Die
Kersboom
Na aanleiding
van die artikel “The Plain Truth about Christmas”, plaas ek
die volgende artikel. Die vraag het ontstaan of Christene dan wel Kersfees
mag vier. Hoe moet ons dan Kersfees vier of die geboorte van Jesus herdenk?
Wat van die kersboom?
Die pragtige
en aanloklike kersboom, wat nou so welbekend is in ons moderne
tyd en eeu, was ook welbekend in heidense Rome en heidense Egipte. In
Egipte
was dit ‘n palmboom en in Rome was dit die denneboom. Die palmboom was
heenwysend op die valse heidense messias wat as Baal-Tamar bekend gestaan
het en die denneboom het na hierdie “messias” verwys as Baal-Berrith.
Daar
word vertel dat die moeder van die songod, en groot goddelike, self
op
mistieke wyse in ‘n boom verander het en dat sy in hierdie gedaante
geboorte
gegee het aan haar goddelike seun. As die moeder ‘n boom was, moet die
seun
dan sekerlik erken word as "Man the branch" (kyk Yule Log
hier onder). Dit
was weereens een van Satan en sy volgelinge se pogings om die teken
van
Jesus wat Spruit (‘n tak) genoem sou word te verdraai, af te breek en
te
humaniseer. (Jer 23:5 - "Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat
Ek vir
Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en
verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land." lees
ook Jer
33:15, Jes 5:1 en Sag 3:8). Die heidene het ‘n boom afgekap, in hulle
huis
ingebring en versier om sodoende hulle afgod te vereer en te dien.
Die Yule
Log
Dit was
ook nog altyd 'n heidense gewoonte om 'n kersfeestak (Yule log) op
die vuur te plaas op Kersaand. Die tak verteenwoordig die seun wat die
vuur
moes binnegaan op "Mother night" sodat hy weer gebore kon
word die volgende
dag as die "spruit" (tak) van god (die kersboom).
Die "Mistletoe"
Die “mistletoe”
was gesien as ‘n goddelike tak (deel van die boom - soos die
maypole). Dit het die teken geword van goddelike versoening van die
mens.
Die soen onder die mistletoe was die teken van vergewing en versoening.
Hierdie gewoonte is later misbruik as die ideale geleentheid vir ‘n
man om
‘n soen van ‘n meisie te kry of andersom.
Die Bybel
swyg oor die viering van Kersfees, ook oor die viering daarvan
deur Jesus se dissipels of die eerste Christengemeentes. Die kersboom
was
dus nog altyd 'n heidense gebruik of simbool en het nog nooit enige
verband
met Jesus Christus gehad nie. Dit was nog altyd bedoel om 'n afgodsboom
te
wees. God spreek Hom wel uit oor die kersboom. In Jeremia 10:2 waarsku
God
ons om nie gewoond te raak aan die weg van die heidene nie. (Jer. 10:3-5
-
"Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom
uit die bos
kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl. Hulle versier
dit
met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit
nie
waggel nie. Soos 'n voëlverskrikker in 'n komkommertuin is hulle:
hulle [die
afgodsbome] kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle
kan nie
loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad
doen
nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.") Sien ook Jer.
10:14-16.
Hierdie is ‘n baie goeie beskrywing van die kersboom soos ons dit vandag
ken.
Hoe vier
jy Kersfees? Kan dit wees dat jy bloot maar besig is om jou
heidense bure of vriende en hulle heidense kultuur na te volg? Kan dit
wees
dat jy die dag vier soos al die ander wêreldlinge en dit maar
net ’n
wêreldse dag noem as ’n gerieflike verskoning? As dit werklik
net vir jou
gaan daaroor om ’n lekker familiedag te geniet, waarom maak jy jou sitkamer
vol monumentjies en herdenkings aan die afgodediens van toeka tot nou?
Jy sê
die dag is ’n wêreldse vakansiedag, maar jy het ’n kersboom, kransies,
allerhande kersversierings, blink toegedraaide geskenkies, dalk selfs
brandende kerse. Dit is dan tog duidelik dat jou viering van Kersfees
baie
lyk na dié van ’n pousgesinde en wêreldling. Die waarheid
is dat, indien jy
al die heidense fieterjasies uit die Kersfees uithaal, jy waarskynlik
nie
eers die moeite sal doen om die dag te vier nie. Die heidense dag sal
sy
blink, sy bekoring en sy emosionele warmte verloor. As Christene moet
ons
wel gesinsgefokus wees en bly. Ons moet met ons familie bymekaar kom
en
mekaar se geselskap geniet. Maar ons het nie ’n heidense feesdag, afgode
en
heidense rituele nodig om dit te doen nie.
Mag ons
dan as Christene wat die waarheid ken, deelneem aan hierdie heidense
gebruike? Mag ons hierdie afgod in ons huise inbring? Jy mag geen gruwel
in
jou huis inbring nie (Deut 7:26; Jer 4:10; Eseg 11:21). Ons weet hoe
skerp
God afgodediens in Sy gebod verbied. Ons weet ook hoe God vertoorn raak
as
Sy kinders deelneem aan, en Hom terg deur heidense gebruike (Deut 32:16,
21;
1 Kon 14:15; Ps 78:58; Jer 8:19). Hoe kan jy dan as Christen, wat vrygekoop
is deur die kosbare bloed van ons Here Jesus Christus, bly volhard in
so 'n
heidense gebruik? Wie wil jy vereer of dien met 'n nietige afgodsboom
of
verwerplike heidense gebruike? Ons mag God op geen ander manier dien
en eer
as wat Hy in sy Woord beveel nie. Ons mag nie as vrygekoopte kinders
van God
meedoen aan die bespotting van ons Verlosser en Saligmaker se geboorte
nie.
Ons kan nie God en die wêreld dien nie. Die wêreld het alreeds
Jesus se
geboorte gekommersialiseer en misbruik dit nog jaarliks. Aangesien ons
as
Christene duur gekoop en verlos is, mag ons nie die geboorte van Jesus
so
goedkoop maak nie! Wanneer gaan alle Christene eendag ‘n ware Christusfees
begin vier? Wanneer gaan ons Jesus begin dien, eer en volg soos God
dit
voorskryf?
Mag al
die Christene hierdie jaar ‘n ware en geseënde Christusfees ervaar
en
Jesus dien soos God dit in sy Woord beveel. Laat al die eer God toekom
en
nie ‘n boom of ander skepsel nie.
<<Terug
na Artikels
|