Plek van die Vrou in die Gemeente

Oor die plek van die vrou in die gemeente word daar vandag hewig verskil. Die agtergrond hiervan moet gesoek word in humanisme, menseregte, vroueregte en die feministiese beweging se oortuiging dat die vrou haar regmatige plek ontsê word en dat die stryd vir die emansipasie van die vrou ook in die kerk gevoer moet word. In so 'n mate het dié stryd die kerk beïnvloed dat dikwels selfs gevestigde waarhede oorboord gegooi is en Bybelse standpunte wat deur eeue heen vasgestaan het, ter wille van hierdie aangepaste sienings oor die vrou prysgegee is. God se regte moet plek maak vir menseregte en mensgemaakte godsdiens. In die stryd rondom die plek van die vrou, het die kerk daarmee geswig voor die opmars van feminisme en al die ander bose invloede wat deur verskillende organisasies uitgeoefen is. Daarin moet die aanslag van die duiwel en sy bose magte raakgesien word. Soos dikwels in die verlede, is ook dit 'n poging om God se skeppingsorde en doel van sy kinders op aarde asook Sy orde vir Sy gemeente omver te werp.

God is 'n God van orde. Satan is die koning van wanorde en chaos. Hierdie misleiding en verleiding is verder gevoer deur die Baälpriesters en valse leraars in die kerke. 1 Kor. 2:14-16 “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid , en hy kan dit nie verstaan nie , omdat dit geestelik beoordeel word. (15) Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. (16) Want wie het die sin van die Allerhoogste geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van HaMessiah.”

God sal nie roeping van leraar, ouderling of diaken aan ‘n vrou opdra nie. In die tyd van die apostels was daar nie predikante soos ons dit vandag ken nie. Hulle het ouderlinge of opsieners, wat die gawe van die Heilige Gees ontvang het, aangestel om die gemeente te leer en die Woord te verkondig. God skryf sekere vereistes voor vir hierdie ampte in die gemeente. Een van hierdie vereistes is dat dit ‘n man moet wees, maar dan ook nie enige man nie . Die Baälpriesters en valse leraars vermy hierdie voorskrifte van God of verswyg dit. Kom ons kyk nou wat beveel God in sy Woord hieroor.

In 1 Tim 3:1-7 en 9 sê God die volgende:

1Tim 3:1-7 Dit is 'n betroubare woord: as iemand na 'n opsienersamp verlang, begeer hy 'n voortreflike werk . (2) 'n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou , nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig; (3) geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie; (4) een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. (5) Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra? (6) Hy moet nie 'n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie. (7) Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.

1Tim 3:9 manne wat die verborgenheid van die geloof in 'n rein gewete hou.

2Tim 2:1-2 Jy dan, my seun , wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is; (2) en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer .

Tit 1:5-9 Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het-- (6) as iemand onberispelik is , die man van een vrou , gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie. (7) Want 'n opsiener moet as 'n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie; (8) maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers; (9) een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is , sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê .

Hand 1:20-26 Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem. (21) Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in--en uitgegaan het, (22) van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is-- van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding. (23) En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías. (24) En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het (25) om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek. (26) Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.

Hand 14:23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies , en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

Hand 15:2-23 Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog 'n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk. (3) En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf. (4) En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het. (5) Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. (6) En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek. (7) En toe daar 'n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders , julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. (8) En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. (9) En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. (10) Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels 'n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie? (11) Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook. (12) En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het. (13) En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders , luister na my! (14) Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. (15) En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: (16) Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, (17) sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. (18) Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend. (19) Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, (20) maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed. (21) Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word. (22) Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was . (23) En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!

1Kor 14:32-37 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; (33) want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede , soos in al die gemeentes van die heiliges. (34) Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê. (35) Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek . (36) Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom? (37) As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

God sal nooit teen sy eie voorskrifte en bevele optree nie. As dit dan nie God is wat hierdie vroue geroep en aangestel het nie, dan is dit Satan!

