<<Terug na Artikels

Klik om die artikel te druk

 

Verslag oor die gevaar van besmetting en
aansteeklike siektes tydens nagmaalsviering

 

Opdrag:

Om die gevaar van besmetting en aansteeklike siektes tydens Nagmaalsviering te ondersoek.

Hoe ontstaan siektes?

Parasiete, bakterieŽ en virusse, wat biologiese faktore is, kan siektes veroorsaak. Sekere organismes wat siektes kan veroorsaak, kan met die blote oog gesien word, bv. wurms en insekte. MikroŲrganismes wat so klein is dat 'n mens dit slegs met 'n mikroskoop kan sien, soos eensellige diere (protosoa, swamme, bakterieŽ en virusse) kan ook siektes veroorsaak.

Protosoa

Eensellige diertjies kan ook siektes veroorsaak, byvoorbeeld die amebe wat 'n vorm van buikloop veroorsaak.

Swamme

Verskillende soorte mikroskopiese klein swamme (skimmels) kom op die vel en in die slymvliese voor en veroorsaak meestal geen siektes nie.  Die klein mikroŲganismes leef in ewewig met ander organismes, soos bakterieŽ. Wanneer die omgewing egter versteur word, deur byvoorbeeld antibiotiese behandeling of wanneer die normale weerstandsvermoŽ van die liggaam teen siektes swakker word, kan die skimmel skielike afwykings veroorsaak. Baie velsiektes word deur skimmels veroorsaak. In die mondholtes van kinders veroorsaak die skimmels sproei, wat as klein wit kolletjies op die slymvlies waargeneem kan word.

BakterieŽ

BakterieŽ is klein eensellige organismes wat goed ontwikkel is om stowwe af te skei. BakterieŽ vermenigvuldig vinnig en baie soorte bakterieŽ kan vinnig beweeg. Baie bakterieŽ doen die mens geen kwaad nie en word gebruik deur, en is selfs onmisbaar vir die bestaan van mense en diere. BakterieŽ word meestal op die vel en slymvliese aangetref. Net soos skimmels, kan bakterieŽ siektes veroorsaak wanneer daar versteurings in die omgewing is of wanneer die liggaam se weerstandsvermoŽ verminder. BakterieŽ wat siektes veroorsaak, word patogene genoem. Deur 'n verandering in die genetiese samestelling kan 'n onskuldige bakteriestam in 'n stam verander wat siektes veroorsaak. Die weerstand van bakterieŽ teen antibiotika kan ook verander sodat eens gevoelige bakterieŽ skielik 'n weerstand teen die antibiotiese middel ontwikkel. BakterieŽ veroorsaak patalogiese veranderinge in die organe; dit gebeur deurdat die weefsel afgebreek word of deurdat die bakterieŽ gif, wat ons toksien noem, produseer wat op sy beurt ernstige patalogiese veranderinge tot gevolg het, byvoorbeeld klem-in-die-kaak.

Virusse

Die kleinste van die mikroŲganismes is die virus wat net uit proteÔenmolekule bestaan. In teenstelling met bakterieŽ en skimmels, kan virusse slegs groei en vermenigvuldig in 'n lewende sel. Virusse wat siektes veroorsaak, word gewoonlik in bepaalde liggaamsweefsels aangetref. Polio en gordelroosvirusse vind self hul weg na byvoorbeeld die senustelsel. Die virusse wat gewone verkoues veroorsaak, versprei meestal deur die slymvlies. Bykans alle virusse wat siektes veroorsaak, is ongevoelig vir antibiotika.

 

Verspreiding van infeksies

Bronne van infeksie

Stowwe wat infeksie veroorsaak, word in die grond, in diere of in plante aangetref.  Besmettingsbronne kan die bloed of die uitwerpsels van diere en mense wees en ook grond met kieme wat byvoorbeeld aan groente en knolplante klou. Mense wat aansteeklike siektes oordra (die sogenaamde draers) kan in 3 groepe ingedeel word: gesonde draers, aansteeklike gevalle in die inkubasieperiode (die tyd wat verloop van die infeksie tot die uitbreek van siekte) en die siek draers.

Hoe bly so 'n aansteeklike organisme aan die lewe?

Die vermoŽ van aansteeklike organismes om buite die menslike liggaam te bly lewe, wissel baie. Bepaalde bakterieŽ soos stafilokokke en tuberkulosekieme kan 'n paar weke lank in 'n verrottende toestand, op vuil oppervlakke en in stof bly lewe. Ander bakterieŽ het 'n vogtige omgewing nodig om te kan voortbestaan.  Masels, waterpokkies en griepvirusse verloor vinnig hul vermoŽ om aan te steek as hulle eers buite die menslike liggaam is, terwyl hepatitis (geelsug) sy vermoŽ om aan te steek in Ďn gunstige omgewing, soos in bloed, uitwerpsels en water, lank kan behou.

Maniere waarop infeksies versprei word

Besmetting kan regstreeks deur 'n siek mens veroorsaak word, of onregstreeks deur besmette voorwerpe, bv. hande en klere van diegene wat siekes versorg. Voorbeelde van siektes wat hoofsaaklik deur regstreekse kontak versprei word, is geslagsiektes. Besmetting via lug en stof vind plaas wanneer die smetstof van die siekte, deur nies of hoes in die vorm van klein druppeltjies 'n geruime tyd in die lug sweef, soos by tuberkulose. Die smetstof kan ook in stof voorkom. Smetstof kan so deur lugstrome of lugreŽlingsgange oor groot afstande in 'n gebou vervoer word. Voedsel en water is dikwels ook maniere waarop aansteeklike siektes soos cholera en maagkoors versprei kan word. Deur sorgvuldige kontrole van voedsel kan die siektes aansienlik beperk word. Voedselvergiftiging wat veroorsaak word deur bakterieŽ wat toksiene in voedselsoorte afskei wat nie goed bewaar word nie, kom dikwels voor. Sekere soorte lewerontsteking (hepatitis) en polio behoort tot die siektes wat deur water versprei word. Besmetting via water vind meestal deur drinkwater plaas, maar sekere siektes kan ook deur badwater versprei word. Insekte kan ook infeksies versprei deur regstreekse kontak of deur 'n steek of 'n byt. VlieŽ kan byvoorbeeld smetstowwe op kos agterlaat. In tropiese lande kom baie siektes voor waarin insekte 'n belangrike rol speel.

