verlei is. Hulle kan verskoon word as hulle nog nie die waarheid weet nie. As ons graag wil aanbid in "gees en waarheid" moet ons nie net aanvaar wat vir ons gesê word sonder verdere ondersoek nie (Johannes 4:24; 1 Petrus 1:18, 1 Johannes 4:1). As ons 'n god aanvaar wie se naam "die Here" is sonder om verder ondersoek in te stel, bedrieg ons nie onsself en volg 'n leuen nie? Dié wat die waarheid weet, het geen verskoning nie en sal geoordeel word!

So kan ons Baäl vereer, wat eintlik die duiwel is, want alle gebede wat geoffer word op die tafel van Baäl word in werklikheid aangebied vir die demone en nie die ware Elohim, JaHWeH, nie (1 Korinthiërs 10:20-22; 2 Korinthiërs 5:14-16).

Die woord "Baäl" beteken eenvoudig "here". Soortgelyk word die Engelse vertaling "Here" (Lord) gebruik. 'n Per­soon kan heer in sy eie huis wees of hy kan heer oor 'n groep wees. Ons moet nie bang wees om die woord te gebruik in die betekenisse soos hier-bo weergegee nie. Dit is geen aanbidding van 'n valse god of afgod nie. Die woord kan ook vertaal word as "meester" of "meneer". In Spaans (ook sommige ander tale) is daar net een woord vir "Here" en "Meester", naamlik "Senor".

Die vertaal van Eiename is ‘n groot probleem. ‘n Eienaam van ‘n persoon of plek kan tog nie vertaal word nie!! Met die ver-Grieksing van die nC-geskrifte, het dit wel deeglik gebeur, soveel so dat Koos nou Klaas geword het. Die grootste gruwel wat egter deur skrywers en vertalers gepleeg is, is dat die Heilige NAAM van ons Hemelse Elohim, JaHWeH en die Seun, Jahshua, totaal wegvertaal, vervals en vervang is met gruwelike name van heidense gode. Indien ons die naam van Piet Retief uit die geskiedenisboeke verwyder en met "Paul Roos" vervang, dat praat ons nie meer van dieselfde persoon nie.

Dit behoort die begeerte van enige Afrikaanssprekende kind van Elohim te wees om die Ware onvertaalbare en Heilige NAAM van ons Skepper in ‘n Afrikaanse Skrif terug te plaas. SY Naam is ‘n ewige herinnering aan HOM - (Exodus 3:15). SY Naam bring beskerming vir die een wat HOM by SY Naam aanroep – (Psalm 91:14).

Selfs Totius, die mede-vertaler aan die 1933-Bybel, het hewig beswaar aangeteken toe die destydse vertalingskomitee nie sy aanbevelings wou aanvaar om hierdie ware Hebreeuse Eiename in te sluit nie.

Ons het dan nou by die kern van die saak gekom, naamlik ons Hemelse Elohim se Heilige Naam, Sy Verbondsnaam, Sy Gedenknaam vir ewig, asook die Naam van die Seun, die Gesalfde, ons Losser en Verlosser. Die mense is boos oor “Pretoria”, “Potchefstroom” en ander plekname wat verander word, maar die predikante leer die mense dat dit reg is om Elohim se Heilige Naam met “Baäl” (Here) te vervang.

Dit is verloëning om die woord "Here" (Spaans "El Senor") op so 'n wyse te gebruik deur dit die eienaam van Elohim te maak. Daar was ook 'n spesifieke Kanaänitiese god wat "hab-Baäl" genoem is, dit is "Here". Dit is wanneer "Here" in die sin gebruik word of as 'n plaasvervanger vir Elohim se Heilige Naam “JaHWeH”, dat dit 'n element van valse aanbidding word en ‘n miskenning en verwerping van Elohim se Heilige Naam.

Hier volg 'n paar tekste wat wys hoe JAHWEH voel oor die aanbidding van afgode: Exodus 20:2-5: "Ek is JAHWEH jou Elohim wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig he nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH jou Elohim, is 'n jaloerse Elohim wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;"

Exodus 34:11-14: "Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie. Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want JaHWeH se Naam is Jaloers - 'n jaloerse Elohim is Hy."