 

DIE AANSTELLING VAN DIE VROU IN DIE SPESIFIEKE AMP VAN LERAAR

Die Vrou op die Kansel (uit “Quo Vadis?”, deur Dr Willie Marais)

Met die koms van Jesus van Nasaret het daar vir die vrou ‘n nuwe era aangebreek. Waar sy voorheen byna niks meer as net die besitting van die man was nie en onder sommige volke selfs die man se slaaf, het daar vir die vrou ‘n nuwe waardering en vryheid gekom. Maria Magdalena, uit wie Jesus sewe duiwels uitgedrywe het (Mark 16:9), was die heel eerste boodskapper aan die dissipels dat Jesus uit die dood opgestaan het (Joh 20:17,18). Petrus herinner die inwoners van Jerusalem dat gebeur het wat die profeet Joël gesê het: “Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en dogters sal as profete optree ...” (Hand 2:17). Letterlik vertaal, lees dit: “julle seuns en julle dogters sal profeteer .” Daar word nie gesê dat hulle as profete sal optree nie, soos sommige die woorde in Handelinge 2:17 vertaal het nie, maar dat hulle sal profeteer. Om te profeteer, is om te sê van dinge wat in die toekoms gaan gebeur (vgl Matt 11:13,14; Op 1:19), om die lof van God uit te spreek (Luk 1:67-79), om woorde te praat wat geestelik opbou en bemoedig en vertroos (1 Kor 14:3) en om ander te leer (vgl 1 Kor 14:31).

Wat lering betref, lees ons byvoorbeeld van Apollos, die prediker: “Toe Priscilla en Akwila hom hoor, het hulle hom huis toe geneem en vir hom die leer van God nog duideliker gemaak” (Hand 18:26). Die feit dat haar naam vóór die van haar man genoem word, skep die indruk dat sy in die gesprek wat gevolg het, eintlik die woordvoerder was. Dan lees ons ook van Filippus, een van die sewe diakens: “Hy het vier ongetroude dogters gehad wat die gawe besit het om te profeteer” (Hand 21:9). Uit bogenoemde voorbeelde spreek dit genoegsaam dat die vrou in die kerk van die begin af ‘n aktiewe rol gespeel het. Sy kon haar ten volle uitleef in haar godsdiens, maar die Here het haar nie toegelaat om in die erediens onderrig te gee, of om oor die man gesag uit te oefen nie; sy moes stil wees (1 Tim 2:11,12).

Afgesien van die sondeval, is dit uit die Skrif duidelik dat daar ‘n verskeidenheid van genadegawes is (vgl 1 Kor 12:7-30). Niemand ontvang al die gawes van die Gees nie. Hierdie feit moet nie deur ons as diskriminasie beleef word as ons nie dié gawes besit wat aan ‘n ander geskenk is nie. Die Gees deel aan elkeen uit soos Hy dit wil (1 Kor 12:11). Hy gee aan wie Hy wil en neem van wie Hy wil (vgl Eks 3:17). Aan die een gee Hy vyf, aan die ander twee en aan die ander een talent, elkeen na sy vermoë (vgl Matt 25:14,15). Aan die dagloners wat verskillende ure gewerk het, gee Hy almal dieselfde loon, soos Hy met hulle vooraf ooreengekom het, omdat Hy die reg het om met sy goed te maak wat Hy wil (vgl Matt 20:1-15). Hy is soos die pottebakker wat met sy klei kan maak soos hy wil. Daarom skryf Paulus: “Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir die maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie?” (Rom 9:20,21).

As God besluit het om die vrou nie toe te laat om in die erediens onderrig te gee nie (1 Tim 2:11,12), dan mag sy nie daaroor ontevrede wees en dit as diskriminasie beleef nie. Om die Here Jesus as Here aan te neem (vgl Kol 2:6,7), beteken om Hom te erken as God, as die Een wat reg het om te doen soos Hy dit wil doen (vgl Rom 9:20,21) en nie soos ons dit moontlik verlang nie.