Die vatbaarheid van die individu

'n Infeksiesiekte kan ontstaan wanneer 'n bepaalde hoeveelheid van die stof ingeneem word en die persoon vatbaar daarvoor is of Ďn verlaagde weerstandsvermoŽ het. Siek en bejaarde mense is baie vatbaar aangesien hulle weerstandsvermoŽ laag is. Seerplekkies op die vel of in die slymvlies kan gepaard gaan met verminderde weerstand vir infeksies.  Die weerstandsvermoŽ kan deur goeie voeding verhoog word.

 

Infeksiesiektes

Lewerontsteking (hepatitis)

Die hoeveelheid galkleurstof in die bloed neem tydens die aandoening toe omdat die lewer dit nie meer kan verwerk nie. Daarom word die vel geel en van daar die benaming geelsug.

Oorsake

Daar is drie soorte lewerontsteking, wat almal deur 'n virus veroorsaak word naamlik hepatitis A, hepatitis B en hepatitis C. Hepatitis A bring soms hewige epidemies mee. Die infeksie versprei via die bloed of water wat besmet is deur die ontlasting van mense wat die siekte het. Die inkubasietyd is van 2 tot 6 weke. Hepatitis A kan ook oorgedra word deur eetgery of Ďn tandeborsel met Ďn hepatitis A lyer te deel.  Hepatitis A genees gewoonlik binne Ďn maand. In die geval van serumhepatitis of hepatitis B kan die infeksiestowwe oorgedra word deur 'n bloedoortapping of inspuitnaalde wat met bloed besmet is, byvoorbeeld deur iemand wat aan dwelmmiddels verslaaf is. Ook via die bloedstroom uit swere of skrape op die vel van sportlui kan virale hepatitis B versprei word. Dit kan ook deur seksuele of ander intieme kontak versprei word. Hepatitis C word net deur bloed oorgedra en veral deur bloedoortappings.

Behandeling

Diegene wat baie siek is, word in Ďn hospitaal opgeneem. Dit is egter nie noodsaaklik om die voltyds in die bed te bly nie. Diegene wat nie in 'n hospitaal opgeneem hoef te word nie, kry geen spesiale behandeling, buiten rus, nie. Die verloop van die siekte verskil ook baie, maar meestal kan dit binne 3 maande genees. Die afgelope tyd bestaan daar ook 'n inentstof teen hepatitis B. Aangesien die infeksie in die geval van hepatitis B via die bloed oorgedra word, moet jy veral versigtig wees met sweertjies en skrapies.

Tuberkulose

'n Volgehoue immunisasieveldtog het die voorkoms van tuberkulose drasties in Suid-Afrika verminder. Met sekere tye styg die voorkomssyfer egter weer kwaai en is hernieude maatreŽls en voorligting nodig. Swak behuising, ondervoeding, probleme om aansteeklike gevalle op te spoor en versuim van pasiŽnte om met behandeling voort te gaan, is die vernaamste bondgenote van tuberkulose.

Oorsake

Tuberkulose is 'n chroniese ontsteking wat veroorsaak word deur die tuberkelbasil. Die infeksie word, of in klein druppeltjies of stof, via die lug versprei as gevolg van hoesery van diegene wat aan die siekte ly.

Verloop van die siekte

Weefselreaksies ontstaan in die longe indien die besmette persoon se weerstand verminder het. Die proses duur meestal 4 tot 6 weke nadat iemand die siekte aangesteek het. Klein knoppies ontstaan op die plekke waar die bakterieŽ gevestig het. (Die siekte kry sy naam van die Latynse woord vir knoppie, tuberculum.) Die nabygeleŽ limfkliere word ook aangetas. Die primÍre ontsteking verdwyn weer meestal sonder dat simptome voorkom. Die bakterieŽ kan intussen via die bloed na ander liggaamsorgane versprei. Dit kan tydens die primÍre infeksie plaas vind of etlike jare na die infeksie.

Longtuberkulose

Simptome

Wanneer die bakterieŽ van die primÍre plek van infeksie in die longe versprei, ontstaan simptome van longontsteking, bv. hoesbuie en steke in die bors. Dit duur lank en in die algemeen kom simptome soos moegheid, nagtelike sweet, koors en gewigsverlies voor. Bloed in die sputum (hoesslym) is 'n ernstige simptoom. Deur die afbreking van die longweefsel kan 'n holte ontstaan waar die bakterieŽ hulle kan vestig. Die slym is in sulke gevalle hoogs aansteeklik.

VoorkomingsmaatreŽls

Voedsame kos in voldoende hoeveelhede is van wesenlike belang as 'n mens weerstand teen tuberkulose wil ontwikkel. Immunisasie is die vernaamste voorsorg teen hierdie siekte.

 

 

Verslag van Prof. Dr. B. C. Jansen soos gepubliseer in Die Kerkblad 4 April 1990

Die Beker en siektes

'n Valstrik vir gelowiges in die nagmaal?

Is die gemeenskaplike nagmaalsbeker nie 'n bron van aansteeklikheid van besmetlike siektes nie? Hierdie vraag het vir baie gelowiges 'n kwelling geword, veral vanweŽ die stroom berigte oor die gevreesde Vigs (verworwe immuniteitsgebreksindroom) waardeur ons deur die daaglikse media oorspoel word. Die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand het in 1986 'n wetenskaplike ondersoek oor die aangeleentheid onderneem. Op versoek van Klassis Suidelike Pretoria het hierdie artikel in Die Kerkblad van 17 Desember 1986 verskyn. Deur dringende versoeke van lesers plaas ons hierdie artikel weer eens. Die saak is nou nog meer aktueel. Prof. dr. Jansen was (hy is intussen oorlede) een van die grootste outoriteite (natuurwetenskaplike en medikus) op hierdie gebied. Daarby was hy 'n innige gelowige Christen en kerkman.

