<< Terug na Artikels

 

DIE KRUIS IS DUIWELS

 

 

Van kleins af vertel die kerk vir ons dat "Jesus Christus" aan 'n "kruis" vasgenael was.

 

Het Jehushua die ware Messias regtig aan 'n kruis gesterwe?

 

Bybelstudie m.b.v. Konkordansies en die oorspronklike Skrifte dui eerder aan dat Jehushua NIE aan 'n kruis gesterf het nie, maar wel aan 'n eenvoudige en reguit hout paal.

 

Babiloniese invloede en die daaropvolgende opsetlike verkeerde vertalings gepleeg deur die Rooms-Katolieke Kerk (die Moeder-Hoerkerk / Baälkerk), het daarvoor gesorg dat die woord "kruis" in die plek van "paal" of "hout" gebruik word.

 

Die Babiloniese tradisie van die kruis het natuurlik by die dogter-hoerkerke bly voortleef, sodat ons vandag met hierdie gruwelike Babiloniese oorlewerings sit.

 

Die kruis is maar net een van baie Babiloniese erfenisse, en die sogenaamde "Heilige, Algemene, Christelike Kerke" is vervuil met Babiloniese erfenisse.

 

Wat is 'n "Kruis"?

 

'n Kruis bestaan uit twee dele, nl 'n langer vertikale reguit paal en 'n korter horisontale paal - wat (op sy senter) die vertikale paal (twee-derdes van bo) reg-hoekig kruis.

 

AAN 'N REGUIT PAAL OPHANG

 

Die geskiedenis van die Ou Testament leer vir ons dat hulle die oortreders aan 'n reguit hout paal opgehang het, en nie aan 'n kruis nie:

 

Gen. 40:19: "Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef - hy sal jou aan 'n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik."

 

(ASV) "within yet three days shall Pharaoh lift up thy head from off thee, and shall hang thee on a tree; and the birds shall eat thy flesh from off thee."

 

In Deuteronomium word hierdie metode en prinsiep verduidelik met die spesifieke wet wat Elohim daarvoor ingestel het. Hierdie wet was slegs aan die volk Israel gegee en was ook deur die Israeliete onderhou en gehoorsaam. Met Jehushua Messiah se teregstelling was hierdie spesifieke wet óók tot die letter toe gehoorsaam. Hier volg daardie wet:

 

Deut. 21:22-23 : "En as in iemand 'n sonde is wat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan 'n paal ophang, dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur Elohim vervloek. En jy mag jou land wat JEHUAH jou Elohim jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie."

 

(ASV) "And if a man have committed a sin worthy of death, and he be put to death, and thou hang him on a tree; his body shall not remain all night upon the tree, but thou shalt surely bury him the same day; for he that is hanged is accursed of Elohim; that thou defile not thy land which Jehovah thy Elohim giveth thee for an inheritance."

En hier was daardie wet óók tot op die letter uitgevoer :

 

Jos. 8: 9 : "En die koning van Ai het hy aan 'n paal opgehang tot die aand toe; maar teen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is." (ASV) "And the king of Ai he hanged on a tree until the eventide : and at the going down of the sun Joshua commanded, and they took his body down from the tree, and cast it at the entrance of the gate of the city, and raised thereon a great heap of stones, unto this day."

 

Strong's vir "paal" (tree):

 

H6086 : ates

 

From H6095; a tree (from its firmness); hence wood (plural sticks) : carpenter, gallows, helve, pine, plank, staff, stalk, stick, stock, timber, tree, wood.

 

Jehushua Messiah was óók volgens daardie wet van Deut. 21 tereggestel:

 

Matt. 27:57-60 : "En toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jehushua was. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jehushua gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word. En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan."

 

DIE WOORD "PAAL" (TREE) WAS VERKEERDELIK VERTAAL NA "KRUIS"

 

Matt. 27:32 : "En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra."

 

Die oorspronklike Grieks lui "Reguit Paal":

 

Strong's vir "kruis":

 

G4716 : stauros ('stow-ros')

 

From the base of G2476; a stake or post (as set upright), that is, (specifically) a pole (as an instrument of capital punishment).

 

In Galasiërs word daar ook verwys na die spesifieke wet van Deut. 21:

 

Dit wil voorkom asof die Rooms-Katolieke vertalers (vervalsers) 'n 'ligte mistykie' begaan het toe hulle soms vergeet het om die woord "hout" (tree) met "kruis" te vertaal :

 

Gal. 3:13 : "Messiah het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word-want daar is geskrywe : Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang - ..."

 

(ASV) "Christ redeemed us from the curse of the law, having become a curse for us; for it is written, Cursed is every one that hangeth on a tree..."

 

Strongs vir "hout" (tree):

 

G3586 : xulon (xoo'-lon)

 

From another form of the base of G3582; timber (as fuel or material); by implication a stick, club or tree or other wooden article or substance: - staff, stocks, tree, wood.