Net so doen God ook met die engele. Die engele is byvoorbeeld almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf (Heb 1:7,14), maar hulle word nie toegelaat om mense te red nie; daarvoor gebruik God mense (vgl 1 Kor 9:19-22; Jak 5:19,20). Die engel het byvoorbeeld aan Kornelius kom sê dat hy Simon Petrus moet laat haal sodat hy die boodskap kon bring waardeur hy en al sy mense gered kon word (vgl Hand 10:2-11:14). Dié voorreg het die engel nie gehad nie. Die engele moet dit seker ook nie as diskriminasie beleef, of op die mense jaloers wees, omdat hulle nie gebruik word om mense te red nie. Oor dié dinge beskik God soewerein. Sy wil geskied in die hemel en op die aarde (vgl Matt 6:10). Daar staan byvoorbeeld geskrywe: “Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê” (1 Kor 12:18). As God dit onder normale omstandighede doen en niemand Hom daaroor mag verwyt of dit as diskriminasie teenoor ander mag beleef omdat hy nie ‘n bepaalde gawe ontvang het wat ‘n ander ontvang het nie, hoeveel te meer moet ons voor God stil wees as Hy om ander redes, soos byvoorbeeld die feit dat Adam eerste gemaak is, Eva daarna, en die feit dat Eva verlei is en nie Adam nie, die vrou nie toelaat om in die erediens onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie? (1 Tim 2:11-15).

Die opleiding van vroue in Bybelskole en teologiese fakulteite is natuurlik ‘n goeie saak, want die vrou kan nuttig gebruik word vir die opleiding en geestelike toerusting van die vrou en dogter in die gemeentes en as onderwysers en dosente in Bybelkunde in skole, kolleges en universiteite. Daar is sekere terreine waar die vrou as geestelike werker onvervangbaar is, soos byvoorbeeld in dogters- en dameskoshuise by skole, kolleges, universiteite en ander opleidingsentra, in inrigtings vir vroue, soos byvoorbeeld inrigtings vir dranksugtiges en dwelmverslaafdes, tehuise vir ongehude moeders, in gevangenisse vir vroue, vir werk onder prostitute, ensovoorts.

Die geleenthede vir vroue wat teologies goed toegerus is, is byna onbeperk, behalwe vir die één werk wat God die vrou nie toegelaat het nie en dit is om in die erediens onderrig te gee . Daar staan geskrywe: “‘n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees. Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna. Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het. Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en ‘n heilige lewe, en daarby beskeie bly” (1 Tim 2:11-15). Die woord “erediens” staan nie in die Griekse teks nie en moet uit die vertaling weggelaat word, maar uit die verband (vgl 1 Tim 2:8-15) en uit die woorde “elke plek van samekoms” - en panti topó , is dit duidelik dat hier na die erediens verwys word.

Hierdie spreekverbod vir die vrou in die erediens het niks met kultuurgebruike te make nie, maar met die feit dat Adam eerste gemaak is, Eva daarna. Op grond van onder meer hierdie feit word die vrou nie toegelaat om in die erediens onderrig te gee en sodoende oor die man gesag uit te oefen nie. Verder hou dié verbod vir die vrou verband met die sondeval en die feit dat dit nie Adam is wat verlei is nie; dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod van God oortree het (1 Tim 2:11-15). Daarom moet die vrou in die gemeentelike byeenkoms stilbly; word sy nie toegelaat om te praat nie, maar moet sy onderdanig wees, soos die wet ook sê (1 Kor 14:33,34; Gen 3:16).