Deuteronomium 4:25, 26:   "As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle 'n gesnede beeld maak, 'n gelykenis van enigiets, en doen wat verkeerd is in die oë van JaHWeH jou Elohim om Horn te terg, dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuienis teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word."

Tog se die Bybel dat die Israeliete deel gehad het aan die aanbidding van afgode in die land waarin hulle gewoon het. Tussen hierdie gode is daar 'n naam wat telkens weer na vore kom en dit is "Baal" of "Here".

Aangaande   die   feit      die "Theological Workbook of the Old Testament": Dwarsdeur die tydperk van die Rigters het Israel horn oorgegee aan die aansteeklike kultus (Rigters 2:11 en 6:25) en moes van die tragiese omstandighede gered word deur Jah­weh se rigters. Gedurende die tydperk van Agab, die seun van Omri, het Baälaanbidding die amptelike geloof van die Noordelike Ryk geword (1 Konings 16:31). Leah Bronner het oortuigende argumente dat Israel se wonderwerke tydens die tyd van Elia en Elisa gedien het as 'n stryd (polemiek) tussen Elohim en die magte toegeskryf aan hierdie heidense natuurgod, naamlik: vuur (1 Konings 18:17; 2 Konings 1:9-16), reën (1 Konings 17:1; 18:41-46), voedsel (1 Konings 17:1-6, 8-16; 2 Konings 4:Iff), kinders (2 Konings 4:14-17), opwekking (I Konings 17:17-23; 2 Konings 4:18-37; 13:20-22 - The Stories of Elijah and Elisha as Polemics Against Baäl Wor­ship, Leiden, 1968)

Hulle wonderwerke het egter nie die land skoongemaak van die lae kultus nie en dit het gelei tot die ballingskap van die Noordelike Ryk (Hosea). Hier­die kultus het ook die Suidelike Ryk binnegedring (2 Konings 11:18; 21:2) en ten spyte van Josia se hervorming (2 Konings 23:4ff) het dit gelei tot die Ryk se ballingskap. (Esegiël 16:23)  Die Hosea-gesprek beskryf hoe Israel, wat geskenke van graan en olie van JaHWeH ontvang het, dit gebruik het in die aanbidding van Baäl (Hosea 2:8)

Hierdie god wat Baäl genoem is, is later Tammus genoem. Tammus- (of Baäl) aanbidding was sterk verbind met die kruis, die boom en sonaanbidding.   (Sien "Restoration Light Publication no 37: Cross or Impale­ment?") Hierdie aanbidding is nog steeds aan die gang onder die meeste tradisionele Christelike groepe in die vorm van die kruis, die kersboom, heilige kranse en Paasfees.

Dit is uiters belangrik om die Elohim wat ons aanbid te identifiseer, want dat daar baie gode is wat aanbid kan word, is ook verseker. In Jeremia 23:13 staan: “Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel;” Dit het presies so gebeur, want ons mense noem Hom “Here” wat “Baäl” beteken (“Lord” in Engels) instede van JaHWeH, en so het Sy Naam onbekend en vergete geraak en word ‘n afgod gedien. Die skrikwekkende is wanneer “Baäl” vertaal word, dit in wese “Here” of “Heer” is. Die belangrike vraag is: Is dit dan Baäl wat die predikers verkondig of is dit JaHWeH wat hulle verkondig? Hoekom is Sy Heilige Naam met “Heer” of “Here” vervang? Baie duidelik staan daar in Deuteronomium 18:5 en 7 dat die Leviete moes diens doen in die Naam van JaHWeH en dit is wat die predikers nie meer doen nie.

Eseg. 39:7 “En Ek sal my Heilige Naam bekend maak onder My volk Israel en sal my Heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek JaHWeH is, die Heilige in Israel.”

 Ex 9:16  “…maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou My krag kan toon, en dat hulle My Naam op die hele aarde kan verkondig. Dit is juis dit wat die “hullenie doen nie, in die plek van Sy Naam verkondig hulle “Here” wat “Baäl” beteken.

Ps 20:2 “Mag JaHWeH u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die Elohim van Jakob u beskerm!

Ps 91:14Omdat hy My liefhet, sê Elohim, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My Naam ken.”