 

Die volgende vertalings wys ook die oorspronklike "hanged on a tree”:

 

In die oorspronklike Grieks is die woord vir "tree" ook xulon, soos hierbo weergegee deur Strong's. Sekere vertalings het egter verkeerdelik by die Rooms-Katolieke vertaling van "kruis" behou.

 

Handelinge 5: 30 (tree = xulon):

 

(ALT) The God of our fathers raised up Jesus, whom you murdered, having hanged on a tree.

 

(AOV) Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan 'n kruishout te hang.

 

(ASV) The God of our fathers raised up Jesus, whom ye slew, hanging him on a tree.

 

(DSV) De God onzer vaderen heeft Jezus opgewekt, Welken gij omgebracht hebt, hangende Hem aan het hout.

 

(ESV) The God of our fathers raised Jesus, whom you killed by hanging him on a tree.

 

(KJV) The God of our fathers raised up Jesus, whom ye slew and hanged on a tree.

 

(LITV) The God of our fathers raised up Jesus, whom you seized, hanging Him on a tree.

 

(YLT) and the God of our fathers did raise up Jesus, whom ye slew, having hanged upon a tree;

 

Handelinge 10: 39 (tree = xulon):

 

(ALT) And we are witnesses of all which He did, both in the country of the Jews and in Jerusalem; whom they also executed, having hanged Him on a tree.

 

(AOV) En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan 'n kruishout op te hang.

 

(ASV) And we are witnesses of all things which he did both in the country of the Jews, and in Jerusalem; whom also they slew, hanging him on a tree.

 

(DSV) En wij zijn getuigen van al hetgeen Hij gedaan heeft, beide in het Joodse land en te Jeruzalem; Welken zij gedood hebben, Hem hangende aan het hout.

 

(ESV) And we are witnesses of all that he did both in the country of the Jews and in Jerusalem. They put him to death by hanging him on a tree,

 

(KJV) And we are witnesses of all things which he did both in the land of the Jews, and in Jerusalem; whom they slew and hanged on a tree :

 

(LITV) And we are witnesses of all things which He did, both in the country of the Jews, and in Jerusalem. They did away with Him, hanging Him on a tree.

 

(YLT) and we - we are witnesses of all things that he did, both in the country of the Jews, and in Jerusalem, - whom they did slay, having hanged upon a tree.

 

Handelinge 13:29 (tree = xulon) :

 

(ALT) Now when they fulfilled all the [things] having been written concerning Him, having taken [Him] down from the tree, they laid Him in a tomb.

 

(AOV) En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in 'n graf neergelê.

 

(ASV) And when they had fulfilled all things that were written of him, they took him down from the tree, and laid him in a tomb.

 

(DSV) En als zij alles volbracht hadden, wat van Hem geschreven was, namen zij Hem af van het hout, en legden Hem in het graf.

 

(ESV) And when they had carried out all that was written of him, they took him down from the tree and laid him in a tomb.

 

(KJV) And when they had fulfilled all that was written of him, they took him down from the tree, and laid him in a sepulchre.

 

(LITV) And when they finished all the things having been written concerning Him, taking Him down from the tree, they laid Him in a tomb.

 

(YLT) and when they did complete all the things written about him, having taken him down from the tree, they laid him in a tomb;

 

1 Petrus 2:24 (tree = Xulon) :

 

(ALT) who Himself carried our sins in His body on the tree, so that having died to sins, we shall live to righteousness; of whom by His wounds you were healed. [Isaiah 53: 5].

 

(AOV) wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

 

(ASV) who his own self bare our sins in his body upon the tree, that we, having died unto sins, might live unto righteousness; by whose stripes ye were healed.

 

(DSV) Die Zelf onze zonden in Zijn lichaam gedragen heeft op het hout; opdat wij, der zonden afgestorven zijnde, der gerechtigheid leven zouden; door Wiens striemen gij genezen zijt.

 

(ESV) He himself bore our sins in his body on the tree, that we might die to sin and live to righteousness. By his wounds you have been healed.

 

(KJV) Who his own self bare our sins in his own body on the tree, that we, being dead to sins, should live unto righteousness : by whose stripes ye were healed.

 

(LITV) who "Himself carried up in His body our sins" onto the tree; that dying to sins, we might live to righteousness, of whom "by His wound you were healed."

 

(YLT) who our sins himself did bear in his body, upon the tree, that to the sins having died, to the righteousness we may live; by whose stripes ye were healed,

 

Gevolgtrekking :

 

Die Messias het aan 'n reguit hout paal gesterwe en nie aan 'n Babiloniese kruis nie.

 

BABILON : DIE OORSPRONG VAN DIE KRUIS

 

Die kruis (kruisteken) bestaan reeds baie lank voor Jehushua Messiah en die Christelike godsdiens. Dit was 'n heidense afgodsteken wat oorspronklik van Babilon afkomstig is.