Twaalf persent alkohol

Nagmaalwyn bevat ongeveer twaalf persent alkohol sowel as ander stowwe, soos tannien. Hierdie stowwe kom in genoegsame konsentrasie voor om oor die lang periode wat wyn opgeberg word, enige kiem of virus te vernietig. Daar kan dus uitgegaan word van die feit dat die nagmaalwyn self vry is van enige siekteveroorsakende organismes. Trouens, die nagmaalwyn is 'n baie ongunstige medium vir die voortbestaan of oordraging van enige siekteveroorsakende organismes wat ook van buite af daarby gevoeg sou word.

Daar moet egter aanvaar word dat siekteveroorsakende organismes deur die lippe van 'n draer daarvan op die rand van die beker agtergelaat kan word. Enige wetenskaplike sal deur kultuurkweking kan aantoon hoeveel verskillende organismes daar in werklikheid op die rand van die beker na 'n nagmaalsronde teenwoordig kan wees.

Slegs 'n betreklike klein hoeveelheid van dieselfde soort siekteveroorsakende organismes kan egter deur die lippe van 'n draer op die rand van die beker agtergelaat word. Verder is daar nie genoeg tyd vir vermenigvuldiging nie. Hierby moet in ag geneem word dat nie alleen die wyn nie, maar ook die metaal van die beker geensins bevorderlike media vir vermenigvuldiging van organismes is nie. Dit is ook baie onwaarskynlik dat 'n tweede nagmaalsgebruiker die volle hoeveelheid organismes wat 'n siektedraer op die rand van die beker agtergelaat het, sal inneem. Daar kan eerder aanvaar word dat 'n aantal nagmaalsgebruikers elkeen deeltjies van dieselfde aansteeklike organismes, wat buitendien in 'n klein dosis op die rand van die beker agtergelaat is, sal kan inkry. Wat nou baie belangrik is om hierby in ag te neem, is dat enige siekteveroorsakende organismes die bepaalde siekte deur 'n minimum dosis veroorsaak. Daar moet dus 'n bepaalde hoeveelheid organismes ingeneem word om die siekte op te doen.

Wat in hierdie aangeleentheid ook van besondere belang is, is dat die minimum infektiewe dosis deur die mond baie groter moet wees om 'n siekte oor te dra as wat dit deur die vel, binnespiers of binne-aars is.

Voortdurend blootgestel

 
In ons daaglikse lewenspraktyk word elke mens bykans voortdurend aan dosisse siekteveroorsakende organismes blootgestel. Maar sonder dat ons voortdurend aan een of ander siekte ly!

So bevind mense hulle dikwels in 'n geslote ruimte, soos 'n bioskoop of 'n teater, terwyl daar talle persone met infeksies, in 'n mindere of meerdere mate, van die lugweŽ, keelholtes, of longe in die gehoor teenwoordig is. Daar word soms gekug, genies of gehoes en heelwat fyn druppeltjies wat organismes bevat, word oor 'n aansienlike ruimte versprei. Maar daar breek geen epidemie uit nie. Trouens, na alle waarskynlikheid word niemand siek nie! 'n Tweede voorbeeld: Iemand met 'n besmetting van die neus, keelholtes en longe blaas sy neus in 'n sakdoek uit. Dit bring gewoonlik mee dat daar van die besmetting op sy hande kom. Indien hy 'n tweede persoon direk daarna groet, dra hy van sy besmetting weer op die persoon se hand oor. Hierdie tweede persoon raak moontlik met sy hand aan sy neus of sy mond. Dit kan selfs wees dat hy kort na die groet 'n versnapering met sy hand opneem om te eet. En tog hoef hy nie die volgende dag in die bed te bly vanweŽ 'n aansteeklike siekte nie!

'n Derde voorbeeld: Jy is opreis en jy moet van 'n toilet langs die pad Írens gebruik maak. Die toilet is dalk nie sindelik nie, dis dalk selfs opsigtelik vuil, maar jy het op daardie stadium geen keuse nie... en tog doen jy nie gonorree op nie!

'n Vierde voorbeeld: Ons almal hanteer bykans elke dag geld. Vir 'n wetenskaplike is dit kinderspeletjies om aan te toon hoeveel organismes daar op papiergeld floreer! Veral of die papiergeld wat dikwels uit 'n sweterige broeksak met 'n vuil hand opgediep word. En wie van ons ontsmet ons hand elke keer nadat ons papiergeld gehanteer het? Tog breek daar nie epidemies uit vanweŽ die hantering van papiergeld nie! Weer eens, ons word nie eens siek daarvan nie!

Al hierdie daaglikse voorbeelde toon aan dat 'n mens voortdurend met siekteveroorsakende organismes te doen kry. Gewoonlik is die dosisse van dieselfde siekteveroorsakende organisme te klein om die siektes te kan versprei, veral waar dit deur die mond ingeneem word. 'n Infektiewe dosis veronderstel die inname van 'n minimum konsentrasie van die siekteveroorsakende organisme deur die mond. Teoreties, in laboratoriumtoestande, kan 'n enkele organisme sekere siektes laat posvat. Maar prakties is daar 'n minimum infektiewe dosis nodig om 'n siekte, veral deur die mond, te laat posvat. Die rede hiervoor is die wonderbaarlike wyse waarop die Here 'n aantal verdedigingsmeganismes in die mens ingeskape het.  Onder hierdie verdedigingsmeganismes tel die mens se natuurlike immuniteit, 'n ingewikkelde en omvattende aspek waarop nie nou hier ingegaan kan word nie.

Die nagmaalsbeker aansteeklik?

Die vraag of die nagmaalsbeker nie 'n bron van aansteeklikheid van besmetlike siektes is nie, kom in ons tyd sterker na vore. Dit gaan hierby veral oor Vigs as 'n ďnuweĒ siekte. Die ontstaan daarvan kan herlei word na 'n mutasie ('n genetiese vervorming) van Ďn bestaande organisme. Maar selfs die mutasie van 'n organisme is geen toevalligheid nie. Ook 'n gemuteerde organisme (wat baie, baie kleiner as 'n haar van jou kop is) kan nie buite God se beskikking ontstaan nie. Hierdie bepaalde gemuteerde organisme, wat as 'n gevolg van onsedelike handelinge van die mens na vore tree, kan nooit losgemaak word van die Bybelse uitsprake oor sulke handelinge wat vir God Ďn gruwel is nie (kyk Rom 1:21-28, veral die laaste deel van vers 27).