Die totale opheffing van die straf oor die vrou en die man is egter toekomsgerig (vgl Rom 8:18-25), terwyl die straf intussen oor die slang van krag bly tot op dié dag wanneer die oorwinning van Jesus oor die slang van ouds (vgl Heb 2:12-15) sy finale fase betree, wanneer die duiwel in die poel van vuur en swael gegooi gaan word (Op 20:10). Wie dus ‘n gedeelte van die straf oor die vrou, naamlik dat die man oor haar sal heers (Gen 3:16), wil ophef, deur haar toe te laat om is die erediens onderrig te gee of om oor die man gesag uit te oefen (vgl 1 Tim 2:11,12), veroordeel sodoende die wet van die Here (vgl Gen 3:16; 1 Kor 14:33,34,38,39), speel regter daaroor en vergeet dat daar maar een Wetgewer en Regter is en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg (vgl Jak 4:11,12).

Die vrou word in die Skrif aangespoor om beskeie te bly: “Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie, maar goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien. ‘n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer . Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees . Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna. Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het. Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in die geloof, liefde en ‘n heilige lewe, en daarby beskeie bly” (1 Tim 2:9-15). Hierdie voorskrif het vir al die gemeentes gegeld: “Soos in al die Christelike gemeentes moet die vrouens ook in julle byeen­komste stilbly, want hulle word nie toegelaat om te praat nie. Hulle moet onderdanig wees soos die wet ook sê” (1 Kor 14:33,34). Dit was dus ‘n bevel van die Here (vgl 1 Kor 14:37,38) oor die gedrag van die vrou in die gemeentelike byeenkomste, dit is in die erediens.

Paulus skrywe: “Iemand wat dink dat hy ‘n profeet is of ‘n ander gawe van die Gees besit, moet erken dat wat ek aan julle skrywe, ‘n bevel van die Here is” (1 Kor 14:37; vgl 1 Kor 2:13). Die boodskap is ferm en duidelik en is vir geen misverstand vatbaar nie, veral as hy byvoeg: “Maar as iemand dit nie erken nie, sal God hom ook nie erken nie” (1 Kor 14:38). Ons sien dus dat dié saak vir Paulus ‘n baie ernstige saak is, want Hy waarsku dat as iemand hierdie “bevel van die Here” (1 Kor 14:37), nie erken nie, God hom ook nie sal erken nie (1 Kor 14:38).

Hierdie voorskrif is dus deel van die woord van God (vgl 1 Tess 2:13) waaraan die gemeentes hulle moet onderwerp (2 Tess 2:15; 3:14). Dit skryf Paulus aan die Tessalonisense: “ Ons dank God gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aange­neem het in die oortuiging dat dit nie mense­woorde is nie, maar die woord van God. En dit is inderdaad die woord van God, soos die uitwerking daarvan op julle wat glo, bewys” (1Tess 2:13) en ook: “Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur ‘n brief was” (2Tess 2:15). ‘n Bietjie verder skryf hy: “En as iemand nie ons bevele, soos ons dit in hierdie brief vir julle gee, gehoorsaam nie, sonder daardie man af en vermy hom, dat hy kan skaam kry. Moet hom egter nie soos ‘n vyand behandel nie, maar wys hom tereg soos ‘n broer” (2Tess 3:14; vgl Deut 6:16,17; 17:20). Ja, ook aan die leer van die apostel oor die optrede van die vrou in die erediens, moet vasgehou word.

Paulus skrywe: “Nee, God het ons gekeur en die evangelie aan ons toevertrou, en so verkondig ons dit ook. Ons wil nie die guns van mense probeer wen nie, maar doen wat God verwag, Hy wat ons diepste gedagtes toets” (1 Tess 2:4). Paulus het sy evangelie, en dus ook hierdie evangelie wat hy verkondig het, aan die ander apostels voorgelê om seker te maak dat hy nie tevergeefs werk of gewerk het nie (Gal 2:2) en skrywe: “Die leiers van die gemeente het aan die evangelie wat ek verkondig, niks toegevoeg nie” (Gal 2:6). Paulus het dus niks vreemds aan die gemeentes verkondig nie. Sy evangelie het met die evangelie van die ander apostels ooreengekom. Aan Timòtheüs skryf hy: “Van hierdie evangelie het Hy my aangestel as prediker en apostel en leraar. Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge. Maar dit skrik my nie af nie, want ek weet op wie ek vertrou, en ek is daarvan oortuig dat Hy magtig is om wat Hy aan my toever­trou het, tot op die dag dat Hy weer kom, in stand te hou” (2 Tim 1:11,12). Hy praat hier ongetwyfeld van die evangelie wat Christus aan hom toevertrou het en wat deur Christus self in stand gehou sal word tot op sy wederkoms. Dit beteken dat die voorskrifte wat hy van die Here ontvang het (vgl 1 Kor 14:37,38) nie sal verouder of uitgedien sal raak nie; dus ook nie die voorskrifte omtrent die posisie van die vrou in die gemeente nie.