Ex 3:15 “Toe sê Elohim verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: JaHWeH, die Elohim van julle vaders, die Elohim van Abraham, die Elohim van Isak en die Elohim van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is My Naam vir ewig, en dit is My Gedenknaam van geslag tot geslag.” “Gedenknaam” beteken dat wanneer ons aan Hom dink, ons aan Sy Naam as “JaHWeH” moet dink en nie as Here” nie.

Kyk nou na Exodus 20:7, naamlik: Jy mag die Naam van die Here jou Elohim nie ydellik gebruik nie, want die een wat Sy Naam ydellik gebruik sal nie ongestraf bly nie.”

Daar staan in die Hebreeus “eet asêr jissā êt-semo lassav”. Direk vertaal soos volg: “wat wegneem”, (dit-die) Sy Naam tot vernietiging bring. “Eet” en “êt” in die Hebreeus, toon die voorwerp aan wat iets aan gedoen moet word, byvoorbeeld, Génesis 1:1 lees direk vertaal soos volg: In die begin het Hy geskape, Elohim dit (êt) die hemelliggame en dit (we-eet) die aarde.” Daar staan in die Hebreeus van Exodus 20:7 die volgende: “Jy mag die Naam van JaHWeH jou Elohim nie wegneem tot vernietiging (tot die nietigheid of vergetelheid) nie, want die een wat Sy Naam  wegneem tot vergetelheid  (vernietiging) sal nie ongestraf bly nie.” Hierdie vertaling pas in die konteks van die WOORD, terwyl “ydel gebruik”, nie in die res van die Woord ondersteun word nie. Die vraag is, kan diegene, dit wil sê vertalers sowel as predikers wat die Heilige NAAM verberg, in die koninkryk van JaHWeH kom?

Ex  20:7  “You do not bring the Name of YHWH your Elohim to naught, for YHWH does not leave the one unpunished who brings His Name to naught (The Scriptures).     

Die argument dat die Heilige Naam nie gebruik mag word nie, stort in duie as mens dink dat “JAH” die verkorting is van JaHWeH en dat soveel name soos Jesaja, Elia selfs Sonja en ander name, juis daardie verkorting in het en ‘n vernoeming is na JaHWeH. Jahshua is ook weer ‘n samestelling van Sy Naam, want “shua” beteken “red”.  “JAH RED”, is ons Verlosser se naam.

Sodra 'n dissipel van die Messias die waarheid aangaande hierdie dinge ontdek het, moet hy of sy onmiddellik alle vorme van Baälaanbidding uit sy lewe verwyder! Openbaring 18:4: "Gaan uit haar uit my volk ..." Ja, gaan uit alle tipes van aanbidding wat die Satan behaag.

 

Die Heilige Naam in die Nuwe Testament.

 

Om terug te keer na die Naam van Elohim, party mense sê dat aangesien die Nuwe Testament Elohim se Naam in Grieks vertaal as "Kurios" wat ook beteken "Here", ons dieselfde moet doen. Tog dui getuienis daarop dat die Nuwe Testament Bybelskrywers nie Elohim se naam vervang het met "Kurios"("Here") nie. Aldus die mening van mnr. George Howard, mede-professor van Godsdiens en Hebreeus aan die Universiteit van Georgia:

"In 1944 het W.G. Waddell die oorblyfsels ontdek van 'n Egiptiese papirusrol (Papyrus Fuad 266) wat gedateer is in die eerste of tweede eeu voor Christus en het deel van die Septuagint ingesluit. In geen geval is JHWH vertaal as "Kurios" nie. In plaas daarvan is die Tetragrammaton self in vierkantige Aramese letters in die Griekse teks ingeskryf. Dit staan gelyk aan die Qumram Verbonders se gebruik van die "paleo" - Hebreeuse skrywes vir die Heilige Naam in 'n dokument wat andersins geskryf is in vierkantige Aramese skrif.

Die Heidense Christene, anders as Hebreeuse Christene het geen tradisionele verbintenis met die He­breeuse Tetragrammaton gehad nie en sonder twyfel dit nie eers altyd beset nie. Nie-Hebreeuse skrywers wat nog nooit tevore Hebreeuse skrif gesien het nie (veral in sy argaïese vorm) kon onmoontlik die Heilige Naam bewaar het. Miskien het dit bygedra tot die gebruik van "kurios" en "theos" vir die Tetragrammaton. Dus, teen die einde van die eerste Christelike eeu het die gebruik van plaasvervangers soos "kurios" en "theos" en hulle byvoegings daartoe bygedra dat die Hebreeuse Tetra­grammaton in beide Testamente verwyder is.