Vigs is 'n siekte wat uit homoseksuele verkeer tussen mans ontstaan het. Dit het verder versprei deur dwelmverslaafdes wat dwelmmiddels met ongesteriliseerde spuitnaalde binne-aars toedien, mense wat bloedoortappings ontvang het en besmette vroue wat kinders in die wÍreld bring. Dit kring teenswoordig steeds verder uit, ook deur die losbandige heteroseksuele verhoudings van vroue wat met besmette mans geslagsgemeenskap beoefen. Daar is wel al spore van die siekte in speeksel en trane gevind maar daar is nog geen wetenskaplike bewys gelewer dat die siekte mondelings deur speeksel of trane oorgedra kan word nie. Daar is egter onomwonde wetenskaplike bewyse dat dit 'n besmetlike siekte is wat deur bloed oorgedra word. Die siekte word deur herhaalde intieme geslagsverkeer, waar soms 'n baie klein gedeelte van die weefsels beskadig word, of die direkte aanraking met die bloed van 'n besmette persoon, oorgedra. Die indirekte kontak wat tussen die lippe van mense in die gebruik van die nagmaalsbeker voorkom, kan geen moontlike rol speel nie.

Eweso is hepatitis B (geelsug) 'n siekte waarin die veroorsakende virus in die bloed voorkom. Dit word deur middel van klein hoeveelhede bloed, soos met die gebruik van besmette inspuitnaalde of deur die byt van bloedsuiende insekte soos muskiete of wandluise oorgedra. 'n Persoon met 'n besmetting van hepatitis A virus is so siek dat hy onder kwarantyn geplaas word. Dit is dus onwaarskynlik dat hy aan die nagmaalstafel sal verskyn.

Daar bestaan ook geen epidemiologiese gegewens, asook selfs waarnemings uit die ervaringswÍreld van 'n gemeente dusver, wat daarop dui dat enige oordraagbare siekte nog ooit sy oorsprong in die gebruik van 'n gemeenskaplike nagmaalsbeker gehad het nie! Dit is so ten spyte van die gebruik in baie kerke oor baie eeue.

Uit die higiŽniese beoordeling van die feite dusver tot ons beskikking, blyk dus dat die gemeenskaplike beker tot op hede nie 'n bron van besmetlikheid van aansteeklike siektes was nie. Dit blyk trouens menslik gesproke dat besmetting deur die beker hoogstens 'n baie teoretiese moontlikheid is.

Die wesenlike punt - gehoorsaamheid

Maar met hierdie beoordeling op wetenskaplike gronde kom ons terug op die wesenlike punt waarom dit gaan: Sal God 'n valstrik vir sy kinders stel, deur aan hulle 'n sakrament te gee waarin hulle moet deel, maar waardeur hulle in verskriklike ellendes kan beland? Natuurlik sal God sy kerk in die gerig bring - as die kerk ook in die gruwelike onsedelike praktyke van die wÍreld verval het. En diť oordeel sal geeneen ontsnap nie, hoe hy ook al die gemeenskaplike nagmaalsbeker vermy.

As 'n wetenskaplike het ek deur die loop van baie jare agter baie mikroskope baie onder die indruk van die orde en die planmatigheid van God se skepping gekom. Dit geld juis in die wonderwÍreld van die mikrokosmos. Daarom is dit vir my onmoontlik om te glo dat Hy die sakrament, waarin die intieme geloofseenheid tussen bruid en bruidegom sigbaar word, ďondeurdagĒ sou instel. Kom maar met 'n geruste gemoed na die tafel om die brood te eet en uit die beker te drink. Wat vra die Here anders van ons as 'n gehoorsame en 'n gelowige hart?

 

Aangehegte verslag soos vervat in Die Handelinge van die ses-en-veertigste Nasionale Sinode:

8. HIGIŽNIESE VERSLAG (GEPUBLISEERDE BYLAE)

8.1. Opdrag

8.1.1 Die Acta van die Sinode 1994:524, 3.2.4 maak slegs van 'n Liturgiese studie melding. Maar daar moet op gewys word dat die Notule wat tydens die Sinode 1994 goedgekeur is, melding maak van Ďn grondige Liturgiese en HigiŽniese studie.  Daarom word hierdie higiŽniese studie as deel van die werk van die Deputate aan die Sinode voorgelÍ.

8.1.2 Uitgangspunt van die Deputate was dat alle oorwegings afhanklik is van die uitsprake in die Skrif (dus: Skriftuurlikeksegeties).

8.1.3 HigiŽniese gegewens kan hoogstens vir kennisname wees, aangesien mediese gegewens nie beginsels wat deur God gestel word, kan of mag oorheers nie.

Hierdie Rapport is beperk tot die higiŽniese aspekte rondom die gebruik van die Nagmaalsbeker. Die vraag rondom die moontlikheid dat die HIV of MIV ("Menslike Immuniteit-virus") deur die gemeenskaplike gebruik van die Nagmaalsbeker oorgedra kan word, word breedvoerig bespreek.

Verskeie bronne dui aan dat dit onwaarskynlik is dat die HIV deur die gebruik van gesamentlike Nagmaalsbekers oorgedra kan word.

8.2 Die moontlike oordraagbaarheid van die HIV met die gebruik van die nagmaalsbeker tydens die viering van die heilige Nagmaal.

8.2.1 Die Verworwe Immuniteitsgebreksindroom

In die vroeŽ jare van die vorige dekade het die mediese wÍreld bewus geword van 'n totaal nuwe siektetoestand wat hoofsaaklik in homoseksuele persone en dwelmverslaafdes voorgekom het. Dit het ook vinnig aan die lig gekom dat 'n virus betrokke was, aangesien die toestand oordraagbaar is deur middel van bloedoortappings in hemofiliese pasiŽnte.

Montagnier van die Pasteur Instituut het die virus na 'n intense soektog geÔsoleer en gekweek. Teen 1990 het die WÍreld Gesondheidsorganisasie die sindroom reeds in 100 lande oor die wÍreld gerapporteer. Dit het duidelik geword dat heteroseksuele oordraging van die virus homoseksuele verspreiding daarvan ver oorskadu. Gedurende 1994 is beraam dat sowat 10% van die bevolking van Afrika suid van die Sahara geÔnfekteer is.  Enkele bepalings uitgevoer in Botswana en KwaZulu dui aan dat ook hier reeds 10% van die plaaslike bevolking reeds besmet is. Voorlopige studies gedurende 1994 by Johannesburgse hospitale beraam dat sowat 1 uit elke 5 pasiŽnte wat daagliks by hospitale aanmeld, reeds aan hierdie ongeneeslike siekte ly (Sunday Times, 7 Augustus 1994).