Die Skrif is weliswaar tydbediend ; dit ontmoet die behoeftes vir ‘n spesifieke situasie (vgl Matt 2:1-6), maar is nie tydgebonde nie; dit bly vir ewig (vgl Op 14:6); dit bly dus vir altyd van krag. Die woord is altyd nuut (Jes 40:8); dit vergaan nooit nie (Matt 24:35). Die kerk sal dus nooit die reg hê om hierdie voorskrif van die Skrif, oor die posisie van die vrou in die kerk, te wysig of af te skaf nie, tensy daar in die Skrif self ‘n nuwe aankondiging oor dié aan­geleentheid gemaak is nie en so ‘n nuwe aankondiging vind ons nie. Aan die duidelike voorskrif van die Skrif, dat die vrou nie toegelaat word om in die erediens onderrig te gee of om oor die man gesag uit te oefen nie (vgl 1 Tim 2:11,12), mag geen kerklike vergadering verander nie.

Hoe antwoord jy ‘n vrou wat glo dat God haar vir die amp van leraar geroep het? Iemand se geloof in wat hy mag doen, is nooit die kriterium (maatstaf by beoordeling) of ‘n gedagte werklik van die Here afkomstig is nie. Paulus hou byvoorbeeld die moontlikheid oop dat iemand tevergeefs kan glo (vgl 1 Kor 15:2). Kinders van die Here kan ook verkeerd luister. Die profeet Natan het op ‘n dag vir Dawid gesê dat hy maar vir die Here ‘n huis kan bou, maar daarna het die woord van die Here tot Natan gekom met ‘n opdrag om vir Dawid te sê, dat nie hy nie, maar dat sy seun vir die Here ‘n huis sal bou. Die eerste keer het Natan die stem van die Here verkeerd gehoor (2Sam 7:1-12; 1Kron 17:1-15). Natan was man­moedig genoeg om sy fout reg te stel, maar is ons vandag nog geneë om ons aan God se wil te onderwerp (vgl Matt 26:39)? Alle leiding wat ons meen ons van God gekry het (vgl Rom 8:14), moet tog eers aan die Skrif (2 Tim 3:16,17) getoets word (Heb 4:12; 1Joh 4:1), want alle mense is feilbaar (vgl Spr 16:2). As ek glo dat die Here my gelei het om iets te doen en die Skrif verklaar uitdruklik dat wat ek graag wil doen, my nie geoorloof is nie, dan verwag die Here van my om my by die uitspraak van die Skrif neer te lê, want die Skrif is die einde van alle teëspraak (vgl 1Kor 4:6). Daar staan immers geskrywe: “Daarom is dit ook deur Christus, dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê” (2Kor 1:20). <EINDE>

Tot hier is die aanhaling uit Dr Willie se boek.

 

Hier volg kommentaar deur ‘n Christenvrou:

Baie mense sal dit as ‘n “argaïese” of “fundamentele” Skrifbeskouing bestempel, maar ek moet my stem hierby voeg: “God said it. I believe it. That settles it!”

Die kerk moet steeds Qoram Deo [voor God] sy profetiese amp uitoefen. Dit mag nie toegewings maak omdat dit tye verander het nie. God het nie verander nie. Jeremia 27 waarsku ons oor vals profete wat nie deur die Here gestuur is nie.