Daarom sê ons dat die Christen Bybelskrywers wel die Heilige Naam gebruik het in hul geskrifte in sy Hebreeuse vorm. As ons anders glo, beteken dit dat ons glo dat ons Verlosser en die Apostels in die naam van 'n god genaamd "kurios" gekom het en nie in die Naam van JaHWeH en Jahshua nie. Volgens die Hebreeuse geskrifte, as dit so was, sou ons al die Christengeskrifte moes verwerp as boodskappe van 'n valse god. Deuteronomium 18:20:   "Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in My Naam te spreek wat ek horn nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, die profeet moet sterwe."

Ons kry vandag baie mense wat daarop aanspraak maak dat hulle profete is wat kom in die naam van die "Here". Maar ons kan hulle uitken as nie-gestuurdes deur die ware Elohim, JaHWeH. 'n Ware profeet sal in die Naam van JaHWeH kom en nie in die naam van 'n god wat "Here" genoem word nie.

Roep al die mense wat aanbid in die Naam van "die Here" of "Jehovah" dan 'n valse god aan? Ja en nee. Ons moet onthou dat ons ver weg is van die eerste eeu af, en die Satan het 'n groot misleiding veroorsaak, sodat selfs die dienaars van die Almagtige nie sal weet wat om te doen nie (Lukas 12:46-48). Elkeen is verantwoordelik vir dit wat aan hom gegee is (Lukas 12:48). Dus moet ons verwag, ten minste aan die begin van die finale oes, dat die meeste van die Messias se die­naars nie die belangrikheid van die gebruik van die Heilige Name insien en so die gebruik van die naam van 'n vals god teëstaan nie. Maar soos die boodskap deur die wêreld gaan, moet ons verwag dat die Heilige Gees die gebruik van die Heilige Naam op die harte van hulle wat werklik aan Horn behoort sal lê, sodat hulle die ware boodskap hoor.

Hoe sal ons dan die Naam van Skepper vereer? Verseker nie met die plaasvervanger "Here" as Naam nie.

Tog moet almal wat waarlik wil aanbid in gees en waarheid dadelik begin om die naam van "Baälim" te verwyder uit hulle monde. (Joh. 4:23, 24; Hosea 2:17) Daarom, liefdevolle kinders van JaHWeH, moet ons die begeerte het om "JaHWeH te loof" en nie "die Here (Baa/)" te loof nie. Psalm 111:1-5; 150:6. Deur JaHWeH te prys behoort dit ons nader aan Hom en aan mekaar te bring.   Ons besef dat almal wat hierdie wêreld liefhet, insluitende almal wat die gewilde tradisies van mense liefhet, op die punt staan om vernietig te word en dit laat alleen die agter wat onder die Bloed van die Messias staan - Mattheus 24:37-42; Openbaring 7:13,14; Sefánja 2:2, 3.

Na die vernietiging van Satan se koninkryk en JaHWeH se Koninkryk in totaliteit oorgeneem het, sal almal wat dood is, voor die regterstoel verskyn (met uitsondering van die mederegeerders van Jahshua Messiah, wat alreeds opgewek is -Romeine 8:17; Openbaring 20:4) om geoordeel  te  word  deur  die Regverdige Regter, Jahshua. (Openbaring 20:12). As gevolg daarvan sal "baie volke” heengaan en se: Kom laat ons optrek na die berg van JaHWeH, na die huis van die Elohim van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in Sy paaie kan wandel." (Jes. 2:3). Die woorde wat in Psalm 83:18 staan sal dan volbring word in die wat vernietig is soos daar in Psalm 83:19 staan: "sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam JaHWeH is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde."

Hand 4:12  “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander Naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Openbaring 3:8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my Woord bewaar en My Naam nie verloën nie.

Waar kry die mens die reg om die Almagtige Elohim se Heilige Naam te vervyder en te verander?

Dit is ’n verloëning van Sy ware Naam!