Na besmetting neem dit 3 tot 17 weke voordat die pasiŽnt antiliggame teen die virus vervaardig (baie gevalle egter nog langer). Wanneer antiliggame teen die virus verskyn, word daar verwys na as  ďsero-conversion". Die periode van latensie word die "vensterperiode" genoem en tydens hierdie latente periode kan 'n pasiŽnt dus vals negatief getoets word. Die goedkoper "ElizatoetsĒ-metode word gedurigdeur gebruik om die aantal besmette pasiŽnte in die steekproewe te evalueer. Hierdie toets kan slegs 'n positiewe resultaat gee indien 'n besmette persoon serokonversie ondergaan het, en voor dit geskied, is die toets vals negatief (al is die virus teenwoordig). Die veel duurder en gekompliseerde "PCR"-toetsing word nie toegepas in steekproefberaming nie (vanweŽ die koste daaraan verbonde), hoewel die metode die virus net na besmetting kan opspoor. Hieruit kan 'n mens dus aflei dat die persentasie van geÔnfekteerdes hoŽr is as wat eintlik beraam word.

Die virus kruis ook oor die plasenta en geÔnfekteerde moeders sal dus geboorte skenk aan besmette babas. Die virus word ook uitgeskei deur moedersmelk wat dus ook dien as transportmedium vir besmetting.  Daar is verskeie seltipes in die liggaam wat as primÍre teiken vir die virus dien, nl. die witbloedselle, breinselle, selle wat bloedvate  belyn, en sg.   "dendritiese  selle  van LangerhansĒ. Ter inligting sal daar in kort na die rol van die belangrikste teikenselle en besmetting verwys word.

8.2.1.1 Witbloedselle

Daar is 5 tipes witselle waarvan die limfosiet-subtipe as die hoofteiken van virusaanval dien. Limfosiete word verder in T- en B-tipes onderverdeel en die T-limfosiete weereens in vier groepe. Die sg. "helper-T-limfosiet" is die sel wat verantwoordelik is vir immuniteittsreaksies Ė dit beweeg in die bloedstroom op soek na vreemde indringers (virusse, bakterieŽ, swamme en selfs molekules waarvoor die persoon allergies is). Dit is ook die helper-T-sel wat dan met die HIV in kontak kom wanneer die virus direk in die bloedstroom geplant word soos gesien met bloedoortappings en intraveneuse dwelmmisbruik  (waarby besmette naalde gebruik word).    Die helper-T-selle het sekere molekules op die seloppervlak waaraan die virus bind en hierdie molekule word die "CD4-Reseptor" genoem.

Wanneer binding plaasgevind het, word die virus deur die helper-T-sel "geprosesseer". Dan word die HIV in die helper-T-sel se genetiese materiaal (geleŽ in die kern) ingebou. Die T-sel is op sy beurt geaktiveer en sal dan die B-limfosiete stimuleer om antiliggame teen die virus te produseer.  Die tydperk wat verloop tussen helper T-sel infeksie en B-sel stimulasie word (soos reeds vermeld) die latente periode genoem.

Die anti-liggame wat deur die B-selle vervaardig is, verskyn in die bloedstroom en is eintlik oneffektief aangesien die virusse buite die antiliggame se bereik in die helper-T-sel se kerne weggestoor is. Die rede waarom die PCR-toetsmetode meer effektief is om die virus tydens vroeŽ infeksie te kan identifiseer, is dat helper-T-selle van 'n bloedmonster meganies oopgebreek word, waardeur die genetiese materiaal met virus en al blootgestel word aan 'n spesiale merker molekule wat in staat is om die virus aan te dui. Anti-liggame teen die virus verdwyn mettertyd, en die virus programmeer dan die helper-T-sel en besmet daarna nuwe helper-T-selle. In die proses word die eerste helper-T-selle beseer deurdat die meeste bars en sodoende is daar 'n vermindering van helper-T-selle met gepaardgaande verlies van immuniteitsresponse. Die persoon word dus vatbaar vir enige denkbare infeksies van buite af en selfs vir die opflikkering van inherente latente infeksies soos tuberkulose.  

8.2.1.2 Dendritiese selle van Langerhans

Soos die naam aandui, het die dendritiese selle takkies of uitsteeksels op die oppervlak; hulle kom voor in die vel en slymvliese, wat die hele respiratoriese stelsel (neus, keel, longe) spysverteringstelsel (mond tot rektum) en urogenitale weŽ, belyn. Hierdie selle is dus in noue kontak met die buitewÍreld; en - net soos in die geval met helper-T-selle is hulle gemoeid om vreemde indringers te identifiseer. Dit is hierdie sel wat ook verantwoordelik is vir o.a. opname van die verkoue- en griepvirus, hondsdolheidvirus hepatitis en poliovirus.  Dendritiese selle besit ook dieselfde CD4-Reseptor waaraan die gemelde virusse bind. Na binding beweeg die dendritiese sel weg van die slymvlies af na die limfstroom en beland uiteindelik in die bloedstroom of limfnode waar dit met helper-T-selle in kontak kom. Tydens hierdie fisiese kontak dra die dendritiese sel die virus oor aan die helper T-sel, wat weer op sy beurt die B-selle stimuleer om antiliggame te produseer teen die indringers.

Die volgende twee vrae kom na vore indien daar na die HIV gekyk word:

(i)  Is die dendritiese sel in staat om 'n HIV te kan vang (dus kan die HIV die bloedstroom indirek bereik vanaf die eksterne omgewing)?

(ii) Is dit moontlik dat die HIV vanaf  'n besmette persoon oorgedra kan word na 'n ander deur speeksel?

Bogenoemde twee vrae sal in die lig van navorsing, reeds gedoen oor 'n tydperk van agt jaar, beantwoord word.