Oor 1 Tim 2:11,12:

Ou [1953] Afrikaanse Vertaling

“Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.”

Nuwe [1983] Vertaling van 1 Tim 2:11,12:

“'n Vrou moet [in die erediens] stil en onderdanig wees en haar laat leer. Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees.”

King James Bible:

“Let the woman learn in silence with all subjection. But I suffer not a woman to teach, nor to usurp authority over the man, but to be in silence.”

NIV (New International Version)

“A woman should learn in quietness and full submission. I do not permit a woman to teach or to have authority over a man; she must be silent.”

1833 Webster Bible

“Let the woman learn in silence with all subjection. But I suffer not a woman to teach, nor to usurp authority over the man, but to be in silence.”

Die woorde “in die erediens” verskyn nie in die grondteks nie, soos Dr Willie se kommentaar ook sê.

Robertson's Word Picture

{I permit not} ( ouk epitrepô ). Old word epitrepô , to permit, to allow ( #1Co 16:7 ). Paul speaks authoritatively. {To teach} (didaskein). In the public meeting clearly. And yet all modern Christians allow women to teach Sunday school classes. One feels somehow that something is not expressed here to make it all clear. { Nor to have dominion over a man } ( oude authentein andros ). The word authenteô is now cleared up by Kretschmer (Glotta, 1912, pp. 289ff.) and by Moulton and “Milligan's Vocabulary”. See also Nageli, “Der Wortschatz des Apostels Paulus” and Deissmann, “Light, etc.”, pp. 88f. Autodikeô was the literary word for playing the master while authenteô was the vernacular term. It comes from aut-hentes , a self-doer, a master, autocrat. It occurs in the papyri (substantive authentês , master, verb authenteô , to domineer , adjective authentikos , authoritative, "authentic"). Modern Greek has aphentes = Effendi = "Mr."

John Gill' Expository oor 1 Tim 2:11-12

Ver. 11. Let the woman learn in silence : The apostle goes on to give some other instructions to women, how they should behave themselves in public worship , in the church of God. He would have them be learners and not teachers , to sit and hear, to learn more of Christ, and of the truth of the Gospel, to maintain good works. He would have them learn in silence, and not offer to rise and speak, under a pretence of having a word from the Lord, or of being under an impulse of the Spirit of the Lord, as some frantic women have done. If they should meet with anything, under the ministry of the word, they did not understand, or they had an objection to, they were not to speak in public, but ask their own husbands at home.

See #1Co 14:33-35 . “For God is not a God of disorder but of peace. As in all the congregations of the saints, women should remain silent in the churches. They are not allowed to speak, but must be in submission, as the Law says. 1 Korintiërs 14:35 If they want to enquire about something, they should ask their own husbands at home; for it is disgraceful for a woman to speak in the church.”

And thus, they were to behave

with all subjection ; both to the ministers of the word and to their own husbands, obeying from the heart the form of doctrine delivered to them; submitting cheerfully to the ordinances of Christ. The whole of which is a professed subjection to the Gospel , and which becomes all professing godliness.

The 1599 Geneva Study Bible [1 Tim 2:11-12]

http://www.biblestudytools.net/Commentaries/

The first argument, why it is not lawful for women to teach in the congregation, because by this means they would be placed above men , for they would be their masters: and this is against God's ordinance .

Commentary Critical and Explanatory by Robert Jamieson, A. R. Fausset and David Brown and published in 1871 :

11. learn --not to "teach". “The women should be silent in the churches, for they are not permitted to speak, but should be submissive, as the law also says.” (1 Corinthians 14:34). She should not even put questions in the public assembly. “And if they want to learn something, they should ask their own husbands at home, for it is disgraceful for a woman to speak in the church meeting” (1 Corinthians 14:35).

with all subjection : not "usurping authority". She might teach, but not in public (Acts 18:26). Paul probably wrote this Epistle from Corinth, where the precept was in force.

usurp authority --"to lord it over the man" [ALFORD], literally, "to be an autocrat."