 

Die ou Egiptiese beskawing het die kruisteken (die "Ankh") as besitting gehad, en hier volg 'n beskrywing daarvan : "Ankh -- A cross shaped like a T with a loop at the top, especially as used in ancient Egypt as a symbol of life. Also called ansate cross." (The American Heritage Dictionary of the English Language, Fourth Edition).

 

Nimrod was die seun van Kus. Nimrod was die stigter van Babel (Gen. 10: 10). Babel was die oorsprong van al die verskillende Babilonies godsdienste (Baäl godsdienste). Kus se vrou se naam was Semiramis. Kus en Semiramis het vir Nimrod voortgebring. Semiramis was 'n baie losbandige vrou. Sy en haar seun Nimrod het gemeenskap gehad en vir Tammus voortgebring.

 

Semiramis het verklaar dat Nimrod die songod, nl Baäl is, en (nadat Nimrod dood was) dat Tammus die re-inkarnasie van sy pa Nimrod was. Semiramis het ook verklaar dat sy die koningin van die hemel is. Nimrod, Semiramis en Tammus, het dus almal gode-status verkry.

 

Eseg. 8:14 : "Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween."

 

Tammus se naam was beskou as 'n heilige naam, en die eerste letter van sy naam, nl die T, het 'n afgodsteken (teken van aanbidding) geword, wat bekend gestaan het as die mistieke Tau. Hierdie T was geskryf in die gebroke vorm en het die vorm van 'n kruis aangeneem. - Dit was die ontstaan van die kruis, 'n Babiloniese afgodsteken.

 

DIE ROOMS-KATOLIEKE KERK: ERFENIS VAN BABILON

 

Toe die magtige Romeinse ryk begin val het, het Konstantyn (Flavius Valerius Constantinus, gebore 280 NC) die troon bestyg. Konstantyn het die afgode van Babilon (Baäl) aanbid.

 

Konstantyn was ook deur 'n ander Romeinse Generaal, nl Maxentius, uitgedaag om besit van die troon. Tydens daardie veldslag met Maxentius het die Satan vir Konstantyn die kruisteken (die Egiptiese Ankh), met die onderstaande woorde: "In this sign you will conquer", in die lug gewys.

 

Net daar het Konstantyn 'n sogenaamde "christen" geword, en die kruisteken op al sy manskappe se skilde laat verf. Konstantyn het die Romeinse regering oorgeneem en die Edik van Milan uitgevaardig (313 NC), wat verdere verdraagsaamheid en aanvaarding van die Christene bepleit het.

 

Hy het ook al sy troepe onmiddelik laat "doop", en Konstantyn het die status verkry van die eerste "Summus Pontifex" - die eerste offisiële titel van die Pous. Konstantyn was die eerste Pous.

 

Konstantyn het toe al die tekens, rituele en simbole van die Babiloniese Baälgodsdienste in sy nuut-gestigte "christelike godsdiens" (die Rooms-Katolieke Kerk) ingevoer, - tekens en simbole soos die kruis, die moeder-en-seun (moeder Maria), kersfees (25 Desember - die songod aanbiddingsdag), die kersboom, paasfees, die paashaas en paaseiers (opgedra aan die afgod Ishtar), en Babiloniese argitektuur, - soos kerke wat ontwerp is (tot vandag toe) ooreenkomstig falliese tekens [die kerkgebou met sy toring is simbolies van die skrotum (die gebou) en die penis (die toring)], wat dien as simbole tot eer van die vrugbaarheidsgodin. Vieslike en vuile afgodediens.

 

Die herkoms van die Kruis (Bronne):

 

"The ancient Egyptian hieroglyphic symbol of life -- the ankh, a tau cross surmounted by a loop and known as crux ansata -- was adopted and extensively used on Coptic Christian monuments." (The New Encyclopaedia Britannica, 15th edition, 1995, volume 3, page 753).

 

"A still more curious fact may be mentioned respecting this hieroglyphical character [the Tau], that the early Christians of Egypt adopted it [...] numerous inscriptions, headed by the Tau, are preserved to the present day on early Christian monuments." (Wilkinson's Egyptians, by Sir J. G. Wilkinson, volume 5, page 283-284).

 

"That which is now called the Christian cross was originally no Christian emblem at all, but was the mystic Tau of the Chaldeans and Egyptians -- the true original form of the letter T -- the initial of the name of Tammuz [...] That mystic Tau was marked in baptism on the foreheads of those initiated in the Mysteries, and was used in every variety of way as a most sacred symbol. [...] The Vestal virgins of Pagan Rome wore it suspended from their necklaces, as the nuns do now.

 

The Egyptians did the same [...] There is hardly a Pagan tribe where the cross has not been found. The cross was worshipped by the Pagan Celts long before the incarnation and death of Yahshua Messiah." ("The Two Babylons", by Alexander Hislop, pages 197-199).

 

Die kruis is dus 'n heidense (satanistiese / okkultiese) simbool.

<< Terug na Artikels