8.2.1.3 Kan dendritiese selle die HIV opneem?

Hierdie selle, soos genoem, kom voor in vel, oogslymvlies en ander slymvliese wat die mond en geslagstelsels belyn. Hulle primÍre funksie is om vreemde molekules (virusse, ens.) te vang. Dendritiese selle besit CD4-Reseptore en (soos vermeld) is dit die bindingsareas vir virusse (soos bv. die HIV).  Na binding aan 'n virus beweeg die dendritiese sel na die limfnodes waar oordraging aan helper-T-selle geskied. Dit is ook reeds bevind dat daar tydens die VIG-sindroom 'n afname is in die aantal dendritiese selle in die slymvlies van die mond, blykbaar te wyte aan fisiese skade berokken aan hierdie selle nadat die HIV opgeneem is.

Dendritiese selle speel blykbaar die primÍre rol in virale oordraging gedurende seksuele aktiwiteit.  (Verwysing:  Haseltine 1991 - Virus may thrive in lining of sex organs. New scientist, 29 June.) Die volgende is 'n aanhaling uit hierdie verwysing: "Cells in the linings of the sex organs can harbour HIV and allow it to replicate rapidly.  Many scientists believed until now that blood must be present - even in very small quantifies - for HIV to be transmitted. The new findings suggest they were wrong. Langhoff, Haseltine and others carried out laboratory studies on dendritic cells, found on all mucous membranes the body's front line of defence against the outside world.

To their surprise, Langhoff and his colleagues found that HIV grew much faster in immature dendritic cells than in cells known to be its usual targets, namely the CD4-lymphocytes. The team also found that low concentrations of the virus were needed to infect the dendritic cells. Haseltine's team said that, as dendritic cells are present in the mucous membranes of the mouth as well as those of the vagina and rectum, there is a theoretical possibility of spreading HIV by saliva".

8.2.1.4 Kan HIV in speeksel voorkom?

Dit is bekend dat persone met VIGS ernstige tandvleisontsteking ondervind wat gepaard gaan met matige bloedings.  Bloed vanaf tandvleis letsels kan dus in die speeksel voorkom.   Ulserasies van die mondslymvlies kom oor die algemeen voor in hierdie pasiŽnte en dien ook as deurgangspunt vir rooi- en witbloedselle.  Die speekselkliere van HIV-besmette persone toon dikwels ontsteking en biopsies van hierdie kliere toon altyd 'n digte versameling van limfosiete, sommige waarvan in die speeksel afgeskei word.  Uit die vorige punte is dit dus duidelik dat witbloedselle (en spesifiek ook T-limfosiete) in die speeksel kan voorkom, soos wat ook die geval is by melk- en geslagsafskeidings.

Die teenwoordigheid van die HIV is ook deur elektronmikroskopie in speekselklierweefsel gevind deur Lecatsus en sy medewerkers. Hulle voel dat speeksel 'n moontlike roete is vir oordraging van die HIV aangesien daar 'n klein persentasie besmette persone voorkom wat aan geen bekende risiko-faktore blootgestel was nie. Die HIV is daarenteen ook so vroeg as 1984 deur Groopman en medewerkers deur elektronmikroskopiese studies direk in Ďn speekselmonster gevind. Hierdie outeurs publiseer dan ook 'n foto van 'n HIV wat geleŽ is op die oppervlak van Ďn limfosiet wat in die speekselmonster voorgekom het. Dit wil voorkom of daar 'n anti-HIV faktor in speeksel natuurlik voorkom.

Verskeie studies is gedoen waar liggaamselle kunsmatig gekweek, dan met die HIV besmet en vervolgens met speeksel geÔnkubeer word.  Hierdie anti-HIV eienskap, van speeksel is blykbaar beperk en net in staat om 'n sekere aantal HIV te kan teengaan. Nieteenstaande die moontlikheid van die bestaan van inhibitoriese eienskappe wat speeksel op die HIV mag uitoefen, word daar wel van die teenwoordigheid van die virus 'n speeksel gerapporteer. Enkele studies sal dit illustreer in die studie van Lucht et al, is speekselmonsters van 59 HIV-positiewe pasiŽnte getoets vir die teenwoordigheid van HIV: in 9 gevalle (15%) is die virus wel in die speeksel gevind.

Rickman et al. vind ook HIV in speeksel en hulle voel dat die virus via mensbyte oordraagbaar is. Yeung et al. ondersoek speekselmonsters van 80 besmette persone en kon HIV in 16 van die gevalle isoleer. Yeh et al. het die speekselklier en speeksel van Ďn VIGS-lyer ondersoek en die virus in beide gevind. Ďn Biopsie van die speekselklier het groot hoeveelhede van die virus opgelewer. Die teenwoordigheid van HIV in speeksel en speekselkliere is ook gedokumenteer deur Fox, alhoewel hy vind dat die konsentrasie van die virus in die speeksel skynbaar laag is en dat die HIV nie in alle gevalle teenwoordig was nie.    Volgens Haseltine speel viruskonsentrasie  (dus hoeveelheid betrokke) nie Ďn rol in oordraging nie aangesien Ďn baie lae konsentrasie besmetting in sy proewe kon veroorsaak.

Nog vele artikels is geskryf wat die teenwoordigheid van HIV in speeksel noteer, maar met bg. notasies word volstaan ter stawing van die felt dat, nieteenstaande die teenwoordigheid van anti-HIV faktore, die virus tog in speeksel aangetoon is.

Ter opsomming kan die volgende punte kortliks uitgelig word:

  • Bloedings in HIV-besmette persone se monde is 'n algemene verskynsel en dra by tot die teenwoordigheid van HIV in speeksel.

  • Dit Dit is bekend dat bykans alle bekende virusse in speeksel voorkom, soos hondsdolheid, verkoue, griep, pampoentjies, hepatitis, klierkoors, sitomegaalvirus, polio, meningitisvirus, gastroenteritis-virusse, ens.

  • Die selle wat virusse "vang" (nl. dendritiese selle) kom in die belyning van die mondslymvlies voor en hulle bevat die CD4-Reseptor - nodig vir die optel van HIV.