Gal 3:26-28

“Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.”

Matthew Henry

That this privilege of being the children of God, and of being by baptism devoted to Christ, is now enjoyed in common by all real Christians. The law indeed made a difference between Jew and Greek, giving the Jews on many accounts the pre-eminence: that also made a difference between bond and free, master and servant, and between male and female, the males being circumcised. But it is not so now; they all stand on the same level, and are all one in Christ Jesus; as the one is not accepted on the account of any national or personal advantages he may enjoy above the other, so neither is the other rejected for the want of them; but all who sincerely believe on Christ, of what nation, or sex, or condition, whoever they may be, are accepted of Him, and become the children of God through faith in Him. That, being Christ's, we are Abraham's seed, and heirs according to the promise. Their Judaic teachers would have them believe that they must be circumcised and keep the law of Moses, or they could not be saved: "No,'' says the apostle, "there is no need of that; for if you be Christ's, if you sincerely believe on him, who is the promised seed, in whom all the nations of the earth were to be blessed, you therefore become the true seed of Abraham, the father of the faithful, and as such are heirs according to the promise, and consequently are entitled to the great blessings and privileges of it.'' And therefore upon the whole, since it appeared that justification was not to be attained by the works of the law, but only by faith in Christ, and that the law of Moses was a temporary institution and was given for such purposes as were only subservient to and not subversive of the promise, and that now, under the gospel, Christians enjoy much greater and better privileges than the Jews did under that dispensation, it must needs follow that they were very unreasonable and unwise, in hearkening to those who at once endeavoured to deprive them of the truth and liberty of the gospel.

Robertson's Word Pictures [Gal 3:28]

{There can be neither} (ouk eni). Not a shortened form of |enesti|, but the old lengthened form of ( en )with recessive accent. So (ouk eni) means "there is not" rather than "there cannot be," a statement of a fact rather than a possibility, as Burton rightly shows against Lightfoot. {One man} (heis). No word for "man" in the Greek, and yet ( heis ) is masculine, not neuter ( hen ). "One moral personality" (Vincent). The point is that "in Christ Jesus" race or national distinctions ("neither Jew nor Greek") do not exist, class differences ("neither bond nor free," no proletarianism and no capitalism) vanish, sex rivalry ("no male and female") disappears. This radical statement marks out the path along which Christianity was to come in the sphere ( en ) and spirit and power of Christ. Candour compels one to confess that this goal has not yet been fully attained. But we are on the road and there is no hope on any way than on "the Jesus Road."

OOR DIE DAMES wat, volgens die koerantberig (Beeld, Woensdag 9 Januarie '03) spesifiek deur die Here geroep is om Teologie te studeer:

Ons durf nie hulle geroepenheid bevraagteken, asof hulle nie deur die Here geroep is nie. Die Here wat ons gedagtes ken en ons hart deursoek, weet of Hy hulle geroep het of nie. Die Skrif leer ons, “ Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.” (1Thes 5:24) en “Hy wat 'n goeie werk in hulle begin het, dit sal voleindig (Fil 1:6)

Maar dit beteken NIE as Hy hulle geroep het om TEOLOGIE te studeer, hulle moet as LERAARS in die eredienste, teenstrydig met sy Woord, aangestel word nie.

Hulle moet dus volgens my mening, volhard met hulle studies en die Here vertrou om hulle mee te voer en te bring waar Hy hulle wil hê. As hulle die Here blindelings kon vertrou het met hulle eerste roeping om TEOLOGIE te studeer, wel wetende dat die reg teen die gebruik van die GKSA indruis, moet hulle Hom blindelings vertrou om hulle ROEPING uit te wys.

God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg of ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie (Num 23:19). “Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie” (1 Samuel 15:29) Hy sê van Homself: “Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.” (Maleagi 3:6)

Hy sal nie teen sy Woord in hulle roep as leraars in die eredienste nie, maar dalk ‘n veel erger roeping. Sal hulle die Here hiervoor vertrou?

<< Terug na Artikels