  • Daar is wel virusse in speekselklierweefsel en speeksel self deur elektronmikroskopiese studies aangetoon. Dit is nie te betwyfel nie dat daar nog nie genoegsame studies gedoen is om die speekseloordragingsroete onomwonde as Ďn metode van infeksie-oordraging te bewys nie. Dit sou onprakties wees aangesien kliniese toetse hiervoor vanuit Ďn etiese oogpunt onmoontlik sou wees. Daar kan dus nie met sekerheid verklaar word dat sosiale kontak geen gevaar inhou nie. Dit staan wel vas dat HIV in speeksel voorkom, te midde van die sg. "anti-HIV faktore" en dat dendritiese selle, wat die virus kan opneem, in groot hoeveelhede in die mondslymvliese van gesonde persone teenwoordig is.  Oordraging van potensieel gevaarlike mikroŲganismes wat hepatitis, griep, tuberkulose, meningitis en ander siektes veroorsaak, bly steeds 'n wesenlike gevaar tydens sosiale kontak en in hierdie verband dien speeksel as 'n roete van oordraging.

8.3 Evaluering

Wyn vir Nagmaal bevat ongeveer 12 persent alkohol sowel as ander stowwe soos tannien, in genoegsame konsentrasie om oor die lang tyd wat wyn opgeberg word, enige kiem of virus te vernietig. Wyn vir Nagmaal is dus aan die begin vry van siekteveroorsakende organismes en 'n baie ongunstige medium vir die voortbestaan en oordraging van enige sulke organismes (Brondokument 1). Die oorsake van Vigs kom in die bloed voor, dit wil sÍ: dit is 'n bloedgedraagde, besmetlike siekte. Dit kom voor by homoseksuele en heteroseksuele mans en vrouens, dwelmverslaafdes, mense wat besmette bloed ontvang het, kinders gebore uit besmette moeders en die vroue van mans wat met die virus besmet is. Alle mans en vrouens wat met die HIV besmet is, versprei die virus na almal wat met hulle intieme geslagsverkeer het.

Dit is reeds bo alle redelike twyfel vasgestel dat Vigs alleen deur herhaalde intieme geslagsverkeer, of deur die aanraking met bloed van 'n besmette persoon, oorgedra kan word en dat die indirekte kontak wat bestaan tussen die lippe van mense in die gebruik van die Nagmaalsbeker, geen moontlike rol kan speel nie (Brondokument 1).

Die aksie van wyn-drink uit die beker is vanuit die beker na buite. Enige besmetting van die beker sal dus kom van die lippe van die Nagmaalsganger en sal deur momentele aanraking op die rand van die beker gedeponeer word. Dit impliseer dat die dosis van enige besmetlike organisms wat op die rand van die beker agterbly, klein is omdat beide die wyn en die metaal van die beker nie 'n geskikte medium vir vermenigvuldiging van siekteveroorsakende organismes is nie.

Verder is daar ook nie genoeg tyd vir vermenigvuldiging nie. As Ďn tweede Nagmaalsganger op presies dieselfde plek as die eerste drink, verwyder die momentele aanraking van sy lippe van die besmetting, maar nie alles nie. As 'n derde persoon die beker op presies dieselfde plek gebruik, kan hy ook net 'n baie lae dosis van die siekteveroorsakende organisme inneem. Die grootste waarskynlikheid is dat die dosis van die organisme wat ingekry is, te klein is om enige siekte te veroorsaak. Enige siekteveroorsakende organisme het 'n minimum-infektiewe dosis, en die minimum-infektiewe dosis deur die mond is hordes groter as deur die vel, binnespiers of binne-aars.

Daar bestaan in die praktyk talle voorbeelde waarby mense aan sub-infektiewe dosisse van organismes blootgestel word sonder enige gevolge. Mense gaan na 'n bioskoop of 'n teater sonder dat daar 'n uitbreek van siekte voorkom, terwyl daar talle individue met infeksies van die lugweŽ, keelholtes of longe in die gehoor in die geslote ruimte is.

Ďn Persoon met 'n besmetting van die neus, keelholte en longe blaas sy neus met Ďn sakdoek.  Dit bring mee dat daar van die besmetting op sy hande kom. Hy groet 'n tweede persoon met die hand direk daarna en dra so van die besmetting oor op die hande van die tweede persoon. Die tweede persoon raak aan sy mond of neus, maar raak nie besmet nie omdat die dosis van organismes waarmee hy in aanraking gekom het, te laag is.

Hoeveel besmetting is daar nie op geld, veral papiergeld nie? Mens doen nie gonorree op deur die gebruik van Ďn publieke toilet nie.

As mens dus al die vorms van kontak met sub-infektiewe dosisse van siekteveroorsakende organismes wil vermy, moet jy in absolute isolasie gaan lewe.

In 'n artikel getiteld "Aids SA HIV in Saliva (speeksel - Dep) What are the risks?" vind ons die volgende uitlating oor die moontlike oordraging van die HIV in speeksel: "There have been a number of observations and studies which indicate the total absence of salivary transmission of HIV. For example, two prospective studies of individuals bitten by HIV infected patients.  In one a haemophiliac who bit eight health care workers, in another, relatives bitten by a HIV infected child and in a third, 30 health care workers bitten or scratched by a violent Aids patient. In none of the bite recipients was sero-conversion detected. In some 14 combined studies involving 750 individuals living in close and often intimate contact with family or household members infected with HIV, none have sero-converted despite the prolonged and repeated sharing of personal items such as combs, towels, nail clippers, eating utensils, plates, drinking glasses and cups" (Brondokument-2).

Uit bogenoemde is dit dus duidelik dat verskeie studies reeds gedoen is en dit dui daarop dat die HIV nie deur speeksel tydens die gebruik van eetgerei en glase oorgedra kan word nie. Die volgende word genoem: "No bacterial or mycotic growth was seen in any of the three whole saliva/virus cultures, including the non-filtered antibiotic anti-mycotic sample (Brondokument 3).

Ďn Paar van die siektes waaroor mense besorg is, kan in groter besonderhede behandel word:

8.3.1 Oor Hepatitis B

Dit is 'n siekte waarin die veroorsakende virus in die bloed voorkom.  Dit word oorgedra deur klein hoeveelhede bloed, bv. met die gebruik van besmette inspuitnaalde of deur die byt van bloedsuiende insekte soos muskiete of wandluise.

8.3.2 Oor Hepatitis A

'n Persoon met 'n besmetting van hepatitis A-virus is 'n baie siek persoon  en  word  onder  kwarantyn  geplaas.    Dit is dus onwaarskynlik dat by aan die Nagmaalstafel sal verskyn.

8.3.3 Oor Epidemiologie

Daar bestaan geen epidemiologiese gegewens wat daarop dui dat enige oordraagbare siekte nog ooit sy oorsprong gehad het in die gebruik van 'n gemeenskaplike Nagmaalsbeker nie.  Dit is so ten spyte van die gebruik in baie kerke oor baie eeue.

8.4 Teenargumente

Daar is verskeie argumente wat poog om te toon dat die HIV wel deur speeksel en ander liggaamsvloeistowwe oorgedra kan word. Daar is onder andere in 1985 beweer dat die HIV nie so sensitief van aard is dat dit tot niet gaan wanneer dit met lig-, lug- of temperatuurverskille in aanraking kom nie. Dit sou beteken dat die virus moontlik ook op ander maniere as deur seksuele kontak oorgedra kan word. Daar is egter tot op datum geen sodanige geval wetenskaplik vasgestel nie (Brondokument 4).

Dit sou beteken dat die virus oorgedra kan word aan familielede, vriende, mediese personeel, ensovoorts, wat in aanraking sou wees met HIV-positiewe en/of Vigsverwante pasiŽnte. Daar is selfs beweer dat die virus oorgedra kan word ten spyte van mediese maskers en beskermende klere.

'n Bewese felt is dat die virus wel geÔsoleer kan word in saliva (speeksel), hoes- en nies-partikels en ook in muskietspeeksel.

In 'n verdere artikel getiteld "The battle over Aids: Disease control vs. hysteria control" word die volgende op bladsy 22 beweer: "The Aids virus, far from being fragile, is exceptionally hardy.  The Aids virus is unusually stable outside the human body. It retains almost all its infectivity after seven days in water at room temperature and some after being kept dry for a week" (Brondokument 5).

Medies-wetenskaplike feite en navorsing gedurende die laaste dekade het egter pertinent aangetoon en bewys dat geen enkele geval van HIV oordraging op sodanige manier plaasgevind het nie. Dit is egter irrelevant of die virus wel weerstandig of sensitief is en of die virus buite die liggaam kan oorleef. Ook of die virus in ander liggaamsvloeistowwe geÔsoleer kan word.

Daar moet deurentyd in gedagte gehou word dat die Nagmaalsbeker en die wyn geensins gunstige mediums vir die oordra van enige virus is nie. Daarbenewens is daar tot op datum geen gevalle geÔdentifiseer waar die virus op maniere (soos genoem in relevante paragrawe) oorgedra is nie.

8.5     Gevolgtrekking

Daar bestaan onteenseglike wetenskaplik-gefundeerde bewys dat die oordraagbaarheid van die HIV alleenlik teweeggebring word op die volgende primÍre wyses, naamlik:

  • Direkte seksuele kontak

  • Veldeurdringing soos bv. bloedoortapping, snywonde, ens.

  • Peri-natale wyse - die moeder dra die virus oor aan haar ongebore kind.

Alternatiewe metodes van oordraging, insluitende noue persoonlike kontak (nie-seksueel), insekte, omgewingsbronne asook statiese voorwerpe soos wasbakke, toilette en onder andere eetgerei is hoogs onwaarskynlik. In veertien wÍreldwye epidermiologiese (vel-) studies is geen enkele geval van nie-seksuele, nie-veldeurdringende oordraging geÔdentifiseer nie. Die wetenskaplike waarskynlikheids-bepaling van oordraging van ander metodes behalwe eersgenoemde drie is nul (Brondokument 6).

Bogenoemde staaf die inleidende argument dat daar geen wyse is waarop die HIV deur die gebruik van die Nagmaalsbeker oorgedra kan word nie.

8.6 Opsommend kan die volgende gestel word:

1. Bogenoemde uittreksels uit wetenskaplike navorsingsartikels versterk die vermoede dat daar geen wyse is waarop die HIV deur die gebruik van die Nagmaalsbeker oorgedra kan word nie.

2. Hoewel HIV ook in speeksel voorkom, is hulle voorkoms in bloed baie groter.  Daar is geen deurslaggewende getuienis dat die HIV deur speeksel oorgedra kan word nie.

3. Besmetting met die HIV virus kan plaasvind deur seksuele kontak, besmette bloed of bloedprodukte van moeder na kind. Daar bestaan belangrike getuienis dat die oordrag van die HIV alleen kan plaasvind deur seksuele kontakte, wanneer die vel deurdring word, en deur 'n besmette moeder op haar kind.

4.  Daar bestaan wel Ďn risiko dat Ďn min of meer ernstige virussiekte deur die Nagmaalsbeker oorgedra kan word, hoewel die moontlikheid hiervan uiters skraal is. Volgens mondelinge getuienis van navorsers by die Nasionale Instituut vir Virologie blyk dit dat swaarmetale (bv. goud, silwer en vlekvrye staal) waaruit Nagmaalsbekers gemaak word - virusse feitlik onmiddellik uitwis. Daarby is virusse nie bestand teen alkohol (wat in die wyn voorkom) nie.

5. Dit is duidelik dat die indirekte kontak wat bestaan tussen die lippe van mense by die gebruik by die Nagmaalsbeker geen moontlike rol kan speel in die oordrag van Vigs nie. Besmetting deur die Nagmaalsbeker is hoogstens Ďn baie geringe teoretiese moontlikheid.

8.6     Aanbeveling

Die getuienis aangaande die moontlikheid van enige besmetting van siektes deur die Nagmaalsbeker is uiters skraal.  Die Sinode neem die vrese vir virusbesmetting deur middel van die gebruik van die Nagmaalsbeker nie in oorweging by die vasstelling van beginsels wat deur God in sy Woord vasgelÍ is nie.

In die lig van bogenoemde verslae en aangesien dit wetenskaplik bewys is dat die moontlikheid van enige besmetting van siektes deur die Nagmaalsbeker heel onwaarskynlik is en ook aangesien daar tot dusver geen feite tot ons beskikking is dat die gemeenskaplike Nagmaalsbeker 'n bron van besmetlikheid van aansteeklike siektes was nie, beveel hierdie kommissie aan dat die gemeenskaplike Nagmaalsbeker behou moet word.

 

<<Terug na Artikels